AfriForum-tak in Schweizer-Reneke plant bome by skole


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Schweizer-Reneke-tak het op 13 Oktober 2017 ’n boomplantaksie by elk van die volgende skole gehou: Hoërskool Schweizer-Reneke, Laerskool Schweizer-Reneke, Roshunville Primary School en Charon Primary School. Twee kareebome is by elke skool geplant.
Sollie Bouwer, voorsitter van die plaaslike AfriForum-tak, het onder meer die belangrikheid van bome met die leerders bespreek.

“Dit is baie lekker om te sien dat die AfriForum-tak in Schweizer-Reneke toenemend betrokke raak by die dorp en dat die inwoners op hul beurt weer betrokke raak by die tak,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak vandag nog by AfriForum se Schweizer-Reneke-tak betrokke: SMS “Schweizer-Reneke” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings