Burgerregte-indeks: AfriForum vind min verbetering in die realisering van eerstegenerasieregte


AfriForum het die stand van burgerregte in 2017 ondersoek en tot die gevolgtrekking gekom dat daar min verbetering was in die realisering van eerstegenerasieregte vir Suid-Afrikaners. Hierdie bevindings word in die organisasie se jaarlikse burgerregte-indeks – wat vandag bekend gestel is – uiteengesit.   

Die indeks fokus spesifiek op 17 eerstegenerasieregte. “Een van die hoofbekommernisse is die agteruitgang in taal- en kulturele regte gedurende die afgelope jaar weens taalbeleide by Suid-Afrikaanse universiteite wat Afrikaans as ’n onderrigtaal verwerp. Boonop wil dit voorkom asof die regering se ingryping die realisering van regte soos eiendomsreg verhoed, terwyl die regering ook daarin misluk om Suid-Afrikaanse landsburgers teen gewelddadige misdaad te beskerm en te beveilig,” sê Johan Nortjé, navorser verbonde aan die AfriForum Navorsingsinstituut (ANI).
Volgens Nortjé is bogenoemde besonder duidelik in die hoë moordsyfer wat voortgaan om die reg tot lewe te skend. “Daar was ’n toename in moorde van 18 673 in 2015/2016 tot 19 016 tydens die 2016/2017 fiskale jaar.”

Aan die positiewe kant noem Nortjé egter dat Suid-Afrikaners oor die algemeen steeds vryheid van godsdiens, oortuiging en mening geniet, asook vryheid van beweging en verblyf, burgerskap en politieke keuse.
Civil Rights Index 2017

Soortgelyke plasings