AfriForum verf spoedhobbels in Secunda


Die AfriForum-tak in Secunda het in samewerking met Sibathathu Construction BK op 3 Augustus 2017 verskeie spoedhobbels in dié dorp geverf. Dít volg nadat die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit versuim het om die nodige instandhouding te doen.
Volgens Nico Venter, voorsitter van die AfriForum-tak in Secunda, is twee spoedhobbels in Generaal De Wetstraat, asook een spoedhobbel in Tugelastraat geverf.

“Padveiligheid is ’n prioriteit vir AfriForum. Onsigbare spoedhobbels hou ’n veiligheidsrisiko vir alle motoriste in,” sê Venter.
“Die tak beplan om nog talle soortgelyke selfdoenaksies in dié dorp aan te pak en doen ’n beroep op die plaaslike gemeenskap om betrokke te raak sodat selfs nóg meer in Secunda vermag kan word,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga-Wes.

Soortgelyke plasings