Elektrisiteitsvoorsiening in Rustenburg

Ons, die inwoners van Rustenburg en ondersteuners van die gemeenskap, onderteken hierdie petisie om ons steun te betuig aan AfriForum se inisiatief om die elektrisiteitsvoorsieningskwessies in ons stad op te los. Ons is bekommerd oor die voortgesette swak dienslewering en die impak wat dit op ons daaglikse lewens het.

Ons erken dat die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit weens swak instandhouding van infrastruktuur ernstige kragonderbrekings ervaar, wat ’n negatiewe invloed op ons huishoudings, sakeondernemings en algehele lewenstandaard het. Hierdie situasie is ’n skending van ons regte as inwoners en is onaanvaarbaar.

Ons ondersteun AfriForum se riglynebrief wat aan NERSA en die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit oorhandig is en eis dat antwoorde voor 2 Julie 2023 verskaf word. Ons ondersteun AfriForum deur  die volgende maatreëls te eis:

  • Verbeterde kommunikasie: Ons eis dat die munisipaliteit ’n doeltreffende kommunikasiestelsel vestig om ons in kennis te stel van beplande onderbrekings, voorkomende probleme en hersteltye. Dit sal ons help om beter voorbereid te wees en om ons daaglikse aktiwiteite te kan beplan.
  • Doeltreffende foutaanmeldingstelsel: Ons versoek dat die munisipaliteit ‘n maklik toeganklike en doeltreffende stelsel in werking stel vir die aanmelding van elektrisiteitsfoute, en dat dit vinnig en doeltreffend opgelos word. Ons moet die vertroue hê dat ons versoeke aandag sal geniet en dat herstelwerk so spoedig moontlik gedoen sal word.
  • Vinnige en betroubare hersteltyd: Ons besef dat foute en onderbrekings onvermydelik is, maar ons dring daarop aan dat die munisipaliteit toepaslike hulpbronne toeken om die hersteltyd te verkort. Ons kan nie toelaat dat onnodige onderbrekings ons produktiwiteit, veiligheid en lewensgehalte inperk nie.

Ons versoek NERSA om onmiddellik aksie te neem om seker te maak dat die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit ons elektrisiteitsvoorsiening verbeter en aan die minimum standaarde voldoen soos wat die lisensieverskaffer se kontraktuele verpligtinge bepaal. Ons waarsku dat, indien NERSA en die munisipaliteit nie aan hul wettige verpligtinge voldoen nie, ons verdere regstappe sal oorweeg om die belange van die gemeenskap te beskerm.

Dit is tyd vir verandering! Ons roep alle inwoners van Rustenburg op om hierdie petisie te ondersteun.

"*" indicates required fields

Naam en van*
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Soortgelyke plasings