TAKSUKSESSE: MEI 2023

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

•     Die tak se tuinspan het voortgegaan met talle van sy projekte.

•     Die tak se tuinspan het 1 451 swartsakke tuinvullis opgetel.

•     Die tak se tuinspan het 69 vragte rommel weggery.

•     Die tak se tuinspan het altesaam 13 ha gras gesny.

•     Taklede het ’n opvolgprojek by die Heldeakker gehou.

Bronkhorstspruit

•     Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.

•     Buurtwaglede het verskeie observasiepatrollies gehou om veediefstal hok te slaan.

•     Die buurtwag het talle besoeke op plase afgelê om landelike veiligheid op te skerp.

•     Buurtwaglede het die pad voor die Laerskool Balmoral beveilig.

Apiesrivier

•     Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.

•     Buurtwaglede het ’n massapatrollie gehou.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het 115 000 m² gras gesny, 320 sakke vullis weggery en 5 550 kg vullis herwin.
  • Die tak se herwinningspan het gemiddeld 25 sakke vullis per week sorteer.
  • Die tak se buurtspan het Montaque Kneen-park in Valhalla skoongemaak as deel van AfriForum se neem-’n-park-aan-ooreenkoms met die Tshwane-metro.
  • Die tak se buurtspan het die finale fase van die slaggatherstelprojek in Kloofsig afgehandel.
  • Buurtwaglede het opleiding ontvang wat deur die tak self aangebied is.
  • Die tak se buurtspan het hand bygesit tydens ’n skoonmaakprojek in Eldoraigne.
  • Die buurtwag het ’n suksesvolle operasie gehou wat op sigbaarheid en misdaadvoorkoming gefokus het.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Heidelberg

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en gemeenskapslede ’n suksesvolle operasie in Ratanda gehou.

Fochville

  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om onluste in Fochville onder bedwang te bring, terwyl hulle ook betrokke was by onderhandelings en die beskerming van munisipale personeel.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag is ontbied na ’n perseel in Lady Anne Barnardstraat nadat booswigte probeer het om ’n Volkswagen Golf te steel.
  • Pick n Pay in die dorp. Die man was na bewering onder die invloed van drank.
  • Die buurtwag is na Truterstraat ontbied ná klagtes van gemeenskapslede dat ’n groep mans drank misbruik en die bure vloek.
  • Euclidstraat help vastrek.
  • De Foreststraat geplunder het.
  • het 76 klagtes oor kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het vyf klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het vier klagtes oor rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • gras gesny in Parsonsstraat en die omliggende gebied skoongemaak.
  • Taklede het gras gesny in Jean Websterstraat en die omliggende gebied skoongemaak.
  • Taklede het gras gesny in Pasteurboulevard en die omliggende gebied skoongemaak.
  • Taklede het gras gesny in Maxwellstraat en die omliggende gebied skoongemaak.
  • Die tak het verstopte stormwaterslote voor die Laerskool Eligwa oopgegrou.
  • Die tak het teer in Hekpoort gaan oplaai vir die teerprojek by die N.G. Kerk Sentraal. 270 sakke teer is daarvoor gebruik.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek voor die Herfsoord-aftreeoord gehou.

Westonaria

  • Die tak het 35 klagtes oor kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 41 klagtes oor waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 48 klagtes oor rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 15 klagtes oor vullisverwydering ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

OOS-RAND

Alberton

  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Brackendowns. Mediese dienste is ontbied en pasiënte is na ’n hospitaal vervoer.
  • Buurtwaglede het tussenbeide getree toe ’n groot bakleiery op ’n ongelukstoneel uitgebreek het. Lede van die publiek, personeel van ’n insleepdiens, GPF-lede en personeel van ’n plaaslike sekuriteitsfirma was almal daarby betrokke. Die toneel is uiteindelik onder beheer gebring en verskeie sake is by die SAPD aanhangig gemaak.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die R59-snelweg en het die toneel gevolglik beveilig.
  • Die tak het ’n operasie gehou om voor te berei vir protesaksies; 16 patrolleerders het nege ure lank gepatrolleer en ’n totaal van 1 300 km afgelê.
  • Die tak het gereageer op ’n noodroep deur die gemeenskap om ’n vrou te help kalmeer wat ’n uitbarsting gehad het. Die vermoede bestaan dat die vrou onder die invloed van drank of dwelms was. Die buurtwaglede kon die situasie ontlont en die vrou kalmeer, waarna die SAPD ontbied is.
  • Taklede is ontbied na ’n perseel waar ’n palmboom aan die brand geslaan het. Hulle het die vuur onder bedwang gehou met tuinslange totdat die brandweer opgedaag het.
  • Die tak het in samewerking met die Brackendowns SAPD en plaaslike rolspelers aan ’n suksesvolle operasie deelgeneem waartydens verdagte persone in hegtenis geneem is. 

Brakpan

  • Die tak het taktiese skietopleiding aangebied.
  • Die tak het in samewerking met talle plaaslike rolspelers in groot getalle aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het saam met plaaslike rolspelers gewerk om die gemeenskap te ondersteun toe ’n skielike watertekort in die dorp ervaar is. Hulle het onder meer hul eie watersleepwaens vir gebruik beskikbaar gestel.

Benoni

  • Die tak het 349 manure gepatrolleer en 2 547 km afgelê om Benoni en die omliggende area te beveilig.
  • Taklede en gemeenskapslede het nou saamgewerk tydens ’n skoonmaakprojek oorkant die dorp se veeartsenykundige kliniek. Die lang gras van die aangrensende veld is gesny en vullis is opgetel.
  • Die tak het op 20 Mei 50 sakke teer gebruik om 26 slaggate op te vul. Daar is veral gefokus op Keiweg en Whitmanstraat.
  • Die tak het op 24 Mei 60 sakke teer gebruik om 40 slaggate op te vul. Daar is veral gefokus op Elston-, Howard-, Woburn- en Princesslaan, asook Harrison- en Kimboltonstraat.

Boksburg

  • Die buurtwag het inligting ontvang oor ’n voertuigdiefstal in Boksburg-Suid; buurtwaglede het in samewerking met ’n plaaslike sekuriteitsfirma daarop reageer. Drie verdagtes is vasgetrek en aan die SAPD oorhandig. Dwelms, ’n vuurwapen en ander gevaarlike wapens is in die gesteelde voertuig gevind.

Edenvale

  • Taklede het die Sandringham-polisiestasie se tuin skoongemaak.
  • Die tak het slaggate in die Eastleigh Ridge-gebied opgevul, asook in ander woonbuurte in Edenvale.

Germiston

  • Die buurtwag het ’n operasie saam met die SAPD, die Johannesburgse metropolisie en plaaslike sekuriteitsfirmas gehou. Tydens die operasie is 48 km gepatrolleer en is daar op drie huise toegeslaan waar dagga gekonfiskeer is. Voertuignagaanpunte is ook opgestel en meer as 100 voertuie is gestop en deursoek; talle boetes en waarskuwings is vir oortredings uitgereik.
  • Buurtwaglid het ’n voertuig opgemerk wat op die ANPR-stelsel gemerk is. Nadat die voertuig waargeneem is, is die SAPD se Primrose-misdaadvoorkomingseenheid gekontak om te help met die stop en deursoek van die voertuig. Hoewel die bestuurder van die voertuig daarin geslaag het om te vlug, is die voertuig geskut vir verdere ondersoek.
  • Die buurtwag het ’n gemeenskapslid in Dallasweg gewaarsku om sy hek altyd gesluit te hou nadat sy hek oopgestaan het toe ’n buurtwaglid daar verby gery het. Die eienaar was baie dankbaar maar het verduidelik dat die hek soms self oopgaan en dan ’n veiligheidsrisiko word.

Kempton Park

  • Die tak het talle slaggate in die Aston Manor-gebied opgevul; 109 sakke teer (wat sowat 2,5 ton geweeg het) is gebruik tydens die herstelwerk.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun om ’n protesaksie in Elgin te moniteer nadat ’n pad versper is.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan Operasie Kontiki, ’n sigbaarheidsoperasie, deelgeneem.
  • Die tak het opleiding in misdaadtoneelhantering aan 13 van sy buurtwaglede gebied.

Springs

  • Die buurtwag het inligting ontvang dat ’n huis aan die brand geslaan het. Met hul aankoms op die toneel het die eienaar die buurtwaglede ingelig dat vier gasbottels in die huis ontplof het. Die buurtwag, ’n AfriForum-brandspan, die brandweer en gemeenskapslede het almal saamgewerk om die brand onder beheer te kry. Buurtwaglede het ook gehelp om paaie te versper, verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Buurtwaglede het opleiding ontvang in ongeluktoneelhantering. Kort ná die opleiding kon hulle reeds daardie kennis toepas op twee ongelukstonele in die Geduld-area.

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur inwoners benut word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak en Skipgo Teksa het weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Die tak het nuwe groente in die gemeenskapstuin aangeplant waarmee die tak beplan om verskeie organisasies in die wintermaande te ondersteun.
  • Taklede het meer as 100 kg kos uit die gemeenskapstuin geoes en aan die Palmoord- en Silwerjare-ouetehuis geskenk.
  • Die tak het ’n oorwinning in die Pretoriase Hooggeregshof teen Rand Water behaal. Dit het gehandel rondom Rand Water se besluit om waterdruk na inwoners te verlaag indien die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit nie sy agterstallige skuld by Rand Water vereffen nie. Die hof het dié besluit egter as onwettig verklaar.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het ’n gesteelde voertuig teruggekry.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het ’n kabeldief vasgetrek.
  • Die tak het slaggate opgevul en skoonmaakprojekte van stapel gestuur om Delmas netjies te hou.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het twee inbrekers vasgetrek wat by winkels ingebreek het.

Piet Retief

  • Buurtwaglede het basiese opleiding in wapenhantering ontvang.

Ermelo

  • Buurtwaglede het basiese opleiding in wapenhantering ontvang.

Witbank

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek teen die N12-hoofweg van stapel gestuur.

Standerton

  • Taklede het ’n persoon ondersteun nadat sy voertuig in die aand op ’n grondpad buite Standerton vasgeval het.
  • Die tak se waterpunt kan deur die gemeenskap gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Taklede het nog groente in die gemeenskapstuin aangeplant wat ten doel het om verskeie organisasies te ondersteun.
  • Die tak het 40 kg groente via die gemeenskapstuin geoes en dit aan Palmoord, ’n tehuis vir bejaardes, geskenk.
  • Taklede het talle slaggate met doleriet opgevul.
  • Taklede het talle slaggate met teer opgevul. Meer as 200 sakke teer is tydens dié projek gebruik.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Taklede het die GOP-vergaderings bygewoon en druk op die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor wanbesteding.
  • Die tak het druk op die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die toestand van vullisterreine in die omgewing.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike wetstoepassers gehelp om onwettige plakkers en dwelmsmouse te verwyder.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Nelspruit

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou.
  • Buurtwaglede het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Die tak het twee waentjies vol vullis op die Kaapsehoop-pad opgetel en weggery.
  • Taklede het slaggate opgevul vanaf die Steiltes-verkeersirkel tot by Shandon Estate.

Witrivier

  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Die buurtwag het ’n nuwe herhaler in die Witrivier-omgewing opgerig om sodoende radiokommunikasie te verbeter.

Lydenburg

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou.
  • Die tak het R3 200 aan die plaaslike sakekamer geskenk vir skoonmaakprojekte as deel van hulle volhoubare projek.
  • Taklede het aan twee gholfdae deelgeneem ten bate van die Lydenburg Gemeenskapsentrum en die Lydenburg Sakekamer.
  • Die buurtwag het vlak 2-skietopleiding aan agt van sy lede gebied. 

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikprojek dra daartoe by om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Die tak het met die munisipaliteit vergader om die rioolsituasie in die dorp te bespreek.

Machadodorp

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gehou.
  • Die tak het ’n nuwe suurstofmasjien aangekoop om sodoende ’n mediese kamer in te rig.

Dullstroom

  • Die tak het 66 sakke teer gebruik om slaggate reg oor die dorp op te vul.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies saam met die GPF in Dullstroom gery.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die tak is besig om sy radiotoring se staanplek voor te berei.
  • Taklede het ’n stalletjie by die B’s Fees beman.
  • Die tak werk tans aan talle grondeise.
  • Taklede het trauma-opleiding ontvang.

Pietersburg

  • Taklede het gereeld patrollies gery.
  • Die tak beplan om ’n buurtwag te stig.
  • Taklede het ’n trolliepatrollie gehou.

Tzaneen

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Die tak beplan om ’n slaggatherstelprojek van stapel te stuur.
  • Taklede het trauma-opleiding ontvang.

Messina

  • Taklede het trauma-opleiding ontvang.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Die tak beplan om ’n jeugkamp aan te bied.
  • Die tak beplan ’n fondsinsameling by die Kremetartfees op die dorp.
  • Die tak het voortgegaan met sy sesmaandeprojek.

Thabazimbi

  • Die tak het patrollies gery tydens onluste in die omgewing.
  • Die tak beplan ’n wateroplossingsprojek.
  • Die tak beplan om ’n slaggatherstelprojek saam met die Kwaggasvlakte-gemeenskap van stapel te stuur. Meer as 200 sakke teer gaan daarvoor gebruik word.

Marble Hall

  • Die buurtwag het 93 patrollies deur die loop van die maand gery.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n arrestasie uit te voer nadat ’n gesteelde voertuig teruggevind is.

Warmbad

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare skoonmaakprojek van die dorp se parke.
  • Taklede beplan om ’n fondsinsameling tydens ’n gholfdag op 30 Junie 2023 te hou ten bate van die dorp. 
  • Die tak het in samewerking met gemeenskapslede Chris Hani- en Robbertsonweg skoongemaak, asook rondom alle ingange na die dorp gras gesny, rommel opgetel en netjies gemaak.
  • Taklede het talle slaggate opgevul.
  • Die tak het ’n waterpunt beskikbaar gestel tydens die groot waterkrisis wat die dorp beleef het toe die dorp se watertoevoer vir etlike dae onderbreek is.
  • Taklede het water na inwoners aangery tydens ’n waterkrisis.
  • Die tak het aan die jaarlikse GOP-projekbeplanning deelgeneem en kommentaar opgestel en by die Bela-Bela Plaaslike Munisipaliteit ingedien om druk op die munisipaliteit te plaas rakende sy geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het die Bela-Bela Plaaslike Munisipaliteit se GOP-vergadering bygewoon om druk op die munisipaliteit te plaas oor wanbesteding.
  • Die tak het ’n vullisterreinoudit uitgevoer om druk op die Bela-Bela Plaaslike Munisipaliteit uit te oefen oor die toestand van die dorp se vullisterrein.
  • Taklede beplan om die Bela-Bela Heritage Group te help om al die historiese geboue en historiese begraafplase in en om die dorp skoon te hou.

Naboomspruit

  • Die tak het stoptekens vervang en beskadigde verkeerstekens reggemaak.

Groblersdal

  • Die tak het groente- en vrugtebome by Huis Utopia aangeplant.
  • Die tak het talle probleme in die dorp self aangepak en sommige probleme na die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) geëskaleer.

SUIDSTREEK  

NOORD-KAAP  

Bo-Karoo 

  • Die buurtwag se jeugvleuel het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 

Delportshoop 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Taklede het vullis verwyder in dele van die dorp as deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek. 

Kimberley 

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die Kimberley-buurtwag en verskeie plaaslike rolspelers het die SAPD ondersteun om betogings onder bedwang te hou en sodoende hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die Kimberley-buurtwag het opleiding aangebied vir al sy lede. 
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Die tak het in samewerking met verskeie ander rolspelers die Burgermonument skoongemaak. 

Prieska 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 

Vaalharts 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 

Warrenton 

  • Die tak het watertoetse by ’n geakkrediteerde laboratorium laat doen om die gehalte van die water te bepaal. 
  • Die tak het verskeie skrywes aan die Magareng Plaaslike Munisipaliteit gerig om talle bekommernisse in die gemeenskap onder die munisipale bestuur se aandag te bring.

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het toestemming van die munisipale bestuurder ontvang om saam met die munisipaliteit te werk rakende die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP); die tak kan dus insette lewer oor hoe die munisipaliteit Kamieskroon kan verbeter.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het spoedwalle voor die Hoërskool Kakamas skoongemaak en dit wit en geel geverf.
  • Die tak het saam met verskeie rolspelers gewerk om die ingang na Kakamas skoon en netjies te maak.
  • Die tak is besig om ’n tuin oorkant die Engen-vulstasie te vestig deur plante te plant en waterpype soontoe aan te lei. Taklede beplan ook om sonkragligte te installeer om sigbaarheid in die aand te verbeter.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het, met water natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoon gehou.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se munisipale bestuurder gestuur oor die riool wat naby CTM uitloop.
  • Die tak het in samewerking met Anthony Diergaardt van die Menseregtekommissie in die Noord-Kaap watertoetse by CTM uitgevoer en by PathCare laat toets. Die dorp se drinkwater is wel skoon, maar die lopende water langs CTM is met riool besmet en bevat E. coli. Dié water vloei weer in die Oranjerivier in.
  • Die tak het sonkragstraatligte op 6 m lange pale op privaat grond in die Olyvenhoutsdrift-nedersetting geïnstalleer.
  • Taklede het die straathoeke by die Pick n Pay-winkelsentrum skoongemaak en die vullis na die plaaslike vullisterrein weggery.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland               Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind .
  • Die tak het lemoene, aartappels, uie, wortels, pampoen, appels en beet aan die Emmanuel-tehuis vir bejaardes en die Amandelhof ACVV-tehuis vir bejaardes geskenk.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • het gras gesny om die dorp skoon en netjies te hou.

Cradock

  • Die tak het aan die Inxuba Yethemba Plaaslike Munisipaliteit se jaarlikse GOP-proses deelgeneem deur kommentaar op die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) in te dien.

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Gamtoosvallei-tak het aan die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se jaarlikse GOP-proses deelgeneem en die munisipaliteit se samewerking verwerf om die vullisterrein op te knap en op standaard te bring.

Jeffreysbaai

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het nóg ’n fase van sy kameraprojek afgehandel en sien daarna uit om die projek te voltooi.
  • Die Gamtoosvallei-tak het aan die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se jaarlikse GOP-proses deelgeneem en die munisipaliteit se samewerking verwerf om die vullisterrein op te knap en op standaard te bring.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het die SAPD ondersteun in die soektog na ’n vermiste kind.
  • Die Walker Drive-buurtwag het saam met verskeie ander veiligheidsrolspelers aan die SAPD se operasies deelgeneem en sodoende goeie verhoudings gebou.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Taklede het die Nelson Mandelabaai-metro se GOP-vergadering bygewoon.
  • Die tak het fase 1- basiese skietopleiding vir die tweede keer aangebied.
  • Die tak het fase 2- basiese skietopleiding vir die eerste keer aangebied.

Uitenhage

  • Die tak het die Winterberg-plaaswag gestig.

WES-KAAP

Helderbergkom

  • Die nuutgestigte Somerset-Wes- en Gordonsbaai-buurtwag het toerusting laat maak en gaan binnekort begin met patrollies.
  • Die buurtwagte het hulle eerste buurtwagvergadering gehou waartydens lede toegespreek is.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Bravo-buurtwag het die SAPD met arrestasies gehelp en gereeld sy hommeltuig ingespan op versoek van die SAPD.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.
  • Die tak het ’n aksie by die Huis McMillan-tehuis vir bejaardes gehou en onder meer boereworsrolle vir die bejaardes uitgedeel.
  • Taklede het die Hermanus Pre-Primêre Skool met hul hommeltuig besoek en sodoende bewusmaking rondom veiligheid geskep.

Paarl

  • Die tak het ’n nuwe buurtwag – die Paarl-Noord-buurtwag – gestig.
  • Sowel die tak as buurtwag het met die plaaslike GPF vergader waartydens verskeie probleme – waaronder kommunikasieprobleme – opgelos is.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.

Stellenbosch

  • Taklede het gesprek gevoer met verskeie rolspelers in die gemeenskap oor riool in die riviere, asook oor die gehalte van die dorp se drinkwater.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel.
  • Die buurtwag het die SAPD gehelp met die arrestasie van ’n kaper.
  • Buurtwaglede het ’n beseerde man gehelp om mediese hulp te bekom.

Durbanville

  • Taklede het in samewerking met Truekrav selfverdedigingklasse aangebied.
  • Die tak is betrokke by die Groter Durbanville-veiligheidswaardering en gesels en onderhandel met verskeie rolspelers.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.

Kraaifontein

  • Taklede het deelgeneem aan ’n projek waartydens parke skoongemaak en die gras gesny is.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n nuwe takbestuur verkies.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die volgende veiligheidstrukture gestig: Die Vanrhynsdorp-plaaswag, die Vanrhynsdorp-buurtwag en die Pastorie-buurtwag op Vredendal.
  • Tak-, buurtwag- en plaaswagbesture het uitstallings en besprekings rakende nuwe veiligheidstegnologie op Kleinrivier bygewoon.
  • Taklede het die SAPD by voertuigkontrolepunte ondersteun en motoriste vir onder meer dronkbestuur in hegtenis geneem. Daar is ook op smokkelhuise toegeslaan.
  • Die nuutgestigte Vanrhynsdorp-buurtwag en -plaaswag het tydens ’n gesamentlike operasie met die SAPD gehelp om beskermde plantspesies te konfiskeer en om talle verdagtes in hegtenis te neem. 
  • Die Vredendal-buurtwag het met behulp van nommerplaatherkenningskameras gehelp om dwelmsmokkelaars wat die gebied binnegekom het, vas te trek.
  • Die Nuwerus-plaaswag het saam met die SAPD en Natuurbewaring gewerk om smokkelaars wat in besit van beskermde plantspesies was by ’n padblokkade in hegtenis te neem.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n nuwe plaaswag – die Hopefield-plaaswag – gestig.
  • Taklede was behulpsaam met klein skoonmaakaksies op die strand.
  • Taklede het opleiding in die insameling en verwerking van informasie en inligting ontvang.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.

George

  • Die Geelhoutboom- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • vasvrakompetisie by Akademia se kampus in George gehou.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het die Ebb & Flow Kingfisher-staproete aangepak.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n nuwe takbestuur verkies tydens ’n vergadering, terwyl Kallie Kriel as gasspreker opgetree het.
  • Die tak het inligtingsvergaderings in Albertinia, Stilbaai en Riversdal gehou waartydens Kallie Kriel die onderskeie gemeenskappe oor federalisme toegespreek het.

Kaap Agulhas

  • aklede het as beoordelaars opgetree tydens die interskole-redenaarskompetisie vir laerskole.
  • Taklede het weekliks die AfriForum-vullisdromme langs die strand leeggemaak.
  • Die tak het ’n sleepwa aangekoop vir die verwydering van vullis teen die strand.

Knysna

  • Die tak het voortgegaan met sy werwingsveldtog om sodoende ’n buurtwag te kan stig.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.
  • Die tak het ’n nuwe buurtwag – die Midbrak-buurtwag – gestig.
  • Die tak het AfriForum se Oudtshoorn-tak se #VegEnBou-week bygewoon.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n uiters suksesvolle #VegEnBou-week aangebied.
  • Die tak het ses traumavrywilligers opgelei.
  • Die tak het aan AfriForum se takwerkswinkel vir Wes-Kaapse takke deelgeneem.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het hul radionetwerk uitgebrei.
  • Die buurtwag het nuwe lede probeer werf deur onder meer ’n berig in ’n plaaslike koerant te plaas wat Swellendammers aanmoedig om by sowel die tak as die buurtwag betrokke te raak en terselfdertyd die gemeenskap bewus te maak van die werk wat die tak- en buurtwagstruktuur in die gemeenskap doen.

SENTRAALSTREEK  

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het ongeveer 30 patrollies deur die loop van die maand gery.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek saam met die munisipaliteit van stapel gestuur.

Heilbron

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel wat die middelman in Langmarkstraat van die begin van die straat tot by die hotel skoongemaak het, asook randstene in Langmarkstraat skoongemaak het en gras aan weerskante van die straat tot by Stoffel Nelstraat gesny het.
  • Die tak het rugbyballe vir die plaaslike bulletjierugbyspan geborg.

Parys

  • Die tak het weekliks met die munisipaliteit vergader en voortgegaan om druk op die munisipaliteit te plaas oor die voortslepende water- en kragkrisis in die dorp.
  • Die tak het klagtes van inwoners oor water- en kragonderbrekings hanteer, waarna taklede dit weer by die munisipaliteit aangemeld het.
  • Die tak het skrywes aan die Departement van Water en Sanitasie (DWS) gerig oor die haglike gehalte van water in die dorp, waarna die DWS besoek in die dorp afgelê het.
  • Die tak het watermonsters van die Vaalrivier geneem; die water het positief vir cholera getoets.
  • Die tak het deel gevorm van die Ngwathe Gemeenskapsforum se skoonmaakprojek.
  • Die tak het 60 sakke teer gebruik om 50 slaggate in drie strate op te vul. 

Sasolburg

  • Die tak het 12,4 ha gras deur die loop van die maand gesny.
  • Die tak het druk op die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om teer aan te koop sodat slaggate opgevul kan word.
  • Taklede het in samewerking met die munisipaliteit straatligte in Vaalpark herstel.
  • Die tak het met die munisipaliteit se DA-bestuur vergader rakende knellende kwessies in Sasolburg. DA-bestuurslede op sowel provinsiale as nasionale vlak het die vergadering bygewoon. ’n Projekplan gaan gevolglik saamgestel word oor kwessies soos paaie, water en sanitasie en dit sal op nasionale vlak gemoniteer word.
  • Die tak het sy maandelikse mark by die Hoëveldse Tuine op die dorp gehou. Meer as 20 stalletjies is bespreek. Die tak hou elke laaste Saterdag van die maand ’n mark by die tuine.
  • Die tak het ’n sangkompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders van stapel gestuur wat by die mark plaasvind.
  • Die tak se jeugvleuel het met opknappingswerk by die Van Riebeeck-ouetehuis gehelp. Die verswakte sorg-eenheid se mure is herstel en ook byna klaar geverf.
  • Die buurtwag het talle patrollies gery waartydens 659 km afgelê is. Buurtwaglede het die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun.

Viljoenskroon

  • Die tak het ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig waarin ’n vergadering versoek word om die haglike toestand in die dorp te bespreek.
  • Die tak het briewe, foto’s en video’s aan die DWS gestuur oor die rioolstorting in en om die dorp.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die tak het onverpoosd gewerk om gras in die dorp te sny en die begraafplase en die Bethlehem-museum netjies en veilig te hou. Die grassnyprojek is in Desember 2022 geloods waar dit aanvanklik meer as twee weke geneem het om die volgende areas se gras te sny: Die Bethlehem-museum en die Môrelig-, Anglo-Boereoorlog-, Baken Park- en die Bohlokong-begraafplaas. Volgens Marc Timmins, takvoorsitter, was hierdie areas in ’n haglike toestand maar dat daar intussen goeie vordering gemaak is. Die span het sedert 23 Januarie vier keer teruggekeer om die gras te sny en tot dusver is ’n totaal van 56 000 m² se gras gesny. Al hierdie areas is eers skoongemaak voordat die gras gesny is.

Frankfort

  • Die Vrystaatse Hooggeregshof in Bloemfontein het op 25 Mei uitspraak voorbehou in AfriForum en die Mafube Sakeforum se saak teen die Vrystaatse premier en 12 ander respondente. Dié organisasies het die hof genader omdat hulle van mening is dat die premier ’n vorige hofbevel minag. AfriForum het die hof vir die volgende bevel gevra:
  • Dat die Vrystaatse premier skuldig bevind word aan minagting van die hof.
  • Die premier moet daadwerklike ingryping bewerkstellig om gehoor te gee aan die hofbevel van 2022.
  • Noodplanne moet onmiddellik in plek gestel word om die besoedeling van die Vaal- en Wilgerivier te stop.
  • Die premier moet aan die hof terugvoer gee oor die vordering van die ingryping.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het ’n brief aan die Vrystaatse dobbel-, drank- en toerisme-owerheid oorhandig, asook aan die Mangaung-metro waarin ’n sjebien se aansoek teengestaan word. Hierdie aansoek kan nie goedgekeur word nie aangesien dit binne 500 m van die Laerskool Onze Rust in Uitsig geleë is.

Langenhovenpark

  • Taklede het skoongemaak rondom kerke en die biblioteek in Langenhovenpark.
  • Taklede het die velde tussen Frans Wessels- en Elsabé Steenbergstraat met die tak se trekker gesny. Aksies soos hierdie bevorder nie net die netheid van die woonbuurt nie, maar ook die veiligheid van die gemeenskap teen onder meer groot brande en dat booswigte nie wegkruipplek het nie.

Uitsig

  • Die tak het ’n noodroep ontvang oor ’n huis in Generaal De la Reylaan in Generaal De Wet wat besig was om af te brand. Die tak se Sektor 4-patrolliespan het daarop gereageer en die SAPD ondersteun. AfriForum se nasionale radionetwerk is gebruik om die Mangaung-brandweer en verskeie nooddienste na die toneel te ontbied. Die Hospitaalpark-buurtwag en gemeenskapslede het gehelp om die toneel te beveilig en die verkeer te reguleer.

Wilgehof

Fichardtpark

  • Die tak se veiligheidspan het tydens ’n roetinepatrollie inligting en ’n versoek vir hulp ontvang oor die moontlikheid van dwelms en kriminele aktiwiteite by ’n woning in die buurt. Die AfriForum-veiligheidspan het in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye die huis binnegegaan en deursoek. Die toneel is beveilig en daar is op ’n verdagte afgekom wat onder die invloed van dwelms was.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het gereeld patrollies gery.
  • Die Hartbeesfontein-buurtwag het kragbokse oopgesny.
  • Die Hartbeesfontein-buurtwag en -plaaswag het ondersteuning gebied deur brande te help blus.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Buffelsdoornweg gehou.

Potchefstroom

  • Die buurtwag se 191 aktiewe lede het 135 patrollies gery; 4 050 km is in 480 manure afgelê.
  • Die tak het 1 220 sakke teer gebruik om 322 m² se slaggate op te vul.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme met water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery.

MARICO

Brits

·     Die buurtwag het inligting ontvang dat ’n grys Toyota Fortuner by die Armansis Mediese Sentrum gesteel is. Die voertuig se registrasienommer is blitsig aan die betrokke veiligheidsgroepe deurgegee. Die buurtwag het ook die publiek versoek om versigtig en op die uitkyk vir die gesteelde voertuig te wees. Protego Security Group het die Fortuner voorgekeer, waarna die verdagtes uitgespring en weggehardloop het. Een verdagte wat in die besit van ’n seinblokker was is wel in hegtenis geneem. Die SAPD het ook later op die toneel aangekom.

Rustenburg

  • Taklede het Manuka- en Kremetartlaan geteiken vir verbetering as deel van die organisasie se #MyWoonbuurt-kompetisie. Die projek het van 5 April tot 4 Mei plaasgevind en het die sny van 0,65 ha se bosse en riete in die gebied behels. Die gemeenskap het hierdie area as ’n belangrike fokuspunt vir die projek geïdentifiseer.

Hartbeespoort

·      AfriForum se brandspan in Hartbeespoort het ’n noodroep ontvang van ’n huisbrand in die Bhubezi Village. Die brandspan het onmiddellik na die toneel gehaas en die vlamme met beskikbare tuinslange begin blus. Kort daarna het AfriForum se waterkarre ook op die toneel aangekom en ondersteuning gebied.

KWAZULU-NATAL

Algemeen

  • AfriForum het ’n brief aan Bongiwe Sithole-Moloi, LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), gestuur waarin versoek word dat ’n plan van aksie binne 30 dae beskikbaar gestel word van hoe die munisipaliteite in KwaZulu-Natal skutte gaan ontwikkel. Dít volg nadat dit bekend geword het dat verskeie munisipaliteite nie aan KwaZulu-Natal se Skutwet (3 van 2006) voldoen nie.

Hluhluwe

  • AfriForum en ander rolspelers, insluitend die SAPD in die Hluhluwe-omgewing, het gebeurlikheidsplanne in die geval van ’n plaasaanval ingeoefen. Die oefening is as ’n reusesukses beskryf en die lesse wat geleer is sal gebruik word om ’n bloudruk op te stel vir ander gemeenskappe om hulle ook slaggereed te maak vir ’n moontlike plaasaanval.

Vryheid

  • Die tak het vyf gevorderde SNIPR-kameras op strategiese plekke in die dorp opgerig. Dit vorm deel van die tak se strategie om van tegnologie gebruik te maak om misdaad in die gemeenskap te help bekamp.

Newcastle

  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou waartydens Kallie Kriel die konsep van gemeenskapsfederalisme verduidelik het. Die tak het ook tydens hierdie vergadering ’n nuwe takbestuur verkies.

Soortgelyke plasings