|

Heining om kindergrafte opgeknap by Middelburg-konsentrasiekamp

AfriForum se Middelburg tak het op Saterdag 4 Mei die konsentrasiekamp kinderbegraafplaas opgeruim waartydens die hening om die grafte opgeknap is. Lede het die dele van die staalheining wat stukkend was reggemaak deur nuwe pype vas te sweis. Verder het die heining ook ’n nuwe lagie verf gekry.

Die tak het ook omgesien na die algehele netheid van die terrein en daar is rommel opgetel wat rondgelê het.

“Hierdie grafte is deel van ons erfenis en dui op een van die vele struikelblokke wat ons as Afrikaners moes oorkom. Dit is ons plig om na ons erfenisterreine om te sien, veral as ons wil hê dit moet behoue bly vir die volgende geslagte. Hierdie terreine is al wat ons oor het van daardie stukkie geskiedenis,” sê Mark Salzwedel, voorsitter van die AfriForum-tak in Middelburg.

Inwoners word versoek om AfriForum se Middelburg-tak te ondersteun: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings