|

AfriForum se Stellenbosch-tak hou algemene jaarvergadering

AfriForum se Stellenbosch-tak het op 29 Februarie hul algemene jaarvergadering gehou en terugvoer gegee aan die lede teenwoordig.

Die gasspreker, Ernst van Zyl, hoof van Openbare Betrekkinge by AfriForum, het met positiewe woorde weer die vlam van selfdoen aangeblaas. Theo Turner, wat dien op die tak- en buurtwagbestuur, het terugvoer gegee oor die buurtwag se suksesse en uitdagings. Hy het ook gespog met hul hommeltuig en die suksesse wat al daarmee bereik is, veral in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Een van dié suksesse sluit in die arrestasie van twee dwelmgebruikers en vermeende dwelmhandelaars.

Bill Hulme, ook deel van die tak se bestuur, het terugvoer gegee oor die plaaslikeregering- en omgewingsake en het spesifiek gepraat oor die belangrike aksie waarmee die tak besig is in verband met die riool in die Plankenburg-, Veldwagters- en Eersterivier. Die Stellenbosch-tak se aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA) duur steeds voort. Die tak het die aansoek al in Oktober by die munisipaliteit ingedien en inligting oor rioolstorting in hierdie riviere geëis. Nadat die Stellenbosch-munisipaliteit geweier het om meeste van die inligting, soos versoek in die PAIA-aansoek, beskikbaar te stel, het die tak op 29 Januarie appèl aangeteken teen die besluit om inligting te weerhou. AfriForum het nog geen verdere terugvoer vanaf die munisipaliteit ontvang nie en is in die proses om verdere stappe te oorweeg.

“Ons wil graag lede van die gemeenskap aangemoedig om by AfriForum se Stellenbosch-tak betrokke te raak en hulle te ondersteun om hierdie belangrike projekte te kan dryf,” sluit Benade af.

Soortgelyke plasings