| |

Hopefield-buurtwag skenk skoonmaakmiddels aan plaaslike polisiekantoor

Die AfriForum-buurtwag in Hopefield het op 28 Augustus skoonmaakmiddels en -toerusting ter waarde van R620 aan die plaaslike polisiekantoor geskenk. Hierdie skenking het bleikmiddels, seep, besems, moppe, ’n emmer en lappe ingesluit.

Die Hopefield-buurtwag, wat baie betrokke is in die gemeenskap, het tydens ’n gemeenskapspolisiëringsvergadering verneem dat die Hopefield-polisiekantoor ’n tekort aan skoonmaakmiddels het.  Die buurtwag het ingespring en die polisiekantoor van skoonmaakmiddels voorsien.

Roy Walsh, die leier van AfriForum se Hopefield-buurtwag, het die skoonmaakmiddels aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oorhandig. “Dit is net iets kleins om ons dankbaarheid aan die polisie te toon vir hul onbaatsugtige werk in die gemeenskap. Ons het ’n goeie verstandhouding met ons plaaslike polisie – dis verblydend om saam met hulle die gemeenskap te kan beveilig,” sê Walsh.

Enigiemand wat by AfriForum se Hopefield-buurtwag betrokke wil raak, kan vir Walsh by 082 894 4164 kontak.

Soortgelyke plasings