|

Kamieskroon-tak plant bome by kliniek, kerk en woonwapark

Die Kamieskroon tak het op die 21 September drie witkareebome by die Kamieskroon kliniek, vyf witkareebome by die Kamieskroon NG kerk en twee witkareebome by die Kamieskroon woonwapark geplant.

Deur inheemse bome te plant bewaar ons nie net ons omgewing en maak dit ’n mooier plek om in te bly nie, maar ons wys ook dat ons hoop vir die toekoms het. Bome is veel meer as bloot ’n belangrike deel van die ekostelsels of ’n noodsaaklike natuurlike hulpbron – bome is simbolies van lewe,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap.

“Boomplantmaand bied die perfekte geleentheid om ’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak. Bome het egter deurlopende sorg nodig om tot voordeel van almal te floreer en die AfriForum-tak in Kamieskroon onderneem om hierdie sorg te verskaf. Dit is simbolies daarvan dat ons hier is om te bly en hoop vir die toekoms het,” meen Strauss

Die tak moedig die gemeenskap aan om deurgaans inheemse bome in hul dorp te plant en deel te wees van ’n groener toekoms.

Soortgelyke plasings