|

AfriForum  se Bo-Karoo-tak verskaf veiligheidsopleiding in samewerking met Leo Prinsloo

Die AfriForum-tak in die Bo-Karoostreek het saam met Leo Prinsloo verskeie opleidingsessies in Augustus aangebied aan lede van die gemeenskap. Dié opleiding het gestrek van plaasbeveiliging tot basiese vuurwapenhantering.

“In ’n lofwaardige poging om die gemeenskap te bemagtig en veiligheidsbewustheid te verhoog, is skietopleiding deur Leo Prinsloo in die Bo-Karoostreek suksesvol aangebied. Hierdie inisiatief het aan meer as 70 deelnemers die geleentheid gebied om vaardighede te ontwikkel wat verband hou met die verantwoordelike gebruik van vuurwapens,” sê Magdaleen Kleynhans, AfriForum se takvoorsitter van die Bo-Karoo.

“Die plaasbeveiligingskursus het plaasgevind op 15 en 16 Augustus en het meer as 30 skoliere en studente uit die streek bymekaar gebring. Hierdie inisiatief is ontwerp om jong mense die nodige vaardighede en kennis te bied om hulself te beskerm en hul gemeenskappe veiliger te maak. Die kursus het insluitende instruksie oor verskeie aspekte van plaasbeveiliging, insluitend risiko-assessering, toegangsbeheer, kommunikasie in noodgevalle, en basiese selfverdedigingstegnieke ingesluit. Dit is met die oog op die toenemende behoefte aan plaasbeveiliging in landelike gemeenskappe wat soms aan misdaad en onveiligheid blootgestel word.” het Adolf Oosthuizen, onder-voorsitter van die tak genoem.

“AfriForum ondersteun die regmatige opleiding van individue binne die raamwerk van die wet en glo dat elke bemagtigde persoon bydrae tot n veiliger gemeenskap.” het Werner Strauss, Provinsiale koordineerder van Noor-Kaap, gesê. 

Die Bo-Karoo streek word aangemoedig om sulke geleenthede by te woon en by dié AfriForum-tak betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak in die Bo-Karoo: SMS “Bo-Karoo” na 45267 (R1).

Soortgelyke plasings