Korona (Covid-19) – Bly ingelig! Nulled

Nuutste Inligting:

 

Bystand

  • AfriForum sal sy lede en die publiek deurlopend deur middel van hierdie situasierapport op hoogte hou oor die nuutste verwikkelinge.
  • Verdere inligting en bronmateriaal vir hierdie situasierapport is by die volgende skakel beskikbaar: korona.afriforum.co.za.

Ontvang daagliks die nuutste inligting in verband met die Koronavirus deur hierdie vorm in te vul:

Inperking maatreëls:

COVID-19- landswye inperking 26 Maart tot 16 April 2020 – ’n Opsomming van die belangrikste maatreëls wat bekendgemaak is

Voorkoming:

– Vermy onnodige fisiese kontak met mense (handdruk, drukkies ens.).
– Probeer om nie aan jou gesig te vat voordat jy nie jou hande deeglik skoongemaak het met ’n alkoholbasis-handreiniger nie.
– Gebruik ontsmettingslappies vir winkeltrollies ens.
– Was gereeld jou hande met ’n alkoholbasis-handreiniger.
– Vermy direkte kontak met publieke handrelings soos by trappe of roltrappe.
– Moenie goed soos drinkglase, sigarette, kos, elektroniese sigarette en so meer met ander mense deel nie.

Simptome:

Maak seker dat jou simptome ooreenstem met die bevestigde COVID-19-simptome:

  • Hoes (droog)
  • Seer lyf
  • Koors
  • Seer bors
  • Moeilike asemhaling
  • Kortasemheid

Toetsproses:

Indien jy van die bogenoemde simptome het, kan jy die volgende proses volg:

  1. Kontak jou huisdokter vir ’n verwysingsbrief waarna jy dan by enige  Ampath, Lancet of Vermaak & Vennote Laboratorium getoets kan word.
  2. Kontak die nasionale hulplyn by 0800 029 999 / Whatsapp 0600 123 456.

Die dokter of hulplyn sal vir jou riglyne gee van hoe of waar die toets sal plaasvind

Die koste van die toets beloop vanaf R 990.00

Wat moet jy doen as jy positief getoets word?

  • Enige persoon wat positief getoets word sal in kwarantyn geplaas word by een van die aangewese hospitale vir behandeling.
  • Die NIOS sal al die mense waarmee jy in nabye kontak was in kennis stel.
  • Die persone sal vir 14 dae in selfkwarantyn geplaas word.
  • Die NIOS sal dié persone monitor vir enige Covid-19 simptome

Klik hier vir meer inligting oor Selfkwarantynriglyne.

COVID-19: Privaat hospitale se reëlings en maatreëls

Departement van gesondheid

BRONNE:

Soortgelyke plasings