|

Lichtenburg-tak gebruik 7 ton teer om slaggate te vul as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het van 5 tot 12 Oktober slaggate op die kruising van Le Rouxweg en Breëstraat gevul. Dit het 7 ton teer gevat om dié slaggate te vul.

“Ons is verheug oor die sukses van hierdie projek en die positiewe impak wat dit sal hê op padveiligheid en verkeersvloei in hierdie area. Ons is ook dankbaar om die ondersteuning van die gemeenskap te hê asook die ondernemings wat ons weliswaar as vennote in hierdie projekte beskou,” sê Pine Pienaar, projekleier van die slaggatprojek in Lichtenburg.

“Pienaar en sy span het ongelooflike goeie werk gedoen. AfriForum se Lichtenburg-tak het net weereens bewys wat bereik kan word as ons besluit om iets te doen in plaas daarvan om net toe te kyk hoe infrastruktuur agteruitgaan,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groot Marico.

Die Lichtenburg-tak bedank graag vir NWK wat hul snymasjien en roller beskikbaar gestel het, asook die Lichtenburg Teerprojek wat ’n drom ss60 Bitumen vir hierdie projek geskenk het en Siyakhula Bitumen and Asphalt (Pty) Ltd  wat die teer geskenk het.

Gemeenskapslede wat betrokke wil raak by hierdie tipe projekte kan aansluit by www.wordlid.co.za en ondernemings wat teer wil skenk kan vir Steyn Kearney, voorsitter van AfriForum se Lichtenburg-tak skakel by 082 803 3628.

Soortgelyke plasings