Skoonmaakprojek in Sasolburg voortgesit


AfriForum se Sasolburg-tak het op 9 Augustus die tweede skoonmaakaksie vir die jaar in dié dorp uitgevoer.
Die beboste area in H.F. Verwoerdstraat is skoongemaak na verskeie klagtes dat die area gebruik word om rommel weg te gooi en gesteelde goedere weg te steek. Hoewel voortdurende pogings aangewend is om die munisipaliteit by die skoonmaakaksies te betrek, het die tak geen samewerking of bystand gekry nie. Die tak het nietemin met die inisiatief voortgegaan om ‘n veiliger omgewing vir die plaaslike gemeenskap te verseker.

Stephen Nel, AfriForum se koördineerder in Sasolburg, sê die tak beoog om voortdurend soortgelyke aksies aan te pak. “Ons is dankbaar vir elke vrywilliger wat hul tyd opoffer om hierdie projek ‘n sukses te maak. Ons moedig die gemeenskap aan om by die tak se toekomstige selfdoenprojekte betrokke te raak deur “Sasolburg” na 31481 te SMS (R1).”

Soortgelyke plasings