TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2022

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 93 patrollies deur die loop van die maand gery.

Heilbron

  • Die tak het die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gehelp om die pad langs die plaaslike vullisterrein te herstel.
  • Die tak het bome wat destyds deur konsentrasiekampkinders geplant is, gesnoei.

Sasolburg

  • Die tak het 13,7 ha gras gesny en 1 ha skoongemaak.

Viljoenskroon

  • Die tak het met die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit vergader waartydens die rioolkrisis in die dorp bespreek is. Die munisipaliteit het gevolglik onderneem om die probleem aan te pak.

HOOGLAND

Kroonstad

  • Die tak het ’n klagte teen die munisipale bestuurder aanhangig gemaak en die saak vorder goed in die hof.
  • Die tak het gehelp om die grond by die Edelkroon-ouetehuis voor te berei sodat groente tydens die lente geplant kan word. Die tak het ook vyf vrugtebome geplant.
  • Die tak het by skoonmaakprojekte in die dorp betrokke geraak wat daartoe help lei het dat Kroonstad as die wenner van die TV-program Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie aangewys is.
  • Die tak het opvoedkundige speelgoed aan die inwoners van die Presidentia Jeugsorgsentrum geskenk.

Reitz

  • Aangesien die dorp vir ’n geruime tyd lank sonder voldoende veiligheidstrukture moes klaarkom het die tak besluit om ’n formele buurtwag te stig. 30 gedragskodes is onderteken en leierskapstrukture is verkies. Al die buurtwaglede moet gevolglik opgelei en van die nodige toerusting voorsien word.

Frankfort

  • Die tak is uitgenooi om deel te vorm van ’n ouditkomitee wat die Mafube Plaaslike Munisipaliteit gaan bystaan met die besluitneming rondom ’n strategiese reddingsplan van die munisipaliteit. Een plek op die komitee is aan AfriForum toegewys en die organisasie se verteenwoordiger sal saam met die munisipaliteit se administrateur werk om die haglike toestand van die munisipaliteit te verbeter. AfriForum sal verdere regsaksie neem indien hierdie poging onsuksesvol is.

Bethlehem

  • Die tak het ’n volhoubare teerprojek van stapel gestuur om die dorp se paaie meer toeganklik en veiliger te maak. Dít volg nadat die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit nie sy pligte kon nakom nie. Plaaslike ondernemings het ook ’n positiewe bydrae gelewer om te help dat die projek suksesvol is.

Winburg

  • Taklede het ’n aksie geloods waartydens hulle die stadsaal en dorpsplein skoongemaak het. Die tak het ook verkeerstrepe oorgeverf en die omliggende gebied verfraai.
  • Die tak was betrokke by ’n skoonmaakprojek by die konsentrasiekampbegraafplaas.

Brandfort

  • Die plaaslike gemeenskap is opgewonde oor dié nuwe AfriForum-tak wat gestig is. Die tak beplan om talle nuwe projekte en hofsake in die nabye toekoms te dryf.

ROSESTAD

Algemeen

  • Die AfriForum-takke in Bloemfontein het talle nuwe projekte aangepak. Nuwe skoonmaakprojekte is onder meer by die Ou Presidensie gehou. Die tuine by dié erfenisbaken word deur AfriForum onderhou as deel van die organisasie se erfenisbewaringsprojekte. Die Ou Presidensie is nou een van drie monumente wat tans deur AfriForum se Bloemfontein-takke onderhou word.
  • Tydens AfriForum se #VegEnBou-week in Bloemfontein het die organisasie se buurtwagte ’n massapatrollie reg oor Bloemfontein gehou om sigbaarheid te verhoog en misdaad te voorkom. ’n Veiligheidsoudit is ook by Saailand Preprimêre Skool gedoen waartydens die leerders ’n vertoning deur die noodvoertuie van AfriForum 911, VR Med en VR Sekuriteit aanskou het.

Wilgehof

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek gehou.
  • Die tak het 15 nuwe lede gewerf.
  • Die buurtwag se nuwe patrolleerders het VOLK-opleiding ontvang.
  • Taklede het ’n suksesvolle inligtingsessie saam met MLS-agente gehou met betrekking tot eiendom- en huis-en-haard-beveiliging.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD twee arrestasies uitgevoer.

Pellissier  

  • Die tak se kontrakteurs het ’n skoonmaakprojek gehou.
  • Taklede het die AfriForum-parkie skoongemaak.
  • Die tak het bystand aan die brandweer verleen met die bestryding van ’n veldbrand in Klaradynlaan.

Langenhovenpark

  • Anchor of Hope het ’n volhoubare skoonmaakprojek in Du Plessisstraat van stapel gestuur.

Rayton-Heuwelsig

  • Anchor of Hope het ’n volhoubare skoonmaakprojek by ’n speelpark in Reyneckelaan gehou.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die tak het ’n kamera aan Hartbeesfontein se veiligheidstrukture geskenk.

Hartbeesfontein

  • Die buurtwag het gehelp om talle brande in die omgewing te bestry.

Potchefstroom

  • Die buurtwag het daagliks patrollie gery; 199 aktiewe patrolleerders het 153 patrollies deur die loop van die maand gery, wat ’n groot sigbaarheidspatrollie insluit. Altesaam  5 430 km is in 485 manure afgelê.
  • Die tak het talle plaaslikeregeringsakekwessies met die munisipaliteit bespreek.
  • Die tak het 9 m² se slaggate in verskeie strate met 35 sakkies teer herstel.
  • Die tak het vyf witstinkhoutbome in Alexanderpark geplant.
  • Die tak het gehelp om die palissade by die Gunners Memorial te verf.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het gereeld druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings vir probleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het verskeie voorvalle hanteer, waaronder motorongelukke, betreding en die besit van gesteelde goedere.

STELLALAND

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei en Vryburg het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies deurlopend sigbaarheidspatrollies in hul onderskeie gebiede uitgevoer.

Vryburg

  • Die tak woeker steeds voort met die instandhouding van die konsentrasiekamp op hierdie dorp. Die tak maak maandeliks die perseel skoon deur gras te sny, vullis te verwyder en die bome te snoei. Die tak het hierdie konsentrasiekamp in 2021 aangeneem en sorg vir die instandhouding daarvan.

KWAZULU-NATAL

Richardsbaai

  • Die tak het vier gevorderde aMadlozi-kameras op strategiese plekke in Richardsbaai geïnstalleer. Hierdie aksie vorm deel van die strategie van die tak om van tegnologie gebruik te maak om misdaad in die gemeenskap te help bekamp. Hierdie stelsel maak van kameras gebruik wat nommerplate in ’n soekbare databasis kan lees, asook ’n kamera wat enige ander beweging in ’n soekbare databasis tussen mense en voertuie opneem. Dié kamerastelsel kan soos ’n alarm gestel word wat op spesifieke tye, of wanneer daar beweging is, afgaan.

Amanzimtoti

  • Die tak het die organisasie se #VegEnBou-week afgeskop met taklede en vrywilligers wat verskeie opheffingsprojekte van stapel gestuur het.
  • Die tak en gemeenskapslede het dele van die treinbrug voor Kuswag Skool beveilig. Dit behels om gevaarlike stukke geroeste staal te vervang. Die een kant van die brug is voltooi en die ander gedeelte vorm deel van ’n opvolgherstelproses.
  • Die tak het die voetoorgang voor Kuswag Skool oorgeverf. Gedurende hierdie week het AfriForum ook noodwatertenks met ’n kapasiteit van 20 000 liter en ’n drukpomp aan die skool geskenk wat deur vrywilligers geïnstalleer is. Hierdie noodwatertenks is veral nodig omdat daar sedert die oorstromings in April 2022 gereeld wateronderbrekings voorkom.
  • Verder het die tak ’n skoonmaakprojek by die Merebank-konsentrasiekamp aangepak. Lede van die Durban-tak het ook gehelp om die terrein skoon en netjies te kry.
  • Die #VegEnBou-week is afgesluit met ’n konsert deur die sanger Jakkie Louw, wat gesamentlik deur AfriForum en Kuswag Skool aangebied is.

Newcastle

  • Die tak het twee van sy buurtwaglede vir hommeltuigopleiding gestuur; albei het die kursus suksesvol voltooi.

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Groter Moot

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met talle van hul projekte.
  • Die tak se tuinspan het die gebied se paaie opgeknap en stopstrate oorgeverf.
  • Taklede het rommel langs die Moot se suidspruit in Terblanchestraat opgetel.
  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het twee sigbaarheidspatrollies gehou.
  • Die buurtwag het ’n voetpatrollie gehou.
  • Die tak het ’n Welkom in AfriForum-wêreld-bord opgerig.

Moreletapark

  • Die buurtwag het ’n gesteelde wa teruggevind.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Heidelberg

  • Die tak het 18 dae lank slaggate opgevul.
  • Taklede het vier dae lank vullis opgetel.
  • Die tak het gereël dat die polisiestasie se mure aan die buitekant geverf word.
  • Die buurtwag het in samewerking met die gemeenskap sy eerste kamera geïnstalleer.

Krugersdorp

  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan deur hul lugvleuel in te span tydens ’n soektog na zama-zamas.

Randfontein

  • Die buurtwag het op drie noodroepe gereageer om brande in die Vleikop-gebied te help blus.
  • Die buurtwag het die SAPD bygestaan tydens twee klagtes wat verband hou met die oortreding van eiendom.

Roodepoort

  • Talle buurtwaglede het PSiRA-eksamens afgelê en geslaag.
  • Die buurtwag het sy lede gestuur om opleiding in brandbestryding te ontvang.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n brand te blus by ’n gebou naby die Florida-meer.
  • Buurtwaglede het ’n voetpatrollie gehou en op skuilings afgekom waar zama-zamas kabels stroop en hul toerusting berg. Hierdie skuilings is aan die SAPD uitgewys.

Vereeniging

  • Die tak het in samewerking met die FAK en AfriForum se Winburg-tak die Winburg-konsentrasiekampkerkhof skoongemaak.

Westonaria

  • Die tak het 13 klagtes rakende elektrisiteitsprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 12 klagtes rakende waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het nege klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het ’n brand by die Hoërskool Vanderbijlpark geblus.
  • Buurtwaglede het ’n brand by die Centurions-motorfietsklub onder beheer gebring.
  • Die buurtwag het ’n brand geblus by die woning te Belladonnarylaan 64 in Flora Gardens. ’n Veldbrand het versprei en gevolglik dié huis en sy lapa aan die brand gesteek.
  • Buurtwaglede het bystand verleen ná ’n motorfietsongeluk in Rossiniboulevard.
  • Die buurtwag het hulp gebied op ’n ongelukstoneel in Mansardstraat nadat ’n voertuig teen ’n boom vasgery het.
  • Die buurtwag het bystand gelewer nadat ’n voetganger raakgery is by ’n verkeerslig naby die Vaal Mall-winkelsentrum.
  • Buurtwaglede het op ’n noodroep gereageer ná ’n ongeluk voor Quest-konferensiesentrum in Curieboulevard. Die bestuurder van ’n bakkie het teen ’n boom vasgejaag.
  • Taklede het alarmstelsels by die volgende vier substasies geïnstalleer: N.W. 7, Curieboulevard, Vesco en Van Eck-Oos.
  • Die tak het 630 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 260 klagtes rakende water- en rioollekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het ’n gedeelte van die Barrage-pad (teen Herfsoord-ouetehuis se muur) skoongemaak waartydens 2,5 ha gras gesny is.
  • Die tak het die gebied rondom die Johan Heyns Hospitaal skoongemaak en sowat 0,5 ha gras gesny.
  • Die tak het 0,4 ha gras gesny op die middelman voor Jeugland-ouetehuis.
  • Die tak het 0,8 ha gras gesny op die middelman voor Herfsoord-ouetehuis.

OOS-RAND

Benoni

  • Die buurtwag het deur die loop van die maand 399 ure op patrollies spandeer.
  • Die buurtwag het ’n totale afstand van 2 471 km afgelê.
  • Buurtwaglede het ’n brand help blus by die Rietvlei-natuurreservaat.
  • Die tak het 155 sakke teer gebruik om 280 slaggate op te vul.
  • Taklede het sypaadjies skoongemaak en gras gesny in Bunyanstraat en Cranbournelaan.

Germiston

  • Die buurtwag het gehelp om kabeldiewe vas te trek.
  • Buurtwaglede het die SAPD bygestaan met die arrestasie van ’n verdagte ná ’n huisbraak.
  • Die buurtwag het ’n onwettige vuurwapen en sewe sakkies dagga gekonfiskeer.

MPUMALANGA

Nelspruit

  • Die buurtwag het deur die loop van die maand patrollies gehou.
  • Die tak het in samewerking met WeCare4Nelspruit al die bushaltes van die Sasol West End-vulstasie tot by die Crossings-kruising skoongemaak.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Die tak het staproetes in die Steiltes Natuurreservaat skoongemaak.
  • Die tak het benodighede aan Liznica House of Hope, ’n tehuis vir minderbevoorregte babas, geskenk.

Witrivier

  • Die buurtwag het deur die loop van die maand patrollies gehou.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Die buurtwag het vyf nasionale radio’s in ontvangs geneem om sodoende kommunikasie binne die buurtwag te verbeter.
  • Die buurtwag het gehelp om verskeie veldbrande in die Witrivier-omgewing te blus.

Lydenburg

  • Die buurtwag het deur die loop van die maand patrollies gehou.
  • Die buurtwag het tydens patrollies op verskeie ongelukstonele met verkeerbeheer en toneelhantering gehelp.
  • Buurtwaglede het die slagoffers van ’n plaasaanval in die Badfontein-omgewing bygestaan.
  • Die buurtwag het nagskietopleiding ontvang.
  • Die tak het R25 000 geskenk ten behoewe van die Laerskool Lydenburg se plaveiselprojek.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte het suksesvol gefunksioneer tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deur die loop van die maand patrollies gehou.

Malelane

  • Die buurtwag het deur die loop van die maand patrollies gehou.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van veldbrande.
  • Die buurtwag het leerders veilig gehou tydens die plaaslike skool se lentedans.

Tzaneen

  • Die buurtwag het patrollies gery saam met Northern Security.

Pietersburg

  • Die tak het gehelp met die bestryding van veldbrande.
  • Die tak het ’n vragmotor gereël om 360 bale voer na boere se plase te vervoer.
  • Die tak het ’n nuwe blaser aangekoop vir gebruik tydens veldbrande.

Marble Hall

  • Die buurtwag het 93 patrollies gery.

Naboomspruit

  • Die buurtwag het bystand gebied ná ’n plaasaanval in die omgewing.

TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2022 – SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Algemeen

  • AfriForum het ’n PAIA-aansoek aan die Noord-Kaapse Departemente van Landbou, Omgewingsake, Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming gerig vir die algemene vullisterreinlisensies in die Noord-Kaap.

Bo-Karoo

  • Die Orania-buurtwag en Strydenburg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Kimberley

  • Die tak het gereeld vullis verwyder en druk op die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen om weer vullisverwyderingsdienste in die stad te hervat.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met NexTorch ’n suksesvolle flitsligdemonstrasie aangebied.

Vaalharts

  • Die buurtwag het in samewerking met Hartswater Crime Watch deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het kospakkies aan hulpbehoewende gesinne in die gemeenskap geskenk.

Prieska

  • Marianne Hennig, ’n taklid, het AfriForum-traumaeenheid se praktiese eerste-op-die-toneel-opleiding in Bloemfontein bygewoon. Sy is suksesvol gekeur as ’n AfriForum-traumavrywilliger.

Kamiesberg

  • Die tak het gereeld Kamieskroon se strate skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het baie druk op die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor die watertekort, die paaie se haglike toestand en riool wat in die strate vloei.
  • Die tak het ’n strafregtelike klagte teen Rufus Beukes, die munisipale bestuurder, gelê rakende ’n tekort aan drinkwater. Beukes het kort daarna weens volgehoue druk uit sy pos bedank.
  • Die tak het gereeld water-, krag- en rioolprobleme aan die munisipaliteit se inbelsentrum gekommunikeer sodat herstelwerk kon plaasvind.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereeld Fit-It se parkeerterrein skoongemaak en die bome wat taklede daar aangeplant het, natgelei.
  • Die tak het gereeld water-, krag- en rioolprobleme aan die munisipaliteit se inbelsentrum gekommunikeer sodat herstelwerk kon plaasvind.
  • Die tak het in samewerking met Kathu Green ’n park skoongemaak. Taklede het 50 sakke vullis opgetel en dit na die vullisterrein weggery.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het weekliks die dorp se hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel – wat tot ’n nasionale monument verklaar is – skoongemaak. Gras is gesny, beddings is skoongemaak en vullis is na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het gesorg dat die badkamers by die waterwiel gereeld skoongemaak word.
  • Die tak het maandeliks gras gesny, bome gesnoei en algemene skoonmaakwerk verrig by twee parke in die dorp.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Bloemfontein bygewoon.
  • Die tak het gereeld water-, krag- en rioolprobleme aan die munisipaliteit se inbelsentrum gekommunikeer sodat herstelwerk kon plaasvind.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gereeld druk op die munisipaliteit uitgeoefen rakende pad-, water- en rioolprobleme in die dorp.
  • Die buurtwag het die SAPD en ander veiligheidsrolspelers met misdaadbekamping bygestaan.

Springbok

  • Die tak het ’n park en ’n nabygeleë straat skoongemaak en die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.
  • Die tak het druk op die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor die haglike toestand van die dorp se paaie.
  • Die tak het die N7- en N14-afrit skoon en netjies gemaak.
  • Die tak werk tans saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit om oplossings te probeer vind om die verval van die dorp te keer.
  • Die tak het gereeld water-, krag- en rioolprobleme aan die munisipaliteit se inbelsentrum gekommunikeer sodat herstelwerk kon plaasvind.

Upington

  • Die tak het aandag aan gebarste varswaterpype geskenk en dit by die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit aangemeld vir herstelwerk.
  • Die tak het aandag aan rioolprobleme geskenk en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het saam met AfriForum se teenboelie-afdeling ’n besoek aan die Laerskool Oranje-Noord, die Primêre Skool Op Die Voorpos en die Hoërskool Duineveld afgelê.

Kakamas

  • AfriForum het ’n tak in Kakamas gestig.

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • Die tak het graffiti by die Konsentrasiekampmonument afgewas.

Elliot

  • Die tak het gereeld vullis verwyder en druk op die Sakhisizwe Plaaslike Munisipaliteit geplaas om weer vullisverwyderingsdienste in die dorp te hervat.
  • Die tak het ’n suksesvolle veiligheidsopleidingsessie aangebied.

Cradock

  • Die tak het AfriForum-wêreld-borde buite Cradock opgerig.

Gamtoosvallei

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se veiligheidswerksessie bygewoon en dit lei tot die hersiening van die Beleid vir Gemeenskapsgebaseerde Veiligheidstrukture in die Oos-Kaap.

Oos-Londen

  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Bloemfontein bygewoon.

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

WES-KAAP

George

  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.
  • Die drie plaaswagte en een plotwag in die George-omgewing het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Kaap Agulhas

  • Die tak het ’n sleepwa aangekoop met die doel om dit só in te rig dat dit aangewend kan word om veld- en bosbrande te bestry.
  • Die tak het die laaste gedeelte van sy rugbykleedkamerprojek afgehandel en die nuwe kleedkamers aan die skool oorhandig.
  • Die tak het sy #VegEnBou-projek gehou waartydens die volgende gedoen is:
    • ’n Veiligheidsoudit is by Zoetendal Akademie uitgevoer.
    • Gestremdheidsbewusmaking is gehou saam met Solidariteit Helpende Hand.
    • Vullisdromme is langs staproetes by die strand in Struisbaai opgerig.
    • ’n Paneelgesprek is aangebied met prof. André Duvenhage, Heindrich Wyngaard, Kallie Kriel en David Olivier as gassprekers. Die geleentheid is bygewoon deur 120 prominente lede van die Agulhas-gemeenskap.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Brandwag-plaaswag, asook die Groot Brak- en Glentana-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het twee ekstra LPR-kameras binne die Brandwag-plaaswag se grense geïnstalleer. Die tak beskik dus nou oor ses LPR-kameras en vier oorsigkameras in Herbertsdale en Brandwag. Al hierdie kameras is met Mosselbaai se gemeenskaplike operasionele sentrum (GOS) opgekoppel om doeltreffende samewerking te bewerkstellig.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n geslaagde Vrouedag-geleentheid by Klipheuwel Trail Park gehou waartydens die dames geleer is hoe om motorbande om te ruil. Dít is in samewerking met Oliver Bande gedoen. Die mans moes op hul beurt leer hoe om kolwyntjies te versier.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Oudtshoorn

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Cederberg

  • AfriForum het die Cederberg-tak gestig.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.
  • Die takbestuur het opleiding ontvang.

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het op talle geleenthede hul hommeltuie gebruik om die SAPD en ander veiligheidsrolspelers by te staan.

Durbanville

  • AfriForum het ’n tak in Durbanville gestig.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.
  • Die takbestuur het opleiding ontvang.

Helderbergkom

  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak is gereeld besig met die skoonmaak en opruim van parke en oop ruimtes. 
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Kraaifontein

  • Die tak het skoonmaakprojekte in die parke en oop ruimtes langs die hoofroetes gehou. 
  • Die tak het bankies aangekoop as ’n skenking vir die Kraaifontein Voortrekkers.  
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.
  • Die tak het ter viering van Vrouemaand selfverdedigingsopleiding aangebied in samewerking met Cobra. 

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur wat behels het dat 100 halsbande wat AfriForum se handelsmerk bevat, bestel en versprei is. 

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag en die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se protospan en hommeltuigspan het talle suksesse behaal. 
  • Die tak het met die burgemeester vergader ten einde ’n positiewe werksverhouding te vestig.
  • Die tak het talle kwessies met die munisipaliteit bespreek, waaronder ’n kringtelevisiekameraprojek in Perlemoenbaai en die onwettige oprigting van geboue in sekere erwe.

Paarl

  • Die tak het veiligheidsopleiding ontvang.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.
  • Die takbestuur het opleiding ontvang.

Stellenbosch

  • Die tak het fondse ingesamel om ’n hommeltuig aan te koop.
  • Die tak het vier van sy lede vir hommeltuigopleiding gestuur. 
  • Die tak se jeugvleuel het ’n Vrouedag-uitreik by die Universiteit Stellenbosch (US) gehou; bekende sprekers het onder meer oor vroueregte gesels. 
  • Die buurtwag het studente beveilig tydens ’n laataandfunksie.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Strand

  • Die tak het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Vredendal

  • Die Holrivier-, Koekenaap-, Vredendal-, Spruitdrif-, Lutzville-, Kleinrivier-, Nuwerus- en Trawal-plaaswag en die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het die Draaihoek-buurtwag gestig.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak is tans besig met ’n reeks vergaderings vir die moontlike insluiting van ’n nuwe plaaswag (Scherpenheuwel) by die takstrukture.
  • Taklede het AfriForum se streeksberaad in Durbanville bygewoon.

 

Soortgelyke plasings