TAKSUKSESSE: JULIE 2024

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Apiesrivier

  • Die tak het ’n tweede LPR-kamera opgerig.
  • Buurtwaglede het sigbaarheidspatrollies saam met ander veiligheidsrolspelers in die omgewing gehou.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n huisbrand in Waterval te blus.

Noord van die berg

  • Die tak se buurtspan het 1 987 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het 92 vragte vullis weggery.
  • Die tak se buurtspan het 1 331 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se buurtspan het verskeie parke se gras gesny en skoongemaak rondom dié parke.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 7 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het 341 onwettige advertensieborde verwyder.
  • Die tak se buurtspan het twee slaggate opgevul.

Bronkhorstspruit

  • Buurtwaglede het gehelp om vier brande onder beheer te bring.
  • Die tak het drie van sy lede vir protospanopleiding gestuur.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek agter die plaaslike ouetehuis gehou.
  • Die buurtwag het 18 sigbaarheidspatrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het twee straatligpale naby Trail-Link geverf.
  • Die tak se buurtspan het noodwaterpunte verbeter deur ekstra krane te installeer sodat meer gemeenskapslede gelyktydig daarvan gebruik kan maak.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 30 manure met bossiekappers in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 161 manure met kettingsae in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het baie tyd in die spruite bestee om oorgroeide bosse, laaghangende takke en indringerbome te snoei en te verwyder.
  • Die buurtwag het ’n skietdag vir sy lede by die Buffelsfontein-skietbaan gehou.

Wes-Moot

  • Sowel tak- as buurtwaglede het gehelp om drie brande te bestry.
  • Die buurtwag het aan ’n operasie saam met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers deelgeneem.

Moreletapark

  • Die tak het ’n noodwaterpunt opgerig.
  • Die tak het water aan gemeenskapslede voorsien tydens wateronderbrekings in die buurt.
  • Taklede het slaggate in die omgewing opgevul.
  • Die tak het middelmanne skoongemaak en verkeersirkels geverf.

Bronberg

  • Die tak het ’n noodwaterpunt opgerig.
  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag gestig.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van ’n veldbrand.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n tref-en-trap-ongeluk waartydens ’n voertuig ’n vrou van haar bromponie afgestamp en weggejaag het. Die SAPD is ontbied, waarna die skuldige persoon vasgetrek is. Buurtwaglede het ook verkeerbeheer en skarebeheer toegepas.
  • Buurtwaglede het gehelp om drie brande in die omgewing te blus.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens ’n brand in Nelliestraat in Krugersdorp-Wes deur die toneel te beveilig en skarebeheer toe te pas.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die plaaslike GPF ’n brand naby die Valley View-winkelsentrum aangemeld en gemoniteer.
  • Die buurtwag is na Buitenstraat in Krugersdorp-Noord ontbied om ’n brand te help blus.
  • Buurtwaglede het gehaas om ’n brand by die Sterkfontein Hospitaal te blus.
  • Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.  
  • Buurtwaglede het brande by die Krugersdorp Wildtuin bestry.
  • Die buurtwag het in samewerking met ander veiligheidsrolspelers gehelp om ’n gesteelde voertuig in Kagiso op te spoor.
  • Die tak het in samewerking met verskeie rolspelers ’n gemeenskapsprojek op Nelson Mandeladag gehou waartydens donasies aan bejaarde inwoners van Munsieville oorhandig is.
  • Buurtwaglede is ontbied om brande naby die R24 te blus.
  • Die buurtwag het ’n brand geblus naby ’n woning in Du Toitstraat in Tarlton.

Vanderbijlpark

  • Die tak het 61 klagtes oor kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het ses klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het twee klagtes oor rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Buurtwaglede is na Goodyearstraat ontbied nadat ’n verdagte op ’n huis se dak gewaar is.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied in Evereststraat deur ’n moeilikheidmaker uit ’n winkel in die omgewing te verwyder.
  • Buurtwaglede het ondersoek ingestel nadat groen elektriese bokse in Einsteinstraat oopgebreek is.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n groot veldbrand teen die R59-snelweg naby Vaalpark te blus.
  • Buurtwaglede het ’n brand help blus by die werkswinkels van Kolomaka Investment & Services.
  • Die buurtwag het ’n brand help bestry by Hippo Creek se wildkamp.
  • Buurtwaglede het ’n oog gehou in Faradayboulevard nadat inwoners blare in hulle erf aan die brand gesteek het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied in SE1 deur Dino uit die area te verwyder.
  • Buurtwaglede het ’n soektog van stapel gestuur na ’n verdagte wat wonings in President Hoffmanstraat se erwe onwettig betree het.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodroep op die hoek van die R42 en Fitzpatrickstraat nadat ’n verdagte besittings uit ’n huis gesteel het. Die verdagte is vasgetrek en aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n verdagte op die hoek van F.W. Reitzstraat en N.J. van der Merwestraat vas te trek.
  • Die buurtwag is ontbied na ’n ongelukstoneel op die hoek van Parsonsstraat en Stephensonstraat nadat een van Taljaard-taxi’s se voertuie teen ’n boom vasgejaag het.

Midvaal

  • Buurtwaglede het ’n vuurwapenhanteringskursus suksesvol voltooi. Die kursus het ’n praktiese skietsessie ingesluit.
  • Die tak het grafstene herstel by die Riversdale-begraafplaas.

OOS-RAND

Alberton

  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers en die SAPD vyf verdagtes in hegtenis geneem om die gemeenskap te beveilig. 388 km is tydens hierdie operasie afgelê.
  • Die buurtwag het ’n veldbrand in Brackenhurst wat baie naby aan die kraglyne beweeg en vinnig versprei het, help blus.
  • Buurtwaglede het ’n gebou by die Rietvlei-dieretuin help blus wat aan die brand geslaan het. Dit is gedoen in samewerking met nooddienste.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het ’n vrou ondersteun nadat daar by haar huis ingebreek is.  
  • Die tak het trauma-ondersteuning gebied aan ’n familie in Dinwiddie ná die dood van ’n familielid.
  • Die buurtwag is na Mayberry Park ontplooi nadat die Eiger-substasie aan die brand geraak het. Buurtwaglede het die brand in samewerking met die brandweer onder bedwang probeer bring.
  • Die buurtwag het saam met die Thokoza-brandweer en ander rolspelers gewerk om ’n huisbrand in Draaibosstraat in Mayberry Park te blus. Die inwoners van die huis is ontruim, waarna die nooddienste hulle vir rookinaseming behandel het.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied by ’n Eskom-verspreidingstasie nadat ’n kraglyn gebreek en ’n veldbrand veroorsaak het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n misdaadtoneel op die R59-suid deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n brand by ’n huis in Randhart te blus nadat ’n komposhoop aan die brand geslaan het.
  • Die buurtwag is na ’n woning ontplooi om ’n familie te ondersteun nadat ’n brandende boom hulle huis se dak aan die brand gesteek het.
  • Taklede het ’n padherstelprojek in Azaleaweg en Nasturtiumstraat in Brackenhurst aangepak waartydens 14 slaggate opgevul is en verskeie straatname ook oorgeverf is.

Brakpan

  • Die tak het met plaaslike rolspelers vergader om planne te beraam sodat probleme binne die gebied aangepak kan word.

Benoni

  • Die tak het 2 599 km in 476 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het addisionele statiese ANPR-kameras op strategiese punte opgerig om hulle kameranetwerk uit te brei ten einde die Benoni-gemeenskap te beveilig. Hierdie gemeenskapskameranetwerk het reeds 432 797 lesings in Julie geneem.
  • Die tak het iKhaya da Luz-kinderhuis ondersteun met instandhoudingswerk, wat verfwerk, loodgieterswerk en algemene opruimingswerk ingesluit het.
  • Taklede het ’n asblikprojek van stapel gestuur deur tien addisionele asblikke in die dorp aan te bring en dit ook weekliks leeg te maak.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Northmead gehou waartydens twee massiewe slaggate opgevul is.
  • Taklede het ’n suksesvolle skoonmaakprojek in samewerking met Clean Projects gehou waartydens Voortrekkerbrug skoongemaak is.
  • Die tak het die Daveyton SAPD gehelp met die verf van hulle parkeerterrein, asook herstelwerk aan drie SAPD-voertuie.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike rolspelers ’n massasigbaarheidsinisiatief in Great Northweg gehou om kriminele elemente uit die Benoni-area te verdryf.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye ’n aksie gehou waartydens misdadigers vasgetrek is danksy die tak se gemeenskapskameras én die tak se hommeltuig. Drie mans is uiteindelik in hegtenis geneem op aanklagte van inbraak en huisroof.
  • Die buurtwag het in samewerking met die Ekurhuleni-metropolisie (EMPD), die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye ’n operasie uitgevoer waartydens twee inwoners wat in Crystal Park ontvoer is, bevry is. Die ontvoerders het ’n losprys geëis, maar danksy die span se vinnige en gesamentlike optrede is die situasie vinnig onder beheer gebring.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die N12-snelweg én die R23 deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers en die SAPD ’n gesteelde motorfiets in Benoni opgespoor nadat die voertuig op AfriForum se ANPR-kameranetwerk geïdentifiseer is.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers ’n verdagte voertuig opgespoor danksy AfriForum se kameraprojek. Die SAPD is ontbied en die bestuurder is in hegtenis geneem.

Boksburg

Edenvale

  • Taklede het ’n skoonmaakprojek gehou, plaveisel gelê en plante geplant op die middelman van Terraceweg en Andries Pretoriusstraat in Eastleigh, Edenvale.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye ’n skoonmaakprojek in Illiondale gehou waartydens die vleiland skoongemaak is en hawelose mense verskuif is om veiligheid te bevorder.
  • Taklede het as deel van AfriForum se landwye nasionale slaggatherstelmaand ’n padoppervlakte herstel, asook 13 slaggate in Edenvale opgevul.
  • Die buurtwag het die SAPD Edenvale ondersteun deur spoorsnyhonde beskikbaar te stel vir ’n operasie by ’n skool in Edenvale waar dwelms in ’n skooltas gevind is.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers twee verdagtes in hegtenis geneem wat meer as 150 Mandrax-tablette in hul besit gehad het.
  • Die buurtwag het ’n pasgebore baba wat skaars asemgehaal het in ’n asblik gevind. Nooddienste is ontbied en paramedici het daarin geslaag om die baba te red. Die baba is daarna in ’n veilige tuiste geplaas.

Germiston

  • Die buurtwag het opleiding aan nuwe protospanlede gebied sodat hulle in staat sal wees om die gemeenskap beter te ondersteun.
  • Buurtwaglede is ontbied om ’n brand by Die Anker-ouetehuis te help blus.
  • Die buurtwag was op die toneel waar ’n liggaam in ’n veld langs Cedarlaan in Primrose gevind is. Die nooddienste is ontbied en die toneel is aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede se hulp is ingeroep om ’n huisbrand in Elspark te blus nadat ’n lapa aan die brand geraak het.
  • Die tak het slaggate in Mimosapark opgevul as deel van AfriForum se landwye nasionale slaggatherstelmaand.

Kempton Park

  • Die tak het ’n helpende hand aan die gemeenskap uitgereik deur hulle mobiele gesondheidsentrum gratis aan die bejaarde inwoners van Lenitas-, Herfsland- en Allen Park-aftreeoord beskikbaar te stel.
  • Tak- en gemeenskapslede het saam ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.
  • Die tak het die gemeenskap ondersteun deur ’n skenking aan die Elim-kliniek te maak waartydens gesigmaskers en handreiniger oorhandig is.
  • Taklede het ’n tydlike muur gebou ná ’n ongeluk in Friedstraat om die huishouding te beveilig.
  • Die tak het aan ’n operasie saam met die SAPD Norkem Park deelgeneem waartydens verdagtes vir dronkbestuur, diefstal en die besit van dwelms in hegtenis geneem is.

Springs

  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike rolspelers ’n gesteelde voertuig opgespoor.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n veldbrand by die Hoërskool Hugenote en die Rus ’n Bietjie-ouetehuis te blus.
  • Die buurtwag het twee fietsryers ondersteun nadat hulle naby die Netcare N17 Hospitaal gekaap is. Hoewel die verdagtes gevlug het kon albei fietse aan hul eienaars terugbesorg word.
  • Taklede het twee krane by die eendedam in Springs opgerig om te dien as ’n noodwaterpunt.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n huisbraak in Edelweiss waartydens ’n bejaarde vrou aangeval en beroof is. Nooddienste is ontbied, waarna die toneel aan die SAPD oorhandig is.

MPUMALANGA

Bethal

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp. Droë krane in die dorp weens Rand Water se onderhoudswerk het daartoe gelei dat AfriForum meer as 60 000 liter water in Julie aan inwoners verskaf het. Meer as 650 000 liter water is al deur die loop van die jaar aan inwoners verskaf.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het verskeie woonbuurte geteiken en opgeruim; ’n totaal van 30 952 m² is skoongemaak. Die tak se buurtspan het die volgende gebiede getakel:
    • Davieshof (11 000 m²)
    • Jansonstraat – groenstrook (500 m²)
    • Lombardstraat – groenstrook (9 500 m²)
    • Vaalrivier- en Frankfurtstraat – Park-sentrum (850 m²)
    • Vaalrivier- en Rietspruitstraat (2 052 m²)
    • Rietspruit- en Wolwespruitstraat (2 000 m²)
    • Steenkoolspruit- en Krokodilrivierstraat (1 650 m²)
    • Krokodilrivier- en Paardekraalstraat (1 500 m²)
    • Tugela- en Witzenbergstraat (1 900 m²)

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het verskeie inhegtenisnames gemaak in verband met huisbraakvoorvalle.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het vier mense in hegtenis geneem op aanklagte van dronk op straat, terwyl hulle ook ’n dronkbestuurder gearresteer het.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het twee onpadwaardige voertuie van die pad verwyder.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het tydens ’n operasie saam met die SAPD 45 mense in hegtenis geneem vir verskeie misdade. Dwelms is in besit van die verdagtes gevind tydens die operasie, terwyl drie gesteelde voertuie ook opgespoor is.

Piet Retief

  • Buurtwaglede het ’n massapatrollie gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek afgehandel.

Standerton

  • Die buurtwag het gehelp om verskeie brande in die Standerton-omgewing te blus.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit gehelp om verskeie winkels te deursoek, asook om onwettige immigrante te verwyder.
  • Die tak het addisionele kennisgewingborde opgerig om swaar motorvoertuie uit sekere gebiede van die dorp te hou.

Witbank

  • Taklede het ligte opgerig by die Moth Cottages.
  • Die tak het borde geborg vir die Duvhapark- en Blancheville-buurtwag.
  • Die tak het vyf flitse aan die Duvhapark-buurtwag oorhandig.
  • Taklede het die Hoëveldpark-buurtwag gehelp met herstelwerk aan hulle grassnyer sodat hulle kon voortgaan om gras in die dorp te sny.
  • Die tak het 40 liter padverf geborg vir die Hoëveldpark- en die Heuwel-buurtwag se gesamentlike padmerkprojek.

Middelburg

  • Die tak het sonkragligte by die SAVF-tehuis op Middelburg aangebring.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het twee sigbaarheidspatrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het R5 000 se benodighede aan LEFPA se brandspanne geskenk.
  • Taklede het ses asblikke in Melkweg- en Enterprise-park leeggemaak.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van vier brande in die omgewing. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Die buurtwag het twee van sy lede vir protospanopleiding gestuur.

Witrivier

  • Die tak het 40 liter verf geskenk om ’n kinderhuis oor te verf.
  • Buurtwaglede het vier sigbaarheidspatrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van vyf brande in die omgewing. 

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het R4 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met skoonmaakprojekte in die dorp. 
  • Die tak het R12 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met die opvul van slaggate in Poenstraat. 

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die dorp se brandweer gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Dullstroom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies saam met die GPF in Dullstroom gery om hul gemeenskap te beveilig.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Taklede het nuwe stoptekenborde in die dorp opgerig, asook padstrepe geverf.
  • Die tak het ’n straatnaamprojek van stapel gestuur.
  • Taklede het gehelp met die skoonmaak van ’n gesondheidsentrum.
  • Die tak het die dorp se hoofstraat skoongemaak.
  • Taklede het gehelp om die Helpende Hand-nasorgsentrum skoon te maak.
  • Die tak het verskeie slaggate met 2 ton teer opgevul.
  • Die tak het water aan inwoners verskaf danksy die oprigting van ’n noodwaterpunt.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing. 

Warmbad

  • Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.

Phalaborwa

  • Die tak het water aan inwoners voorsien tydens watertekorte in die dorp.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing. 

Potgietersrus  

  • Die buurtwag het opleiding vir sy lede aangebied.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing. 
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun tydens ’n operasie wat daarop gemik was om kabeldiewe vas te trek.

Groblersdal

  • Die buurtwag het skietopleiding vir sy lede aangebied.
  • Die tak het met die SAPD en die Departement van Justisie vergader oor foute wat tydens ondersoeke begaan word.

Marble Hall

  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing. 

Ellisras

  • Die plaaswag het ’n gemeenskapsvergadering gehou.
  • Plaaswaglede het paaie geskraap om dit meer begaanbaar vir voertuie te maak.
  • Die plaaswag het ’n vergadering oor brandbestryding gehou.

Messina

  • Die buurtwag het op Sondae patrollies rondom die begraafplaas gehou sodat inwoners van die dorp hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.

Pietersburg

  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing. 

Thabazimbi

  • Die tak het straatname op randstene aangebring.
  • Taklede het die plaaslike park skoongemaak.
  • Die tak het gehelp om oplossings vir die rioolprobleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het die SAPD tydens ’n operasie ondersteun.
  • Taklede het die reservoirs in die dorp herstel.

Tzaneen

  • Die tak het druk op die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit geplaas om Stasie-pad reg te maak.
  • Die buurtwag het noodmiddels aan die plaaslike brandweer geskenk, asook gehelp met die bestryding van brande in Magoebaskloof.

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur om Kamieskroon en omliggende dorpe 24 uur per dag, sewe dae ’n week van drinkwater te voorsien met behulp van drie boorgatpompe wat AfriForum in die omgewing geïnstalleer het.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die dorp se watergehalte voortdurend gemoniteer en voortgegaan om druk op die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit toe te pas om skoon drinkwater vir Kakamas se inwoners te verseker.

Kathu

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit en die SAPD deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die stopstrepe en randstene in Rietbokstraat geverf.
  • Die tak het sypaadjies en strate skoongevee en nagenoeg 20 swartsakke vullis opgetel en na die vullisterrein weggery.
  • Taklede het met Rhino Sekuriteit vergader oor ’n moontlike samewerkingsooreenkoms tussen dié sekuriteitsmaatskappy en AfriForum.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Taklede het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoon gehou.
  • Die Grootoog-buurtwag het water vir gemeenskapslede aangery in woonbuurte waar watertekorte voorgekom het.

Kuruman

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het drie kameras op Kuruman se hoofroetes geïnstalleer.
  • Die tak het reëlings met die munisipaliteit getref om paaltjies op ’n oop stuk grond (park) aan te bring om te verhinder dat vragmotors daar stop.
  • Taklede het ’n derde LPR-kamera geïnstalleer om die buurtwag in die uitvoering van hul pligte te help.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Upington

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering oor veiligheid en dienslewering in die gebied gehou.
  • Die tak het met die SAPD vergader oor ’n moontlike samewerkingsooreenkoms tussen die SAPD Upington en AfriForum.

 Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Griekwastad  

  • Die tak het gereeld munisipale probleme onder die munisipaliteit se aandag gebring. 

Barkly-Wes  

  • Die tak het aandag geskenk aan ’n klagte oor omgewingsbesoedeling.

Delportshoop  

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Taklede het 122 slaggate opgevul. 

Douglas  

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Die tak het as belanghebbende die plaaslike GPF se vergadering bygewoon. 

Kimberley  

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.  
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Taklede het die Burgermonument skoongemaak. 
  • Die tak het skoonmaakprojekte in die stad gehou. 

Prieska  

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Taklede het met die plaaslike munisipaliteit vergader rakende belastingkwessies. 

Vaalharts  

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander rolspelers aan verskeie operasies deelgeneem om die veiligheid van die gemeenskap te verseker. 

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Cradock

  • Die tak se twee noodwatertenks is deur gemeenskapslede benut tydens wateronderbrekings op die dorp.

Oos-Londen

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het 1,5 ton teer gebruik om 13 reuseslaggate in Sherwood op te vul.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Saamtrek oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.

Potchefstroom

  • Die buurtwag se aktiewe lede het talle patrollies aangepak waartydens groot afstande afgelê is.
  • Buurtwaglede het die plaaslike brandweerdiens ondersteun tydens die bestryding van brande, terwyl hulle ook drinkwater aan die brandslaners uitgedeel het. Die buurtwag se hommeltuig is ook met groot sukses ingespan as ’n hulpmiddel.  
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens MVA’s.
  • Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Mooirivier oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.
  • Taklede het ’n skrywe aan die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit gerig oor die R50-heffing op voorafbetaalde elektrisiteit wat onlangs ingestel is.
  • Die buurtwag het opleiding aangebied oor die insameling van inligting.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

MARICO

 

Rustenburg

  • Die tak het ’n verbrokkelde pad herstel op die hoek van Coetzerstraat en Watervallaan in die dorp se industriële gebied. Taklede het 15 ton teer en twee 25 liter-dromme SS60 Bitumen gebruik om slaggate op te vul en te seël.
  • Taklede het voortgegaan met die verf van verkeerstrepe en die herstel van paaie. Altesaam 40 liter wit padverf en 30 liter geel padverf is gebruik om verkeerstrepe in Rustenburg op te knap en te verseker dat paaie in ’n goeie toestand is vir alle gebruikers.

Zeerust

  • Die tak het voortgegaan met die instandhouding van die Burgermonument. Boomtakke is gesnoei en onkruid is verwyder, waarna twee bakkievragte tuinvullis weggery is.

Lichtenburg

  • Die tak het saam met gemeenskapslede verskeie slaggatherstelprojekte aangepak wat hulle onwrikbare toewyding tot padveiligheid bevestig het. Altesaam 21,3 ton teer is gebruik om slaggate in Lichtenburg op te vul.
  • Die buurtwag het twee noemenswaardige suksesse behaal wat die veiligheid van die gemeenskap bevorder het. Hierdie suksesse is ’n bewys van die doeltreffende samewerking tussen die buurtwag en die SAPD om misdaad te bekamp.

 

Brits

  • Die tak het ’n opleidingsessie vir sy lede aangebied oor teenkaping- en patrollieprosedures.

 

Coligny

  • Taklede het voortgegaan met die volhoubare skoonmaakprojek van Voortrekkerstraat. Hierdie projek behels die vee van die pad, rommel optel, die middelmannetjies skoffel, algemene skoonmaakwerk en die wegry van vullis. 39 vragte vullis is weggery en 391 km is afgelê tydens die projek.

 

Hartbeespoort

  • Die tak se brandspan het gehelp om vyf verskillende brande te blus. Dié brande het op verskillende plekke in die omgewing uitgebreek en die span se vinnige optrede het groot skade voorkom.

 

STELLALAND

Vryburg

  • Die tak skrik nie vir ’n bietjie koue nie en het skouer aan die wiel gesit om hul omgewing skoner en veiliger te maak. Meer as ses leë erwe se gras is gesny en vullis verwyder as deel van die tak se poging om misdaad in residensiële areas te beveg. Die tak het ook 3,22 ha gras langs die N12-snelweg gesny om sigbaarheid te verbeter vir motoriste wat hierdie roete gebruik. 

Delareyville

  • Taklede het vier nuwe waarskuwingsborde langs die Henk Joubert-natuurreservaat op die R501 opgerig om motoriste te waarsku teen wilde diere wat oor die pad kan beweeg. Dít volg nadat die Tswaing Plaaslike Munisipaliteit nog geen poging aangewend het om ’n heining om die reservaat op te rig nie. Die tak het selfs ’n dringende skrywe aan die munisipaliteit gerig oor die oprigting van ’n heining nadat nóg ’n motorongeluk voorgekom het nadat ’n sebra die pad gekruis en voor aankomende verkeer beland het.

Christiana en Bloemhof

  • Die onwettige storting van riool is ’n misdaad, daarom sal AfriForum druk op die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit toepas om te verseker dat die besoedeling van die Vaalrivier onmiddellik gestop word.  AfriForum het dié inhoud in ’n dringende skrywe aan die munisipaliteit vervat nadat die burgerregteorganisasie klagtes ontvang het van rou riool wat uit verskeie verstopte mangate naby Bloemhof en in Christiana uitvloei direk in die Vaalrivier in. AfriForum is ook in besit van video’s en foto’s wat met ’n hommeltuig geneem is wat die erns van die besoedeling aandui. Alhoewel die besoedeling tans nie plaasvind nie, is dit egter ’n gereelde probleem dat die mangate oorspoel en riool dan in die rivier beland.

VRYSTAAT

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas

Pellissier

Wilgehof

  • Die buurtwag het 24 patrollies gery waartydens 375 km afgelê is.  
  • Die buurtwag spog tans met 60 aktiewe patrollielede.
  • Die tak het die volgende opleiding vir sy lede aangebied:  
  • Radiospraakprosedures (14 lede)
  • Huis-en-haardbeveiliging (12 lede)
  • Gebiedsbeveiliging (10 lede)
  • Die tak het drie nuwe gedragskodes vir sy buurtwag ontvang. 
  • Vier nuwe lede het by die tak aangesluit.
  • Die buurtwag het blitsig gereageer ná inligting ontvang is oor ’n ongeluk op die N1-snelweg waartydens ’n voertuig beheer verloor en teen ’n woning se muur gebots het. Met hul aankoms op die toneel het buurtwaglede ’n lewelose persoon gevind, maar steeds probeer noodhulp toepas. Nooddienste het die persoon egter kort daarna dood verklaar. Buurtwaglede het die SAPD se forensiese eenheid ondersteun totdat die toneel uiteindelik opgeklaar is.

Uitsig

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied nadat ’n brand by die Nasionale Hospitaal uitgebreek het. Buurtwaglede het gehelp om pasiënte na ander hospitale te verskuif, asook om verkeer binne die hospitaal se terrein te beheer en slegs ambulanse en mediese personeel toe te laat.
  • Buurtwaglede het op ’n noodroep gereageer nadat ’n diefstal by ’n lid se woning plaasgevind het. Die verdagte is ’n blok verder vasgetrek en aan die SAPD oorhandig.
  • Die buurtwag het 335 km in 60 manure afgelê tydens patrollies.
  • Die buurtwag het opleiding aan vyf van sy lede gebied.
  • Drie nuwe lede het by die tak aangesluit.
  • Twee nuwe lede het by die buurtwag aangesluit.

Hospitaalpark

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig; geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord – landelik

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig; geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig; geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

Langenhovenpark

  • Die buurtwag se protospan het die SAPD gehelp met die inhegtenisname van ’n verdagte wat vir moord en verkragting gesoek is. Protospanlede het hul hommeltuig ingespan om met die soektog vanuit die lug te help, terwyl die protospanne van AfriForum se buurtwagte in Bloemfontein-Noord, Rayton-Heuwelsig, Uitsig en Wilgehof ook hand bygesit het sodat ’n soektog gelyktydig in vier groot areas kon plaasvind. Bloemsec en Cam Security het ook later by die soektog aangesluit. Die samewerking tussen die verskillende rolspelers was ’n reusesukses.

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Heilbron

  • Taklede het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
  • Die tak het twee skoonmaakprojekte gehou; die eerste by die ingang na die dorp en die tweede agter die museum.
  • Taklede het ’n tweede noodwatertenk in die dorp opgerig.

Parys

  • Die tak het 77 sakke teer gebruik om 80 slaggate op te vul; die koste daarvan het R9 000 beloop.

Sasolburg

  • Die tak het 1,8 ha gras gesny.
  • Taklede het ’n gebied van 1,8 ha skoongemaak.
  • Die tak het ’n stalletjie beman by ’n nuwe mark wat by Die Veiling gehou word.
  • Sowel tak- as buurtwaglede het by twee geleenthede gehelp om brande te blus.
  • Die tak het onderhoudswerk by die kinderhuis vir seuns op die dorp gedoen deur ’n nuwe pomp vir die watertenk te installeer.
  • Taklede het 16 straatligte vervang; ongelukkig werk slegs vyf daarvan weens ’n probleem met die infrastruktuur.
  • Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
  • Buurtwaglede het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het met ’n operasie begin om deelnemende lede se hekmotors en batterye met ’n unieke kode te merk.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander rolspelers ’n soektog na dwelms by drie skole uitgevoer, terwyl buurtwaglede addisioneel daartoe ook opvoedkundige praatjies by dié skole gelewer het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op talle ongelukstonele deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.

Viljoenskroon

  • Die tak het ’n skrywe aan die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit gerig oor waterlekkasies in die dorp, waarna die lekkasies dadelik herstel is.
  • Die tak het ’n buurtwaginligtingsessie aangebied wat deur 40 mense bygewoon is.
  • Taklede het ’n suksesvolle vergadering saam met munisipale verteenwoordigers gehou. 

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het ’n uiters suksesvolle opleidingsdag saam met die plaaslike boerevereniging aangebied.
  • Die tak het 7,7 ton teer gebruik om 308 slaggate op te vul.
  • Buurtwaglede het ’n kabeldief in hegtenis geneem.

Kroonstad

  • Die tak het uiteindelik hul werkerswaentjie voltooi.
  • Taklede het 26 sakke teer (650 kg teer) gebruik om slaggate rondom Huis Edelkroon op te vul.  

Welkom

  • Die tak het ’n nuwe bestuurspan verkies. 
  • Taklede het 8 ton teer gebruik om slaggate in die Bethlehem-omgewing op te vul.

Soortgelyke plasings