TAKSUKSESSE: MAART 2024

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het 1 453 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 56 vragte vullis weggery.
  • Die tak se tuinspan het altesaam 2 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het 704 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag 13 parke skoongemaak.
  • Taklede help elke Vrydag om die Heldeakker skoon te maak.
  • Die tak se tuinspan het paaie skoongevee (in totaal sowat 6 km).
  • Taklede het vier spoedhobbels oorgeverf.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het verskeie observasieposte opgerig om die onluste met betrekking tot waterprobleme in die dorp (waaronder by die waterwerke) te moniteer.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het ’n totaal van 398 manure met bossiekappers in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 6 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het 64 sakke teer gebruik om vyf slaggate op te vul.
  • Buurtwaglede het danksy die buurtwag se kameras gehelp om ’n arrestasie uit te voer.
  • Die tak se buurtspan het ’n gesteelde Spar-inkopietrollie aan Spar terugbesorg.
  • Die buurtwag het 1 229 km in 103 manure gepatrolleer waartydens 89 patrollies afgehandel is.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het ’n samewerkingsooreenkoms met Uberwachung All Secure Corp gesluit.

Apiesrivier

  • Buurtwaglede het ’n massapatrollie saam met verskeie veiligheidsrolspelers gehou.
  • Die buurtwag het nommerplaatherkenningskameras opgerig.

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die tak se buurtspan het ’n gedeelte van Saxbylaan tussen San Lorenzostraat en Wierdaweg skoongemaak.
  • Buurtwaglede het onwettige borde verwyder as deel van die buurtwag se maandelikse operasies.
  • Die tak se buurtspan het Furman-park skoongemaak, terwyl hulle ook die ondertekening van die MvV tussen AfriForum en die Tshwane-metro bygewoon het.
  • Taklede het Amerikaanse studente verwelkom en hulle meer vertel oor die Afrikaner-selfdoenidee. Die studente het ook die tak se volhoubare herwinningspunt besoek.
  • Buurtwaglede het opleiding ontvang in die basiese hantering van vuurwapens.
  • Die tak se buurtspan het in samewerking met gemeenskapslede ’n skoonmaakprojek op die hoek van Klooflaan, Maitlandlaan en Livingstoneweg naby die Kloofsig-stasie gehou.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander rolspelers aan verskeie operasies deelgeneem.
  • Die tak se buurtspan het Pierre van Ryneveld se straatasblikke leeggemaak.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek gehou op die hoek van Snake Valley- en Trichardtweg voor die Sasol-vulstasie.
  • Taklede het 35 400 m² gras gesny.
  • Taklede het 1 600 kg vullis weggery.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het ‘nsigbaarheidspatrollie gehou waartydens 144 km afgelê is. Daar is spesifiek gefokus om die diefstal van hekmotors teen te werk.
  • Buurtwaglede het 2 127 km in 120 manure afgelê om die Alberton-gebied te beveilig.
  • Die buurtwag het ’n petroljoggie gehelp nadat hy vasgedruk was tussen ’n brandstofpomp en ’n voertuig. Die nooddienste is ook ontbied, waarna die pasiënt na die naaste hospitaal vervoer is.
  • Buurtwaglede het saam met die SAPD aan ’n operasie deelgeneem wat daarop gefokus was om dwelmhandel teen te werk. 444 km is tydens dié operasie afgelê.
  • Die buurtwag het ’n brand help bestry met hulle nuwe brandkar. Die toneel is daarna aan die brandweer en nooddienste oorhandig.
  • Buurtwaglede het die bestuurder van ’n vragmotor ondersteun nadat die vragmotor op die R59-snelweg onklaar geraak het. Die eienaar van die vragmotor is gekontak, asook die nodige insleepdienste.
  • Die tak se veiligheidstrukture het deelgeneem aan die stigting van ’n Oos-Rand-steunkring waar gemeenskapstakke binne die Oos-Rand-streek ’n samewerkingsplatform skep. Hierdie inisiatief stel hulle in staat om hulself te organiseer en hul gesamentlike hulpbronne doeltreffend in noodsituasies binne die streek te benut.
  • Die buurtwag het ’n sigbaarheidspatrollie gehou waartydens 252 km in twee manure in die noorde van Alberton afgelê is. Ondersteuning is gebied op ’n toneel waar huishoudelike geweld plaasgevind het. Die toneel is daarna aan sekuriteitsmaatskappye en die SAPD oorhandig.

Brakpan

  • Die tak het as gasheer opgetree vir ’n uiters suksesvolle vergadering waartydens talle rolspelers in die gemeenskap – insluitend die SAPD, die Ekurhuleni-metropolisie, korrektiewe dienste, nooddienste en munisipale amptenare – byeengekom het om uitdagings in die gemeenskap aan te pak.
  • Die tak se veiligheidstrukture het deelgeneem aan die stigting van ’n Oos-Rand-steunkring waar gemeenskapstakke binne die Oos-Rand-streek ’n samewerkingsplatform skep. Hierdie inisiatief stel hulle in staat om hulself te organiseer en hul gesamentlike hulpbronne doeltreffend in noodsituasies binne die streek te benut.

Benoni

  • Die buurtwag het 2 372 km in 353 manure afgelê om die Benoni-gebied te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan ’n uiters suksesvolle operasie saam met plaaslike veiligheidsrolspelers en die SAPD deelgeneem om drie verdagtes vas te trek. Hierdie operasie is uitgevoer in reaksie op inligting wat ontvang is dat ’n inbraak by die PEP- en Ackermans-winkels in Brakpan beplan is.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike organisasies ’n suksesvolle skoonmaakprojek in Highweg langs ’n aftreeoord gehou om veiligheid te bevorder.
  • Taklede het in samewerking met plaaslike organisasies ’n suksesvolle skoonmaakprojek op die hoek van Atlas- en North Randweg gehou.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike organisasies ’n suksesvolle skoonmaakprojek op die hoek van Tigstraat en Highweg gehou waartydens vullis wat onwettig gestort is verwyder is, terwyl die omliggende area ook ontbos is.
  • Taklede het hul gemeenskapsbeheerkamer, wat talle ANPR-kameras bevat, ingerig en sien uit na die positiewe impak wat die kameramoniteringsprojek op misdaad in die streek gaan hê.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF en ander rolspelers die inwoners van Rynfield ondersteun deur ’n verdagte vas te trek.
  • Die tak se veiligheidstrukture het deelgeneem aan die stigting van ’n Oos-Rand-steunkring waar gemeenskapstakke binne die Oos-Rand-streek ’n samewerkingsplatform skep. Hierdie inisiatief stel hulle in staat om hulself te organiseer en hul gesamentlike hulpbronne doeltreffend in noodsituasies binne die streek te benut.

Boksburg

  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike sekuriteitsmaatskappye op ’n noodroep gereageer nadat vyf verdagtes ’n eiendom in Bardene betree het.
  • Die buurtwag is ontbied na ’n toneel in Impalapark waar twee gemeenskapslede mekaar aangerand het. Nooddienste is ontbied en noodhulp is op hulle toegepas.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in 10de Laan in Ravenswood deur die toneel te beveilig, verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Williamsstraat in Beyerspark. Die toneel is beveilig, verkeer is gereguleer en nooddienste is ontbied.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Bardene deur die toneel te beveilig, verkeer te reguleer en nooddienste te ontbied.
  • Die tak se veiligheidstrukture het deelgeneem aan die stigting van ’n Oos-Rand-steunkring waar gemeenskapstakke binne die Oos-Rand-streek ’n samewerkingsplatform skep. Hierdie inisiatief stel hulle in staat om hulself te organiseer en hul gesamentlike hulpbronne doeltreffend in noodsituasies binne die streek te benut.

Edenvale

  • Die buurtwag het skoonmaakprojekte by verskeie kruisings in Edenvale gehou om veiligheid te bevorder.
  • Buurtwaglede het die gemeenskap gehelp met die verwydering van agt plakkershutte wat onwettig in Illiondale deur immigrante opgerig is.
  • Die tak se veiligheidstrukture het deelgeneem aan die stigting van ’n Oos-Rand-steunkring waar gemeenskapstakke binne die Oos-Rand-streek ’n samewerkingsplatform skep. Hierdie inisiatief stel hulle in staat om hulself te organiseer en hul gesamentlike hulpbronne doeltreffend in noodsituasies binne die streek te benut.

Kempton Park

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en die Ekurhuleni-metropolisie beskerming en sekuriteit gebied tydens die Laerskool Impala se musiekfees.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye ondersteuning gebied ná ’n skietvoorval by die Glen Acres-winkelsentrum. Die toneel is uiteindelik aan die SAPD oorhandig.
  • Die tak se veiligheidstrukture het deelgeneem aan die stigting van ’n Oos-Rand-steunkring waar gemeenskapstakke binne die Oos-Rand-streek ’n samewerkingsplatform skep. Hierdie inisiatief stel hulle in staat om hulself te organiseer en hul gesamentlike hulpbronne doeltreffend in noodsituasies binne die streek te benut.

Springs

  • Die tak se tuinspan het ’n suksesvolle skoonmaakprojek by die Residentia-aftreeoord gehou.
  • Die buurtwag het aan ’n suksesvolle operasie saam met die SAPD deelgeneem om misdaad te bekamp.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Ermeloweg. Die toneel is beveilig, verkeer is gereguleer en nooddienste is ontbied.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem waartydens die plaaslike vullisterrein met begeleiding van die Ekurhuleni-metro deur taklede besoek en geoudit is.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle arrestasie gemaak ná ’n huisbraak.
  • 26 patrolleerders verbonde aan die buurtwag het toneelbeveiliging, verkeerbeheer en skarebeheer toegepas ná ’n groot botsing waarby twee vragmotors betrokke was.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n verdagte vas te trek wat vir moord gesoek is.
  • Die buurtwag is na ’n ongelukstoneel ontbied waar hulle help soek het na ’n nalatige en dronk bestuurder wat weggehardloop het nadat hy vir ’n ongeluk verantwoordelik was. ’n Suksesvolle inhegtenisname is uiteindelik gemaak.
  • Buurtwaglede is na ’n toneel ontbied waar die liggaam van ’n zama-zama ontdek is.
  • Die buurtwag is om hulp gekontak nadat drie voertuie uit ’n sakeperseel gesteel is. Twee voertuie is uiteindelik teruggekry.
  • Buurtwaglede het bystand gelewer op die toneel van ’n PVA (Pedestrian Vehicle Accident).
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied nadat ’n vragmotor in ’n botsing betrokke was en sy vrag verloor het. Die patrolleerders het toneelbeveiliging en skarebeheer toegepas.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in die dorp. Die toneel is beveilig, verkeer is gereguleer en nooddienste is ontbied.

Randfontein

  • Die buurtwag het nege inhegtenisnames help uitvoer, waaronder op onwettige immigrante en zama-zamas.
  • Buurtwaglede het ’n verdagte in hegtenis geneem nadat hy ’n straatlig probeer steel het.

Vanderbijlpark

  • Die tak het 62 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het vyf klagtes rakende waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het drie klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Taklede het ondersoek ingestel na die rioolprobleem in Livingstoneboulevard naby Cool Sound. Volgens die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit moet die rioolpype vervang word.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná dwelmverwante voorvalle by Prime Time en Okki Dokki.
  • Buurtwaglede is ontbied ná ’n inbraak in Chaucerstraat.
  • Die buurtwag het die gebied rondom die Killarney Hotel gepatrolleer aangesien dit ’n brandpunt is met betrekking tot die koop en verkoop van dwelms. Inwoners van daardie omgewing word ook gereeld van hul besittings beroof.
  • Buurtwaglede is na Leipoldtstraat ontbied aangesien ’n dwelmverslaafde mense met ’n ongelisensieerde vuurwapen beroof. Die verdagte is uiteindelik in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het ’n brand op die R42 help blus en sodoende verhoed dat mense se huis en voertuig deur ’n brand vernietig word.
  • Buurtwaglede het die SAPD ondersteun ná ’n inbraak in Wattstraat, asook gehelp om die verdagte in hegtenis te neem.
  • Die buurtwag het hulp verleen by voertuigongelukke op die hoek van Faraday- en Pasteurboulevard, asook in Langenhovenstraat. Nooddienste en die SAPD was ook op die tonele teenwoordig.
  • Buurtwaglede is ontbied na Hertzboulevard ná ’n groot ontploffing by ’n dagga-olie-aanleg. Nooddienste en die brandweer was ook op die toneel.
  • Die buurtwag het ondersoek ingestel ná ’n inbraak by Koos & Mike Motors.
  • Buurtwaglede het gereageer nadat inligting ontvang is dat ’n Nigeriër mense in  Thibaultstraat dreig en aanrand. Die SAPD was ook teenwoordig.
  • Die tak het twee keer gras gesny op die middelman voor Herfsoord-ouetehuis. 13,50 ha gras is in 12 sakke weggery vullisterrein toe.
  • Taklede het gras gesny en skoongemaak by Phoenix-park. 25,27 ha gras is in 120 sakke weggery vullisterrein toe.
  • Die tak het in Herbertstraat skoongemaak. 1,042 ha gras is in agt sakke weggery vullisterrein toe.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek in Jean Websterstraat gehou. 0,762 ha gras is in ses sakke weggery vullisterrein toe.
  • Die tak het skoongemaak in Maxwellstraat. 1,524 ha gras is in ses sakke weggery vullisterrein toe.
  • Taklede het voor die AfriForum-takkantoor skoongemaak en die middelmanne se gras gesny. 180 sakke gras is weggery na die vullisterrein.

MPUMALANGA

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Taklede het die Steiltes Natuurreservaat skoongemaak.
  • Taklede het gras gesny op die verkeerseiland in Ferreirastraat.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Taklede het nóg ’n asblik in die Steiltes Natuurreservaat opgerig.

Witrivier

  • Die buurtwag se herhaler is met 4 m gelig om beter radiokommunikasie teweeg te bring.  

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het R4 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met skoonmaakprojekte in die dorp. 

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Taklede het ’n nuwe noodwaterpunt opgerig.
  • Die tak het ’n addisionele 10 000 liter-watertenk by een van sy huidige noodwaterpunte opgerig.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Dullstroom

  • Die tak het ses sonkragligte in die dorp opgerig.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies saam met die plaaslike GPF in Dullstroom gery.
  • Taklede het twee nuwe AfriForum-asblikke op die sypaadjie naby Anvil Brewery opgerig.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Die tak het verkeerstekens in die dorp vervang en padstrepe oorgeverf.  
  • Die tak het ’n straatnaamprojek van stapel gestuur.
  • Taklede het gehelp om die mediese sentrum skoon te maak.
  • Die tak het die dorp se hoofstraat skoongemaak.
  • Die tak het Solidariteit Helpende Hand se nasorgsentrum vir skoliere skoongemaak.

Warmbad

  • Taklede het Apiesdoring-park skoongemaak.

Phalaborwa

  • Die tak het gemeenskapslede ondersteun ná ’n onlangse watertekort in die dorp.
  • Taklede het noodwaterpunte in die dorp aangebring.
  • Die tak het ’n klagte teen Nersa aanhangig gemaak.

Potgietersrus  

  • Buurtwaglede het ’n brand by ’n kuierplek help blus.
  • Die buurtwag het opleiding vir sy lede aangebied.
  • Buurtwaglede het gehelp om die dorp en sy inwoners veilig te hou tydens optogte, terwyl hulle ook brandende bande verwyder het.

Groblersdal

  • Taklede het ’n memorandum aan die Minister van Justisie oorhandig.
  • Die tak het ’n steunkring op die been gebring.
  • Die tak het skietopleiding vir sy lede aangebied.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering oor veiligheid gehou.

Marble Hall

  • Die buurtwag het ’n steunkring op die been gebring.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n brand by die Rusoord-ouetehuis te bestry.
  • Die buurtwag het ’n brand in een van die dorp se woonbuurte help blus.

Ellisras

  • Buurtwaglede het ’n boom verwyder wat ná ’n storm in die woongebied omgeval het.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan ’n veiligheidsoperasie deelgeneem.

Messina

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n plaasaanval in die omgewing.
  • Die tak het ’n reorganiseringsvergadering gehou.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gehelp met buurtvernuwingsprojekte in La Hoff en Doringkruin.
  • Taklede het die gras van ’n terrein gesny waar ’n pretdraf/pretloop sou plaasvind.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Potchefstroom

  • Die buurtwag se 194 aktiewe lede het 160 patrollies aangepak waartydens 5 580 km in 496 manure afgelê is.
  • Buurtwaglede het Mooirivier Beskerming ondersteun tydens die inhegtenisname van ’n vermeende inbreker.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die JB Marks Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

STELLALAND

Vryburg

  • Taklede het die konsentrasiekampbegraafplaas se gras gesny, nege leë erwe skoongemaak en die hospitaal se gras gesny om dit makliker te maak vir die helikopter om te land. Die skoonmaak van oorgroeide erwe is veral belangrik omrede misdadigers dit as wegkruipplek gebruik.

Bloemhof

  • Die tak het onlangs nuwe toerusting aangekoop om die dorp op te knap én te beveilig. Die tak se bloedrooi trekker gaan nie net die gras op sypaadjies tem nie, maar ook verseker dat geen misdadigers in toegegroeide parke of velde skuil nie.

MARICO

Rustenburg

  • Die tak het voortgegaan met die sny van gras op verskeie plekke in die dorp, waaronder parke. Daar is veral gefokus op die hoek van Kerk- en Krugerstraat, op die hoek van Kruger- en Bultstraat, asook op die hoek van Helen Josephrylaan en Bovenstraat. Taklede het ’n trekker en snyer, asook bossiekappers gebruik om meer as 3,60 ha gras te sny.

Lichtenburg

  • Die buurtwag het in samewerking met die Omgee-buurtwag gesteelde motorfietse teruggevind en onderneem om ’n vlaag motorfietsdiefstalle aan te pak wat al ’n geruime tyd lank in Lichtenburg plaasvind.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Nala Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Heilbron

  • Die tak het gras gesny by die Voortrekkerterrein en die Riemland Museum.
  • Taklede het die dorpsingang vanaf Petrus Steyn opgeknap deur gras te sny en die middelmanne en straatvore skoon te maak.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Parys

  • Die tak het kommentaar ingedien op die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Sasolburg

  • Die tak het 15,8 ha gras gesny.
  • Taklede het ’n stalletjie beman by ’n nuwe mark wat by Die Veiling gehou word.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun op ’n ongelukstoneel.
  • Buurtwaglede het ’n spesiale operasie saam met die SAPD oor onwettige handel aangepak. Verskeie items is gekonfiskeer en by die SAPD ingeboek.
  • Die buurtwag het die SAPD tydens ’n spesiale operasie by ’n padblokkade ondersteun deur die verkeer te reguleer; 45 verkeersboetes is uitgereik en vier onpadwaardige voertuie is ook gekonfiskeer.

Viljoenskroon

  • Taklede het die dorpsingang vanaf Kroonstad opgeknap deur gras te sny en die verkeersirkels skoon te maak.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die Moqhaha Plaaslike Munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het gesamentlik ’n veldtog van stapel gestuur wat behels dat AfriForum-lede ’n aansoek aan die Mangaung-metro kan rig om te kwalifiseer vir korting op munisipale vullisverwyderingsdienste.
  • AfriForum het kommentaar ingedien op die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) van die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit, die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit en die Mohokare Plaaslike Munisipaliteit.
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het inwoners ondersteun tydens grondgrype in die stad.  
  • Die volgende AfriForum-buurtwagte se protospanlede het ook ondersteuning gebied tydens die bogenoemde grondgrype:
  • Pellissier
  • Fichardtpark
  • Hospitaalpark
  • Wilgehof
  • Uitsig
  • Langenhovenpark
  • Rayton-Heuwelsig
  • Die Bloemfontein-lugvleuel was ook teenwoordig om die grondgrype te moniteer.
  • AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte het tydens die grondgrype deurlopend patrollies gery en observasieposte opgerig in samewerking met ander veiligheidsrolspelers soos ITR Security, SecuriForce, Bloemsec, Senforce Security, Fidelity ADT en die SAPD. Die patrollies het vreedsaam verloop en geen ernstige voorvalle is aangemeld nie. Gemeenskapslede was AfriForum goedgesind met skenkings soos verversings.
  • AfriForum het water en koeldrank aan die nooddienste uitgedeel.
  • ’n Taktiese gesamentlike operasionele sentrum (GOS) is opgestel vanwaar die Bloemfontein-lugvleuel die hommeltuie tydens die grondgrype kon beheer.

Pellissier

  • Die buurtwag het ’n verdagte in samewerking met ITR Sekuriteit en die SAPD in hegtenis geneem; die gesteelde goedere is ook teruggevind. Die SAPD ondersoek die saak verder.
  • Buurtwaglede het ses patrollies suksesvol uitgevoer en 900 km afgelê.
  • Die buurtwag het agt nuwe gedragskodes onderteken en die patrolleerders het reeds by die patrollies ingeskakel.
  • 27 nuwe lede het by die tak aangesluit.

Wilgehof

  • Die buurtwag het 103 patrollies gery waartydens 2 000 km afgelê is.
  • Die tak het nuwe toerusting vir sy buurtwag aangekoop, waaronder 18 glimbaadjies, 20 voertuigmagnete en twee koeëlvastebaadjies.  
  • Die buurtwag het 56 aktiewe patrollielede wat die woonbuurt help beveilig.
  • Die buurtwag het opleiding in huis-en-haard-beskerming vir 39 mense aangebied.
  • Buurtwaglede het gehelp om die woonbuurt se verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het drie verdagtes in Haldonweg aangekeer waarna die SAPD ontbied is.
  • Buurtwaglede het ’n brand geblus in samewerking met Bloemsec.
  • Die buurtwag het ’n verdagte in hegtenis geneem wat van Fichardtpark na Montgomery probeer vlug het.
  • Sewe nuwe lede het by die tak aangesluit.

Uitsig

  • Danksy die buurtwag se aktiewe patrollies het inbrake in dié buurt drasties afgeneem. AfriForum se distrikskoördineerder vir die Rosestad het ook positiewe gesprekke hieroor met die SAPD en die Mangaung-metro gevoer.
  • Buurtwaglede het 250 km afgelê tydens patrollies.
  • Die buurtwag het opleiding vir ses van sy lede aangebied.
  • Sewe nuwe lede het by die tak aangesluit.
  • Die buurtwag het 25 brandkrane geïdentifiseer wat op ’n sektorkaart aangebring sal word vir toekomstige gebruik.

Hospitaalpark

  • Die tak het ’n Paaseiersoektog vir die jeug in hulle woonbuurt gereël. Twintig kinders het daaraan deelgeneem.

Bloemfontein-lugvleuel

  • Die lugvleuel het tien verskillende operasies uitgevoer in samewerking met die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsrolspelers.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig; 47 buurtwaglede het die woonbuurt in 23 voertuie gepatrolleer.
  • Buurtwaglede het sewe suksesvolle operasies gehou waartydens talle inhegtenisnames gemaak is.
  • Die tak het vyf dae per week gras gesny by vyf verskillende begraafplase.
  • Taklede het twee keer deur die loop van die maand die gras rondom die museum gesny.
  • Die tak het 2,5 ton teer gebruik om 20 slaggate op te vul, asook om die Hoërskool Witteberg se netbalbane oor te teer.
  • Die tak het sy lede daagliks op hoogte gehou van plaaslikeregeringsakekwessies wat hulle moontlik raak.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.

Brandfort

  • Die tak het skrywes aan die Masilonyana Plaaslike Munisipaliteit gestuur waarin versoek word dat waterlekkasies in die dorp herstel word. Die munisipaliteit het gehoor daaraan gegee en begin om die lekkasies te herstel.

Bultfontein

  • Geen

Frankfort

  • Die tak het voortgegaan met verskeie aksies en hofsake teen die Mafube Plaaslike Munisipaliteit.

Harrismith

  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Kroonstad

  • Die tak het sy lede daagliks op hoogte gehou van plaaslikeregeringsakekwessies wat hulle moontlik raak.
  • ’n Nuwe takbestuur is suksesvol verkies.

Reitz

  • Geen

Steynsrus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die gemeenskap ondersteun deur water aan inwoners te voorsien tydens betogings wat die munisipaliteit verhoed het om basiese dienste te lewer.

Welkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • Die tak het met die Newcastle Plaaslike Munisipaliteit vergader waartydens belangrike gemeenskapskwessies bespreek is. ’n Besparing van R5 miljoen op die elektrisiteitsrekening is onder meer bespreek, terwyl die munisipaliteit ook onderneem het om werksaamhede by die plaaslike vullisterrein tot so ’n mate te verbeter dat ’n persentasie van 80% en hoër tydens oudits daarvan gehandhaaf sal word.

Pongola

  • Die tak het gemeenskapslede gemobiliseer om deel te neem aan die eiendomswaardasieproses. Taklede het gemeenskapsleiers opgelei om seker te maak dat elke proses noukeurig gevolg word.

NOORD-KAAP

Algemeen

  • AfriForum het met die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (CoGTA) vergader oor probleme in die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit. 
  • AfriForum het met die NCSS vergader oor veiligheidsaangeleenthede in die Karoo-streek.

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur om Kamieskroon en omliggende dorpe 24 uur per dag, sewe dae ’n week van drinkwater te voorsien met behulp van drie boorgatpompe wat AfriForum in die omgewing geïnstalleer het.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die dorp se watergehalte voortdurend gemoniteer en voortgegaan om druk op die munisipaliteit toe te pas om skoon drinkwater vir Kakamas se inwoners te verseker.
  • Die tak het ondersteuning gebied aan sekere gemeenskappe in Kakamas wat nie toegang tot drinkwater het nie deur ’n waterkar vir inwoners te reël.

Kathu

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit en die SAPD deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, met water natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het sonkragligte aan Kathu Fire and Rescue geskenk.
  • Taklede het die Hugenotemonument skoongemaak en die kruise wat langs die monument opgerig is herstel.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Taklede het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongehou.
  • Die Grootoog-buurtwag het water vir gemeenskapslede aangery in woonbuurte waar watertekorte voorgekom het.
  • Die tak het voortgegaan om druk op die munisipaliteit toe te pas om drie nuwe waterpompe aan te koop ten einde watervoorsiening van Kenhardt na Keimoes moontlik te maak via ’n waterpyplyn van 90 km.

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die beheerkamer se kameras herstel om te help met veiligheid in die dorp.
  • Die tak het watermonsters by Die Oog, die Kurumanrivier en ’n boorgat geneem. Uitermatige hoë tellings E. coli en fekale kolivorme is in die water teenwoordig en dit hou gevolglik ’n groot omgewingsrisiko vir sowel mens as dier in.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.

Upington

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die tak se eerste nommerplaatherkenningskamera by die kruising van die N10-N14-hoofroete geïnstalleer. Rhino Sekuriteit se beheerkamer gaan dié kamera in samewerking met AfriForum-hoofkantoor en die SAPD moniteer.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die rioolkwessie by die Kalahari-winkelsentrum. Die Groen Skerpioene het ook ondersoek daarna ingestel.
  • Die tak het ’n skrywe aan E. Ntoba, munisipale bestuurder van die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit, gestuur oor die watertekort in Kalksloot, Leseding en Klippunt. Die munisipaliteit het uiteindelik gehoor daaraan gegee en die beskadigde waterpype herstel; gevolglik het inwoners weer water in hul krane.
  • Taklede het gemeenskapsvergaderings oor die waterprobleem in Kalksloot en Klippunt bygewoon, waarna daar uiteindelik opgetree en van die stukkende waterpype herstel is.
  • Die tak het onmiddellike optrede van die Menseregtekommissie (MRK) en die Groen Skerpioene vereis met betrekking tot die rioolstorting in Upington.
  • Taklede het in samewerking met All Oceans 39 bokse vis, hoender en groente aan ’n sopkombuis in Rosedale geskenk.
  • Die tak het advertensieborde aan sy lede uitgedeel wat handel oor die samewerkingsooreenkoms tussen die plaaslike AfriForum-buurtwag en Rhino Sekuriteit se gewapende reaksie-eenheid.
  • Tak- en buurtwaglede het met Rhino Sekuriteit vergader oor veiligheidskwessies in Upington.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

De Aar, Hanover en Britstown (nie tans ’n aktiewe tak nie)

  • Hoewel daar nie ’n aktiewe AfriForum-tak in een van hierdie drie dorpe is nie, vorm al drie tans wel deel van AfriForum se Bo-Karoo-tak. Nadat AfriForum ’n skrywe aan die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit gestuur het rakende die ernstige waterprobleme wat in hierdie drie dorpe ondervind word, is R5,8 miljoen goedgekeur vir die opgradering van een van die opgaarwatertenks.
  • Danksy die tak se volgehoue druk op die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit is nege nuwe boorgatpompe onlangs aangekoop wat binne die volgende maand geïnstalleer sal word om die watervolume vir die gemeenskap te verhoog.

Bo-Karoo 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem. 

Delportshoop 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Taklede het die plaaslike begraafplaas skoongemaak. 
  • Die tak het met die plaaslike munisipale amptenaar vergader waartydens talle kwessies bespreek is, waaronder stukkende straatligte, die toestand van die vullisterrein, brandkrane op die dorp en die haglike toestand van die dorp se paaie. 
  • Die tak het kameras aangekoop wat daartoe sal bydra om die dorp en sy inwoners te beveilig. 

Douglas 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Taklede het met die plaaslike munisipale amptenaar vergader waartydens talle kwessies bespreek is, waaronder stukkende straatligte, die toestand van die vullisterrein, brandkrane op die dorp en die haglike toestand van die dorp se paaie.
  • Die tak het groente en ligte aan die plaaslike ouetehuis geskenk. 

Kimberley 

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Die tak het watertoetse by ’n geakkrediteerde laboratorium laat doen om die gehalte van die dorp se drinkwater te bepaal. 
  • Taklede was betrokke by twee plaaslike skole se atletiekbyeenkomste. 
  • Die tak het gereeld verskillende woonbuurte in die stad skoongemaak. 

Prieska 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Taklede het ligte en groente aan die plaaslike ouetehuis geskenk. 

Vaalharts 

  • Die tak het groente aan die plaaslike ouetehuis geskenk. 
  • Taklede het koeldrank en water aan die plaaslike polisiestasie geskenk. 
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Cradock

  • Die tak se noodwatertenks is deur gemeenskapslede benut tydens wateronderbrekings op die dorp.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Buurtwaglede het die laaste fase van hulle kameraprojek afgehandel en ’n terugspeelvermoë op die kameras geïnstalleer.
  • Die tak vorm deel van die nuutgestigte steunkring wat die volgende areas insluit: Port Elizabeth, Uitenhage en Jeffreysbaai.
  • Taklede en bestuurslede van AfriForum-hoofkantoor het met die Kouga Plaaslike Munisipaliteit vergader oor die uitdagings wat bestaan met betrekking tot die dorp se wateraanlegte en hoe AfriForum hulle hierin kan ondersteun.

Oos-Londen

  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Port Elizabeth

  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het in samewerking met die Walker Drive-buurtwag en verskeie ander veiligheidsrolspelers ’n massapatrollie oor Paasnaweek gehou waartydens  paaseiers aan kinders in die Sherwood-gemeenskap uitgedeel is, asook by ouetehuise.
  • AfriForum se Oos-Kaapse buurtwagte het gehelp om veldbrande in die Sherwood-area in Port Elizabeth te bestry.
  • Die Walker Drive-buurtwag het nuwe brandbestrydingstoerusting ontvang wat gebruik moet word in die bestryding van brande.
  • Die Winterberg-plaaswag en Walker Drive-buurtwag het saamgewerk om ’n gesteelde vragmotor op te spoor, asook om die wegkommotor se bestuurder in hegtenis te neem. Hulle is ondersteun deur die Walker Drive-buurtwag se hommeltuigvlieënier.
  • Die tak vorm deel van die nuutgestigte steunkring wat die volgende areas insluit: Port Elizabeth, Uitenhage en Jeffreysbaai.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n gemeenskapsvergadering bygewoon waartydens hulle ’n spreekbeurt gekry het om oor die gemeenskap se veiligheid te praat.
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering in Colchester bygewoon om meer te verduidelik oor hoe AfriForum se buurtwagte funksioneer; 25 nuwe lede het gevolglik aangesluit.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereorganiseer en vervolgens ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die Winterberg-plaaswag en Walker Drive-buurtwag het saamgewerk om ’n gesteelde vragmotor op te spoor, asook om die wegkommotor se bestuurder in hegtenis te neem. Hulle is ondersteun deur die Walker Drive-buurtwag se hommeltuigvlieënier.
  • Die tak vorm deel van die nuutgestigte steunkring wat die volgende areas insluit: Port Elizabeth, Uitenhage en Jeffreysbaai.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering in Rocklands bygewoon om meer te verduidelik oor hoe AfriForum se buurtwagte funksioneer, asook hoe AfriForum beplan om die gemeenskap te beveilig.

WES-KAAP

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens ’n veiligheidsoperasie ondersteun deur hul hommeltuig in te span.
  • Taklede het aan ’n volhoubare gemeenskapsprojek – Skoon De Doorns – deelgeneem. Dit behels die skoonmaak van die dorp.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • Die Alfa-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Alfa-buurtwaglede het die SAPD en wetstoepassingsowerhede gehelp met die bekamping van misdaad en die vastrek van onwettige stropers deur die beskikbaarstelling van hul hommeltuig.
  • Buurtwaglede het veiligheidsgroepe van Franskraal betrek en sodoende die buurtwag uitgebrei.

Paarl

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het AfriForum verteenwoordig tydens ’n openbare verhoor wat oor die Bela-wetsontwerp gehandel het.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens verskeie veiligheidsoperasies ondersteun deur hul hommeltuig in te span.
  • Die tak het aanhoudend druk op die munisipaliteit uitgeoefen rakende waterbesoedeling in die omgewing en het ook uiteindelik terugvoer ontvang op die interne appèl wat vroeër vanjaar ingedien is.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede is genooi om in samewerking met sekuriteitsmaatskappye gemeenskapsveiligheid te bevorder en sigbaarheid te verhoog in ’n spesifieke area wat onder inbrake deurloop.
  • Die buurtwag het met ander buurtwagte vergader en die gemeenskap se veiligheid bespreek.
  • Die buurtwag het bemarkingstalletjies beman om nuwe lede te werf, terwyl hulle ook bewusmaking onder gemeenskapslede geskep het om hulle by veiligheidsinisiatiewe te betrek.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

George

  • Die Geelhoutboom- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak se jeugvleuel het ’n inligtingsessie oor slange gehou en interessante feite oor slange gedeel.
  • Die tak het AfriForum verteenwoordig tydens ’n openbare verhoor wat oor die Bela-wetsontwerp gehandel het. Hulle het ook kommentaar daaroor ingedien.
  • Die tak het sowel ’n buurtwagleier- as ’n operasionele spanleierkursus vir sy lede aangebied.
  • Die tak het ’n #VegEnBou-dag aangebied waartydens verskeie sprekers opgetree het.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het gehelp om ’n brand by die plaaslike vullisterrein te bestry.

Kaap Agulhas

  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.

Kannaland

  • Die Kannaland-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Knysna

  • Die tak het die tweede fase van sy deurlopende herstelprojek voltooi.
  • Die tak het sowel ’n buurtwagleier- as ’n operasionele spanleierkursus vir sy lede aangebied.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het AfriForum verteenwoordig tydens ’n openbare verhoor wat oor die Bela-wetsontwerp gehandel het. Hulle het ook kommentaar daaroor ingedien.
  • Die tak het ’n veiligheidswaardering en ’n gebeurlikheidsbeplanningsessie onder leiding van genl.maj. Roland de Vries aangebied.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Taklede het bome gesnoei en strate skoongemaak.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD aan ’n massapatrollie in Barrydale deelgeneem.

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig. Buurtwaglede het heelparty patrollies op hul eie hanteer, maar het ook groot suksesse behaal tydens hul maandelikse operasie saam met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye.
  • Die tak het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Hulle het talle suksesse behaal, waaronder inhegtenisnames wat verband hou met veral inbrake wat in die gebied toeneem.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens ’n operasie ondersteun. Plaaswaglede het die SAPD veral gehelp om bendegeweld te bekamp.
  • Taklede het voortgegaan om parke skoon te maak. Dwelmgebruikers en prostitute neem egter toe in die Bellville-omgewing; sakke vol spuitnaalde word maandeliks in parke opgetel wat ’n groot gesondheidsrisiko vir veral kinders inhou.
  • Die tak het die Herbert Street Special School ondersteun deur ’n boorgat te laat sink, ’n waterpomp te installeer, ’n watertenk op te rig én krane by klaskamers aan te bring sodat daar water naby al die klasse is. ’n Opvolgprojek behels die aanlê van tuine by die skool sodat die skool selfvoorsienend kan raak met betrekking tot hul voedingskema om hul leerders daagliks van kos te voorsien.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opknappingsprojek deelgeneem waar hulle parke skoonmaak deur die gras te sny en vullis op te tel. Dit sluit die nuwe parke langs die Van Riebeeck-hoofingang in.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Buurtwaglede het ook gereageer op noodkameras in die area.
  • Die Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Hulle het ook gereageer op noodroepe uit die gemeenskap.
  • Die tak het die Swartland Plaaslike Munisipaliteit geluk gewens nadat dié munisipaliteit aangewys is as sowel die beste klein munisipaliteit in die land as die beste algehele munisipaliteit in Suid-Afrika.
  • Taklede het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die Malmesbury-buurtwag het sy hommeltuig aangewend om hulp te verleen aan die SAPD en ander statutêre magte tydens ’n optog in die dorp; die betogers was ontevrede oor sekere dienste in die dorp.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.
  • Taklede het kommentaar ingedien op die munisipaliteit se geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak was in gesprek met en het skrywes gerig aan die provinsiale polisiekommissaris oor die tekort aan personeel by en swak dienslewering deur die Klawer-polisiestasie.
  • Die plaaswagte is deur die SAPD gekontak ná ’n plaasaanval buite Lutzville om ondersteuning te bied met die beveiliging van die toneel en die opspoor van die verdagtes. Groot deurbrake is in hierdie verband gemaak.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gery én observasieposte opgerig om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het AfriForum in Saldanha verteenwoordig tydens ’n openbare verhoor wat oor die Bela-wetsontwerp gehandel het. Hulle het ook kommentaar daaroor ingedien.

Soortgelyke plasings