TAKSUKSESSE: APRIL 2023

NOORDSTREEK

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Algemeen

  • Al AfriForum se Pretoria-Noord-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het voortgegaan met talle van sy projekte.
  • Taklede het 1 053 swartsakke vullis opgetel en 31 bakkievragte rommel weggery.
  • Die tak het algemene jaarvergadering gehou.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.

Apiesrivier

  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het 171 300 m2 gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het 52 geelsakke rommel weggery.
  • Die tak se buurtspan het die bossiekapper 417 manure gebruik deur die loop van die maand.
  • Die tak se buurtspan het 43 sakke teer (25 kg) gebruik om slaggate op te vul.
  • Die tak se buurtspan het verskeie padstrepe, stoptekens en voetoorgange geverf.
  • Die tak se buurtspan het ses stormwaterdreine skoongemaak.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel.
  • Taklede het gehelp om ’n boom te verwyder wat die pad versper het.
  • Die buurtwag het gereeld sigbaarheidspatrollies gehou.

GROTER PRETORIA-SUID

Algemeen

  • Die volgende AfriForum-buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem: Centurion, Hennopsrivier, Pionier en Pretoria-Wes.

Centurion

  • Die tak het ’n sigbaarheidspatrollie gehou om bewusmaking rondom veiligheid in die gemeenskap te verhoog.
  • Die tak se buurtspan het Trichardtweg skoongemaak, asook rondom die Sasol-vulstasie naby Snake Valleyweg.
  • Die tak maak goeie vordering met hul herwinningsprojek wat ook ten doel het om onwettige vullissorteerders uit die gemeenskap te hou.
  • Taklede het Furman-park skoongemaak as deel van die neem-’n-park-aan-ooreenkoms met die Tshwane-metro.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die plaaslike GPF, Monitor Net en Scorpion Reaksie ondersteuning gebied tydens ’n kapingsvoorval.
  • Die tak se buurtspan het gehelp om die Voortrekkermonument op te knap vir ’n groot Steve Hofmeyr-optrede.
  • Taklede het slaggate opgevul tydens AfriForum se nasionale massapatrollie.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Vanderbijlpark

  • nadat ’n kragopwekker in Macowenstraat gesteel is. Die gesteelde kragopwekker is teruggevind en drie verdagtes is aangekeer.
  • Buurtwaglede het ’n brand by Martinus Pretorius-woonstelle in Faradayboulevard help blus. Die buurtwag het ook nooddienste ontbied.
  • Buurtwaglede het ’n brand by ’n huis in Fordstraat help blus. Die buurtwag het die brandweer, asook nooddienste en die SAPD ontbied.
  • Die buurtwag het tydens ’n patrollie twee verdagtes vasgetrek wat kabels gesteel het en hulle daarna aan die SAPD oorhandig.
  • Die buurtwag het hulp ontbied nadat hulle hommeltuig ’n verdagte persoon op die dak van Pick n Pay in Macowenstraat waargeneem het. Nadat die persoon veilig van die dak verwyder is, is hy in hegtenis geneem en aan die SAPD oorhandig.
  • Die buurtwag het hulp ontbied nadat twee verdagtes ’n erf in Curieboulevard betree het. Die verdagtes het ’n lemmetjiesdraad oopgebuig en oor die muur gespring, maar kon ongelukkig nie vasgetrek word nie.
  • Die buurtwag het hulp ontbied nadat ’n verdagte by ’n woning in Albertlaan ingebreek het. Die verdagte is vasgetrek en aan die SAPD oorhandig.  
  • Die tak het 82 klagtes rakende kragonderbrekings ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het agt klagtes rakende waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het vyf klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • lede het skoongemaak op die hoek van Rossini- en Frikkie Meyerboulevard
  • Die tak het gras gesny aan die agterkant van Herfsoord-ouetehuis, asook skoongemaak ná die snyery.
  • Taklede het skoongemaak om die basis en al die vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het gras gesny rondom die substasie in Carpentierstraat, asook skoongemaak ná die snyery.
  • toerusting skoongemaak nadat hulle dit gebruik het.
  • Die tak het gras gesny in die veld rondom die DBV, asook skoongemaak ná die snyery.
  • Taklede het die speelpark in Parsonsstraat oorgeverf en dié projek suksesvol afgehandel.          
  • Die tak het gras gesny in Pasteurboulevard en voor Herfsoord-ouetehuis skoongemaak.
  • Taklede het gras gesny in Adderleystraat, asook skoongemaak ná die snyery.      

Westonaria

  • Die tak 25 klagtes rakende kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak 43 klagtes rakende waterprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 41 klagtes rakende rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het 4 klagtes rakende vullisverwydering ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.

OOS-RAND

Alberton

  • Die tak het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur nooddienste te ontbied en die toneel te beveilig. Pasiënte is na die Mulbarton Hospitaal vervoer.
  • Buurtwaglid het op ’n toneel in Alrode Multipark afgekom waar ’n tabakpakhuis aan die brand geslaan het. Die brandweer is gevolglik ontbied en die brand is vinnig geblus.
  • Buurtwaglede het ’n persoon wat brandwonde opgedoen het ondersteun deur noodhulp toe te dien.
  • Die tak het ’n familie ondersteun deur ambulansdienste te ontbied ná die afsterwe van ’n familielid.
  • Die tak het ’n lid van die gemeenskap ondersteun ná ’n mesaanval op Swartkoppiesweg. Nooddienste is ontbied en die persoon is na die Germiston Hospitaal vervoer.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die R59-snelweg. Nooddienste is ontbied en die toneel is beveilig.

Brakpan

  • Die tak het ’n uiters suksesvolle taktiese skietopleidingsdag aangebied.
  • Taklede het in groot getalle in samewerking met talle plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike rolspelers die gemeenskap ondersteun tydens ’n watertekort deur hul eie watersleepwaens te stuur om diegene wat in Brakpan geraak is, te help.

Benoni

  • Taklede het gras gesny en skoongemaak rondom die helikopterlandingstrook by die Linmed Hospitaal.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike rolspelers gehelp om twee bakkievragte vol onwettige naamborde op die Groot Noord-pad te verwyder.
  • Taklede het in samewerking met plaaslike rolspelers gehelp om onwettige naamborde op kleinhoewes naby Benoni te verwyder.
  • Taklede het in samewerking met gemeenskapslede gras gesny en skoongemaak op die Groot Noord-pad tussen 4de- en 5de Laan.
  • Die tak het saam met plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Boksburg

  • Die tak het ondersoek ingestel op ’n toneel in Impala Park waar ’n vrou selfmoord probeer pleeg het. Nooddienste is ontbied en het die vrou verder behandel.
  • Taklede het ’n bejaarde vrou ondersteun nadat sy in Marketstraat beroof is en op ’n sypaadjie geval en haarself beseer het. Nooddienste is ontbied en het die vrou na die Tambo Gedenkhospitaal vervoer.

Edenvale

  • Die tak het die vleiland in Illiondale skoongemaak. Sommige skoliere het ook hand bygesit as deel van hul gemeenskapsdiens.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek gehou waartydens twee brûe skoongemaak is wat met rommel bestrooi was.
  • Taklede het slaggate opgevul in die sentrale sakekern.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Lombardy-Oos gehou nadat talle slaan-en-gryp-voorvalle in die gebied aangemeld is.
  • Taklede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Germiston

  • Die tak het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Maroelaweg in Primrose deur die verkeer te reguleer en die toneel te beveilig. Nooddienste is ontbied, waarna hulle die toneel oorgeneem het.
  • Buurtwaglede het gereageer op inligting dat kabeldiefstal besig was om plaas te vind. Met die buurtwag se aankoms het die verdagtes reeds van die toneel gevlug, maar wel hulle toerusting agtergelaat.
  • Die buurtwag het patrollievoertuie voorsien tydens die nasionale swemgala wat by die Dinwiddie-swembad gehou is.
  • het ’n toeskouer by die Delville-swembad ondersteun nadat haar handsak gesteel is. Die vrou se handsak is later teruggevind en slegs haar motorsleutels en selfoon was vermis. Buurtwaglede het die voertuig opgepas totdat die eienaar die voertuig kom haal het.
  • Die tak het sy hulp aangebied nadat die Elsburg-substasie onder vandalisme deurgeloop het.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike rolspelers aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het die gemeenskap in Dinwiddie gehelp om bourommel, sakke vullis en takke uit Buxton-park te verwyder.

Kempton Park

  • Taklede het slaggate op die hoek van Dann- en Dufftonweg in Glen Marais opgevul.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD aan Operasie Masakhane deelgeneem tydens AfriForum se nasionale massapatrollie.
  • Die tak het 36 sakke teer gebruik om slaggate in Allen Grove op te vul.
  • Taklede het aan AfriForum Jeug se Moeder Aarde-projek deelgeneem en ’n groentetuin by die Môrester-kinderhuis aangelê.

Springs

  • Die buurtwag het ’n operasie gehou en ’n gebeurlikheidsplan saamgestel om hulle SNIPR-kameras te moniteer.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD aan ’n suksesvolle operasie deelgeneem waartydens talle voertuie deursoek en arrestasies gemaak is.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel. Buurtwaglede het die toneel beveilig, die verkeer gereguleer en nooddienste ontbied. 

MPUMALANGA

Bethal

  • Die tak se waterpunt kan deur die gemeenskap gebruik word indien die dorp se watertoevoer onderbreek word.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp gediens.
  • Taklede het nog groente in die gemeenskapstuin aangeplant wat ten doel het om verskeie organisasies te ondersteun.
  • Die tak het 40 kg groente via die gemeenskapstuin geoes en dit aan Palm-oord, ’n tehuis vir bejaardes, geskenk.
  • Taklede het talle slaggate met doleriet opgevul
  • Taklede het talle slaggate met teer opgevul. Meer as 200 sakke teer is tydens dié projek gebruik.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Taklede het die GOP-vergaderings bygewoon en druk op die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor wanbesteding.
  • Die tak het druk op die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die toestand van vullisterreine in die omgewing.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike wetstoepassers gehelp om onwettige plakkers en dwelmsmouse te verwyder.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het gehelp met operasies op die N12-snelweg om voorvalle te verhoed waartydens skerp voorwerpe op snelweë geplaas word.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het ondersteuning gebied nadat onluste op die dorp uitgebreek het.
  • Die Delmas Valke- en Eloff-buurtwag het kabeldiewe vasgetrek.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het saam met die SAPD verskeie operasies gedryf teen dwelmsmouse.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Middelburg

  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur om die dorp se watergehalte te moniteer deur die drinkwater deurlopend te toets.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Standerton

  • Die tak het nuwe mangatdeksels gemaak en dit op die nodige plekke in die dorp geplaas.
  • Taklede het Lekwa Clean Up Crew gehelp tydens skoonmaakprojekte in die dorp.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Piet Retief

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Ermelo

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het operasies gedryf om kabeldiefstal te beperk en te verhoed tydens beurtkrag.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die tak het ’n nuwe plaaswag gestig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n voorlegging aan die munisipale bestuurder gestuur.
  • Die tak is besig met onderhandelings om as hoofborg op te tree by die B’s Fees.
  • Die tak het aan grondeise gewerk.

Pietersburg

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak beplan om ’n buurtwag te stig.
  • Taklede het ’n trolliepatrollie gehou.

Tzaneen

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het help soek na ’n vermiste persoon.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery.
  • Buurtwaglede het gehelp om kabeldiefstal te bestry.

Messina

  • Buurtwaglede het gereeld patrollies gery.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel beplan om ’n jeugkamp aan te bied.
  • Die tak beplan ’n fondsinsameling.
  • Die tak het voortgegaan met sy sesmaandeprojek.

Thabazimbi

  • Die tak het met die munisipale bestuurder en raadslede vergader.
  • Die tak beplan ’n wateroplossingsprojek.
  • Taklede beplan om ’n slaggathersteldag saam met die gemeenskap van Kwaggasvlakte te hou.

Marble Hall

  • Tak- en buurtwaglede het 93 patrollies deur die loop van die maand gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n huisbrand te blus.

Warmbad

  • Die tak het voortgegaan met sy volhoubare projek om parke in die dorp skoon te maak.

Potgietersrus

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Nylstroom

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Naboomspruit

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het water na inwoners aangery tydens ’n waterkrisis.
  • Die tak het gehelp met worsbroodjieverkope tydens ’n fondsinsameling.
  • Die buurtwag het ’n arrestasie uitgevoer nadat twee gesteelde AfriForum-kameras teruggevind is.

Groblersdal

  • Taklede het groente- en vrugtebome by Huis Utopia aangeplant.
  • Die tak het ’n veiligheidsdag vir gemeenskapslede aangebied.
  • Die tak het ’n volhoubare noodwaterpunt by die CVO Gromar Landbou-akademie van stapel gestuur.

SENTRAALSTREEK

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die tak het in samewerking met die Nala Plaaslike Munisipaliteit, Trots Bothaville, die gemeenskap en die Mieliehoofstad Sakekamer die kruising by President- en Symondsstraat met plaveistene herstel. Taklede het ook geld begin insamel om voort te gaan met dié projek.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery, terwyl hulle ook aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem het.

Parys

  • Die tak het weekliks met die munisipaliteit vergader en aangehou om druk op hulle te plaas oor die voortslepende water- en kragkrisis in die dorp.
  • Die tak het klagtes van inwoners oor water- en kragonderbrekings hanteer, waarna taklede dit weer by die munisipaliteit aangemeld het.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Sasolburg

  • Die tak het 36 ha gras gesny en 3 ha skoongemaak.
  • Die tak het druk op die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit geplaas om teer aan te koop ten einde slaggate op te vul.
  • Die tak het ’n suksesvolle herfsmark in die Hoëveldse Tuine gehou. Die tak hou ook elke laaste Saterdag van die maand hier ’n mark.
  • Die tak het ’n sangkompetisie vir laerskool- en hoërskoolleerders van stapel gestuur wat by die mark plaasvind.
  • Die buurtwag het gereeld patrollies gery en die SAPD met verskeie operasies ondersteun, waaronder onwettige immigrante, dronk op straat, dwelmverwante sake en motorongelukke.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het die SAPD van behoorlike ligte vir die aanklagtekantoor voorsien.
  • Buurtwaglede het substasies en groenstroke gepatrolleer tydens beurtkrag en kragonderbrekings.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • Die AfriForum-buurtwagte in Bloemfontein het in hul onderskeie gebiede aan dié burgerregteorganisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en ander veiligheidsinstansies uitgevoer. Altesaam 126 AfriForum-lede en rolspelers in Bloemfontein het aan die patrollie deelgeneem en 2 921 km in 85 voertuie afgelê. Die patrollie het omstreeks 20:00 begin en tot 06:00 die volgende oggend voortgeduur.
  • AfriForum Jeug se takke in Bloemfontein het in samewerking met Akademia ’n groentetuin by Engo se jeugsorgsentrum gevestig as deel van Internasionale Moeder Aardedag.

Uitsig

  • Die buurtwag het kragte met inwoners, verskeie woonbuurtverenigings en die DA saamgespan om die Memoriam-begraafplaas skoon te maak. Hulle het onder meer gras gesny, bossies uitgetrek, grafstene afgevee en rommel opgetel. Dít volg ná ’n vergadering vroeër vanjaar met hierdie rolspelers waartydens daar gefokus is op die beplanning van ’n gesamentlike skoonmaakprojek by die Memoriam-begraafplaas. Die hoofdoel daarvan was om saam te staan om die netheid te bevorder en om gemeenskapslede wie se geliefdes daar begrawe is die geleentheid te gee om hul grafte skoon te maak.
  • Die buurtwag het inligting ontvang dat ’n persoon halflyf oor ’n heining hang op die hoek van Memoriamweg en Generaal Brandrylaan. Die patrolliespan het gereageer en na die toneel gehaas om ondersoek in te stel. Danksy AfriForum se nasionale radionetwerk het die organisasie se beheerkamer die SAPD na die toneel ontbied.
  • Uitsig/Sektor 4 se brandspan het gevolglik hulp verleen.

Pellissier

  • Die buurtwag het die paashaas gehelp om paaseiers aan inwoners uit te deel.
  • Buurtwaglede is via hulle WhatsApp-brandgroep van ’n veldbrand in kennis gestel op die plaas Brandkop. Die buurtwag se brandspan is geaktiveer en het ondersteuning gebied.

Bloemfontein-Noord

  • Die buurtwag is in kennis gestel van ’n inbraak by ’n selfoontoring en dat die verdagtes nog op die perseel teenwoordig was. Buurtwaglede het onmiddellik gereageer en ondersteuning gaan bied. Drie verdagtes is in hegtenis geneem en die SAPD ondersoek ook inbrake by ander selfoontorings.

Bloemfontein-Noord-Landelik

  • Buurtwaglede is via hulle WhatsApp-brandgroep van ’n veldbrand in kennis gestel op die plaas Brandkop. Bloemfontein-Noord-Landelik se brandspan het ondersteuning gebied.

Wilgehof

  • Buurtwaglede is via hulle WhatsApp-brandgroep van ’n veldbrand in kennis gestel op die plaas Brandkop. Die buurtwag se brandspan het hulp verleen.

Fichardtpark

  • Die buurtwag het inligting ontvang dat twee verdagte persone binne ’n skoolterrein rondbeweeg. Buurtwaglede het saam met verskeie veiligheidsrolspelers en die SAPD ondersteuning op die toneel gebied en albei verdagtes in hegtenis geneem, onder meer vir die besit van dwelms.

HOOGLAND

Algemeen

  • Die volgende dorpe se AfriForum-buurtwagte het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem:
  • Bethlehem
  • Bultfontein
  • Winburg
  • Harrismith
  • Steynsrus
  • Ventersburg
  • Odendaalsrus
  • Welkom-distrik
  • Die AfriForum-buurtwagte in die Hoogland-distrik (Oos-Vrystaat) het in hul onderskeie gebiede aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is in samewerking met die SAPD, nooddienste, verskeie sekuriteitsmaatskappye, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en ander veiligheidsinstansies uitgevoer. Altesaam 44 AfriForum-lede en 31 ander rolspelers het aan die patrollie deelgeneem en 1 242 km in 42 voertuie afgelê. Die patrollie het omstreeks 20:00 begin en tot 08:00 die volgende oggend geduur. Die buurtwagte het hulp met verskeie voorvalle verleen en drie voorvalle is suksesvol hanteer.

Bethlehem

  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek voltooi as deel van die organisasie se #MyWoonbuurt-kompetisie. 1,2 ton teer (50 sakke) is gebruik om slaggate in Barry de Koklaan in die Panorama-woonbuurt op te vul.

Frankfort

  • Die tak het voortgegaan met ’n slaggatherstelprojek as deel van AfriForum se #MyWoonbuurt-kompetisie wat ten doel het om gemeenskappe te help om hul woonbuurte op te knap. Die tak het 500 sakke teer gebruik om slaggate in Beckwithstraat op te vul. Dié sakke teer het altesaam meer as 12 ton geweeg.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die buurtwagte in Songloed en Hartbeesfontein, asook die Hartbeesfontein-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Hartbeesfontein-buurtwag het die SAPD gehelp om R95 000 se boetes tydens ’n padblokkade uit te reik.

Potchefstroom

  • Die tak het 9 m² se slaggate op die hoek van Paryslaan en Lindenstraat met 40 sakke teer opgevul.
  • Taklede het die middelman teenaan die N12-snelweg skoongemaak.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 192 buurtwaglede het 161 patrollies in 578 manure voltooi en 5 190 km afgelê.
  • Die buurtwag het ’n uiters geslaagde skietdag vir 30 deelnemers aangebied.
  • Buurtwaglede het gehelp met die arrestasie van ’n selfoondief.

Stilfontein

  • Die plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks kwessies soos water- en rioollekkasies by die munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery en aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

MARICO

Algemeen

  • 254 patrolleerders vanuit die Marico-distrik het met 250 voertuie 8 253 km afgelê. Die volgende dorpe se AfriForum-buurtwagte het aan die organisasie se nasionale massapatrollie deelgeneem:
  • Hartbeespoort
  • Koster
  • Coligny
  • Brits
  • Rustenburg
  • Mooinooi
  • Zeerust

Brits

  • Die buurtwag het inligting ontvang van ’n moontlike watermeterdiefstal in Kerkstraat. Buurtwaglede het onmiddellik gereageer en na die toneel gehaas; hulle het een van die verdagtes vasgetrek en aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD, sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies twee operasies op die N4-snelweg naby Brits van stapel gestuur. Operasie 1 het ten doel gehad om voorvalle waartydens skerp voorwerpe in die pad geplaas word, asook kapings wat onlangs op die N4-snelweg naby Brits begin toeneem het, aan te pak. Spanne is opgedeel en op strategiese punte geplaas met ’n lugvleueloperateur in elke span met die doel om misdadigers wat probeer om misdade te pleeg vas te trek. Dié operasie het sonder enige voorvalle verloop. Operasie 2 het afgeskop met spanne wat weer op strategiese punte geplaas is, elk met ’n lugvleueloperateur. Kort nadat almal op plek was, het AfriForum-lede ’n gewapende rooftog op ’n voertuig naby die tolhek aangemeld. Reaksiespanne is onmiddellik na die toneel gestuur en die verdagtes het in die bosse langs die tolpad gevlug. Die lugvleuel is ontplooi en die verdagtes is binne enkele minute opgespoor en vasgetrek. Die verdagtes is aan die SAPD oorhandig en verdere ondersoeke sal volg.
  • Die buurtwag het inligting ontvang oor twee verdagtes wat besig was om ’n watermeter by ’n huis in Kerkstraat te steel. Buurtwaglede het onmiddellik gereageer en hulle na die toneel gehaas. Die eienaar van die perseel het die verdagtes geïdentifiseer en een van hulle is deur die buurtwag vasgetrek en aan die SAPD oorhandig. Die tak bedank graag al sy lede en die sekuriteitsmaatskappye wat betrokke was.

 

Rustenburg

  • Die tak het meer as 3 ha gras gesny. Taklede het veral gefokus op die hoek van Bovenstraat en Helen Josephrylaan. Die tak nooi alle inwoners van die gebied uit om betrokke te raak by hierdie inisiatief en om saam te werk aan die skep van ’n skoner en gesonder omgewing vir almal. Hulle moedig alle belangstellendes aan om by die tak aan te sluit en betrokke te raak by hierdie belangrike projekte.

STELLALAND

Algemeen

  • Die AfriForum-buurtwagte in Bloemhof, Christiana, Delareyville, Biesiesvlei en Vryburg het in samewerking met die SAPD, die plaaslike GPF’s, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede uitgevoer om polisiëringsigbaarheid te skep. Die aksie het omstreeks 16:00 begin en tot 04:00 die volgende oggend voortgeduur. Altesaam 102 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en 2 231 km in 61 voertuie afgelê. Die hoofdoel van die patrollie was om sigbaarheid in die onderskeie gebiede te verhoog en sodoende misdaad teen te werk.

Christiana

  • Die tak het ’n projek van stapel gestuur om slaggate op te vul as deel van die #MyWoonbuurt-kompetisie wat gehou is om gemeenskappe te help om hul woonbuurte op te knap. Tydens die projek het vrywilligers Pretorius-, Robyn- en Presidentstraat opgradeer en meer as 50 slaggate opgevul waartydens daar meer as 300 sakke teer gebruik is. Die tak en sy jeugvleuel het die projek saam met die Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit en verskeie ander rolspelers aangepak. Lede kon stem vir die probleme wat dadelik aandag verlang – slaggate het die meeste stemme ontvang en daarom het die tak besluit om hierdie projek van stapel te stuur.

Vryburg

  • Die tak het voortgegaan met een van sy volhoubare projekte wat behels om die Vryburg-konsentrasiekamp te onderhou deur gras te sny, rommel op te tel en bome te snoei. Hierdie konsentrasiekamp is ’n belangrike erfenisgebied en moet netjies gehou en bewaar word. Taklede het ook begin om leë erwe in woongebiede skoon te maak aangesien oorgroeide bosse skuiling vir misdadigers bied en daarom ’n veiligheidsrisiko vir die gemeenskap inhou. Die gras is gesny en groot struike is verwyder. Hierdie erwe word tans daagliks skoongemaak.

KWAZULU-NATAL

Newcastle

  • Die tak het ’n dringende vergadering met die munisipale bestuurder gehou om die voortslepende rioolbesoedeling in die dorp te bespreek. Die munisipaliteit wil met AfriForum saamwerk om ’n haalbare aksieplan/plan van optrede daar te stel.

Vryheid

  • Die tak het ’n skrywe aan die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit gestuur waarin geëis word dat slaggate in Emmetstraat opgevul word. Die tak het ook gedreig om met ’n proses te begin om die koste teen die munisipaliteit te verhaal. Die munisipaliteit het egter gehoor gegee en die slaggate opgevul.
  • Die buurtwag het begin om gevorderde nommerplaatherkenningskameras te installeer wat deel uitmaak van ’n stelsel wat in die hele Noord-Natal funksioneer.

Amanzimtoti

  • Die tak het ’n stalletjie beman om bewusmaking te skep rondom rioolbesoedeling; die rioolbesoedelingspetisie het byna 400 handtekeninge gekry. Die tak beoog om namens sy lede in Amanzimtoti ’n klagte teen die eThekwini-metro in te dien met betrekking tot die rioolbesoedeling in Amanzimtoti en die Winklespruit-gebied.

SUIDSTREEK

NOORD-KAAP

Bo-Karoo

  • Die buurtwag se jeugvleuel het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Orania-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Delportshoop

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kimberley

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Kimberley-buurtwag en verskeie plaaslike rolspelers het die SAPD tydens betogings ondersteun om verskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Kimberley-buurtwag het opleiding vir sy lede aangebied.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het vullis verwyder in dele van die stad wat deur die munisipale werkers se staking geraak is.

Prieska

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Vaalharts

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n vergadering met die munisipale bestuur belê oor bekommernisse vanuit die gemeenskap.
  • Die tak het die Klein Kerkie-monument opgeknap.

Warrenton

  • Die tak het ’n gemeenskapsvergadering gehou om die verval in die dorp te bespreek.
  • Die tak het verskeie watermonsters geneem om die gehalte van die water in die dorp te bepaal.

Kamiesberg

  • Die tak het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het spoedwalle voor die Hoërskool Kakamas skoongemaak en dit wit en geel geverf.
  • Die tak het druk op die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit toegepas omdat die dorp se watersuiweringsaanleg nie op standaard is nie. ’n Geakkrediteerde watertoetssentrum (PathCare Upington) het bevind dat E. coli in die drinkwater teenwoordig is. Die munisipaliteit het gevolglik R10,9 miljoen beskikbaar gestel vir die opgradering van die watersuiweringsaanleg in Kakamas.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat taklede in die parkeerterrein geplant het, met water natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak is besig om die radiotoring na die brandweerstasie te verskuif ten einde opvangs te verbeter en radionetwerke beter en meer doelgerig te laat funksioneer vir sowel die gemeenskap as die brandweer.
  • Die tak het aan die jaarlikse GOP-projekbeplanning deelgeneem deur kommentaar op te stel om in te dien op die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en tuinbeddings skoongemaak.
  • Die tak het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongehou.
  • Die tak het aan die jaarlikse GOP-projekbeplanning deelgeneem deur kommentaar op te stel om in te dien op die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.

Upington

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n skrywe aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se munisipale bestuurder gestuur oor die riool wat naby die Kalahari-winkelsentrum uitvloei.
  • Die tak het watertoetse uitgevoer en by PathCare Upington ingedien om te toets. PathCare het bevestig dat daar wel E. coli in die watermonsters teenwoordig is.
  • Die tak het met die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit vergader oor die geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP); daar is veral gesels oor die begroting en uitgawes van Upington.
  • Die tak het gereël én betaal dat een van die hoofrioolpyplyne in die industriële gebied van die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit oopgegrou en skoongemaak word.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland               Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

OOS-KAAP

Aliwal-Noord

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale vullisterreinouditprojek deelgeneem.

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Cradock

  • Die tak het aan die jaarlikse GOP-projekbeplanning deelgeneem deur kommentaar op te stel om in te dien op die Inxuba Yethemba Plaaslike Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Gamtoosvallei

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan die jaarlikse GOP-projekbeplanning deelgeneem deur kommentaar op te stel om in te dien op die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het aan die jaarlikse GOP-projekbeplanning deelgeneem deur kommentaar op te stel om in te dien op die Kouga Plaaslike Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Oos-Londen

  • Die tak het aan die jaarlikse GOP-projekbeplanning deelgeneem deur kommentaar op te stel om in te dien op die Buffalo City Metropolitaanse Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).

Port Elizabeth

  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • AfriForum Jeug se Port Elizabeth-tak het gereorganiseer.
  • Die tak het aan die jaarlikse GOP-projekbeplanning deelgeneem deur kommentaar op te stel om in te dien op die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het die munisipaliteit se GOP-vergadering bygewoon.
  • Die Walker Drive-buurtwag het twee verdagtes in hegtenis geneem wat vermoedelik onwettige vuurwapens in hulle besit gehad het.
  • Die tak het hulle eerste basiese skietopleiding aangebied.

Uitenhage

  • Die tak het aan die jaarlikse GOP-projekbeplanning deelgeneem deur kommentaar op te stel om in te dien op die Nelson Mandelabaai Metropolitaanse Munisipaliteit se voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP).
  • Die tak het die munisipaliteit se GOP-vergadering bygewoon.
  • Die tak het die Winterberg-plaaswag gestig wat deel van dié tak se strukture sal vorm.

WES-KAAP

Cederberg

  • Die tak het die gemeenskappe van Doorspring en Soopjeskop, wat onder die onbillike heffing van belasting en tariewe gebuk gaan, ondersteun. Die saak is egter laat vaar ná AfriForum se toetrede.

Durbanville

  • Die tak het met die plaaslike GPF en SAPD vergader en ooreengekom om saam te werk om misdaad te bekamp.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Kraaifontein

  • Die tak het deurlopend parke skoongemaak, gras gesny en die parke netjies en skoon gehou.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Bogenoemde veiligheidstrukture het ook almal aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het die SAPD ondersteun met voertuigbeheerpunte en opruimings.

Weskus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n nuwe plaaswag in Hopefield gestig.
  • Die tak het AfriForum se teenboelieveldtog in hulle area aangebied en skole in Vredenburg, Langebaan en Hopefield besoek.
  • Die tak het gesprekke gevoer met die plaaslike GPF, asook die Departement van Gemeenskapsveiligheid met die oog op moontlike samewerking.

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het ’n hommeltuigdemonstrasie in die dag én nag gehou.

Helderbergkom

  • Die tak het ’n nuwe buurtwag in Gordonsbaai gestig.

Overstrand

  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Bravo-buurtwag in Fisherhaven het die SAPD gehelp met vier arrestasies by ’n huis waar gesteelde goedere geïdentifiseer is.
  • Die Stanford- en Hemel-en-Aarde-plaaswag, asook die Alfa-, Fisherhaven- en Pearly Beach-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak is besig om gesprekke met verskeie rolspelers in die gemeenskap te voer oor die riool in die riviere, asook die gehalte van die dorp se water.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

George

  • Die tak se Geelhoutboom- en Harold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Geelhoutboom-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het die Oudtshoorn-tak se jeugvleuel met hul bemarkingstalletjie by die Gamka Heritage Challenge ondersteun.
  • Die tak oorweeg dit om moontlik die Hooggeregshof te nader om die besluit oor die omgewingsimpakstudie vir die ontwikkeling van erf 464 langs die Tuinroetedam onafhanklik te laat hersien.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Albertinia-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem en uitsonderlike suksesse in samewerking met die SAPD behaal.

Kaap Agulhas

  • Die tak het Zoetendal Akademie beveilig deur ’n interkomstelsel met kringtelevisiekameras by hul voordeur aan te bring.

Knysna

  • Die tak het ’n werwingsveldtog van stapel gestuur om sodoende ’n buurtwag te stig.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het ’n stalletjie by die Garden Route Expo & Outdoor Show in Mosselbaai beman én die tak se jeugvleuel by hul stalletjie ondersteun.
  • Die Groot Brak- en Glentana-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het takbestuursopleiding ontvang.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n tafeltennisaksie gehou.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n bemarkingstalletjie by die Gamka Heritage Challenge beman.

Robertson

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Soortgelyke plasings