TAKSUKSESSE: JUNIE 2024

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Apiesrivier

  • Buurtwaglede het hul maandelikse massapatrollie gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n tweede ANPR-kamera opgerig.
  • Die buurtwag het vyf traumavrywilligers opgelei.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n huisbraak.

Noord van die berg

  • Die tak se buurtspan het 1 345 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het 46 vragte vullis weggery.
  • Die tak se buurtspan het 745 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se buurtspan het bossiekappers gebruik om 12 straathoeke netjies te maak.
  • Die tak se buurtspan het verskeie parke se gras gesny en skoongemaak rondom dié parke.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 6,9 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het vier persele saam met die Tshwane-metro skoongemaak.

Bronkhorstspruit

  • Sowel die tak as die buurtwag het aan AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog deelgeneem.
  • Buurtwaglede het verskeie sigbaarheidspatrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die tak se noodwaterpunt sewe dae lank beman toe die gemeenskap gebuk gegaan het onder ’n watertekort.
  • Die tak het ses van sy lede opgelei as traumavrywilligers.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel, asook by ’n veldbrand.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het ’n ekstra kamerapaal opgerig, asook ander kamerapale begin verf.
  • Die tak se buurtspan het water gesirkuleer by die tak se noodwaterpunte.
  • Die tak se buurtspan het twee bome – wat in die spruit omgeval het – opgesaag en weggery.
  • Die tak se buurtspan het ’n brand geblus op die hoek van Ben Swartstraat en 21ste Laan.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 156 manure met bossiekappers in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 132 manure met kettingsae in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het baie tyd in die spruite bestee om oorgroeide bosse, laaghangende takke en indringerbome te snoei en te verwyder.

Wes-Moot

  • Sowel tak- as buurtwaglede het voorbrande gemaak saam met die BBV, terwyl hulle ook ’n inligtingsessie vir die gemeenskap gehou het.
  • Die tak het twee van sy lede vir opleiding gestuur; een vir die buurtwagleierkursus en die ander een vir die operasionele spanleierkursus.

Moreletapark

  • Die tak het middelmanne in Garsfonteinweg skoongemaak.
  • Die buurtwag het patrollie saam met die plaaslike GPF gery.

Bronberg

  • Taklede het begin slote grou vir die oprigting van ’n noodwaterpunt.

GROTER PRETORIA-SUID

Geen

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Buurtwaglede het Scene Safety-opleiding by die brandweer ontvang.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n verdagte vir kabeldiefstal in hegtenis te neem. Die gesteelde kabels is ook teruggevind.
  • Buurtwaglede het saam met ander rolspelers gehelp met voorbrande by die Krugersdorp-wildtuin.
  • Die buurtwag is gekontak nadat ’n liggaam langs die pad gevind is.
  • Die tak het ’n projek suksesvol afgehandel waartydens 26 brandkrane geïdentifiseer, gemerk en getoets is.

Vanderbijlpark

  • Die tak het 72 klagtes oor kragprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het vier klagtes oor waterlekkasies ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.
  • Die tak het drie klagtes oor rioolprobleme ontvang en dit by die munisipaliteit aangemeld.  
  • Die buurtwag is na Meurantstraat ontbied nadat ’n watermeter gesteel is. Die verdagte het egter gevlug.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied in Darbystraat nadat daar by ’n huis ingebreek is. Die verdagte is vasgetrek en aan die SAPD oorhandig.
  • Die buurtwag het verdagtes wat by ’n sakeroof in Riversdale, Meyerton betrokke was in Vanderbijlpark in hegtenis geneem.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n dwelmhandelaar in Louw Wepenerstraat aan te keer.
  • Die buurtwag se hulp is ingeroep nadat kabeldiefstal in Westinghouseboulevard plaasgevind het, terwyl talle “smart”-kragmeterbokse ook geplunder is.
  • Buurtwaglede is ontbied na die hoek van Westinghouseboulevard en Barrageweg (R42) ná verskeie voorvalle.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied by ’n woning in Westinghouseboulevard ná ’n inbraak.
  • Buurtwaglede het na drie woonstelle in Frikkie Meyerboulevard gehaas om ’n brand te help blus. Nooddienste is ook na die toneel ontbied.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodroep ná diefstal van koperkabels in Jan Cilliersstraat.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n gewapende rooftog by Frontline Warehouse. Die SAPD is ook ontbied.
  • Die tak het gras gesny by Phoenixpark, asook vullis opgetel en weggery.
  • Taklede het gras gesny in Pasteurboulevard, asook vullis opgetel en weggery.
  • Die tak het ses nuwe vullisdromme by die AfriForum-hoofkantoor gaan oplaai.

OOS-RAND

Alberton

Brakpan

  • Die tak het ’n vergadering met rolspelers in Brakpan gehou om probleme binne die gebied aan te pak.

Benoni

  • Die tak het 4 736 km in 375 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het twee addisionele statiese ANPR-kameras op strategiese punte opgerig om hulle kameranetwerk uit te brei ten einde die Benoni-gemeenskap te beveilig. Hierdie gemeenskapskameranetwerk het reeds 361 666 lesings in Junie geneem.
  • Die tak het ’n uiters suksesvolle slaggatherstelprojek gehou waartydens 16 gevaarlike slaggate in die Benoni-area opgevul is.
  • Taklede het ook ’n baie suksesvolle skoonmaakprojek by die Hoërskool Willowmoore gehou; ’n put is onder meer skoongemaak om te keer dat reënwater nie die skoolveld oorstroom nie.
  • Die tak was betrokke by die Bier-en-Gin-fees, asook by Benoekie – ’n gemeenskapsorganisasie wat koekies bak ter ondersteuning van liefdadigheid.
  • Die buurtwag het in samewerking met plaaslike rolspelers en die SAPD ’n voetganger ondersteun wat in Rynfield geroof is. Die verdagtes het per motorfiets probeer vlug, maar is vasgetrek en alle besittings is ook teruggevind.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem; dit is ’n projek waartydens die toestand van brandkrane in die Benoni-omgewing geëvalueer word.
  • Taklede het in samewerking met AfriForum se Kempton Park- en Boksburg-tak, ER24, die SAPD en plaaslike rolspelers die gemeenskap van Brentwoodpark ondersteun nadat die ontploffing van brandstoftenkwaens tot ’n veldbrand gelei het.

Boksburg

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Ravenswoodlaan gehou.

Edenvale

  • Taklede het ’n skoonmaakprojek gehou, plaveisel gelê en plante geplant op die middelman van Terraceweg en Andries Pretoriusstraat in Eastleigh, Edenvale.
  • Die buurtwag het die gemeenskap ondersteun tydens ’n operasie saam met die SAPD waartydens ’n klopjag uitgevoer is op huise waar daar met dwelms gehandel word. Twee verdagtes is uiteindelik in hegtenis geneem.
  • Buurtwaglede het in samewerking met privaat sekuriteitsmaatskappye ’n gekaapte voertuig in River Parkrylaan opgespoor.

Germiston

  • Die tak het in samewerking met AfriForum se ander Oos-Rand-takke ’n skoonmaakprojek op ’n stuk grond in Klopperpark gehou waar ’n poging tot ’n grondgryp plaasgevind het.

Kempton Park

  • Die tak het ’n helpende hand aan die gemeenskap uitgereik deur hulle mobiele gesondheidsentrum gratis aan die bejaarde inwoners van Lenitas-, Herfsland- en Allen Park-aftreeoord beskikbaar te stel.
  • Die tak het in samewerking met AfriForum se ander Oos-Rand-takke ’n skoonmaakprojek op ’n stuk grond in Klopperpark gehou waar ’n poging tot ’n grondgryp plaasgevind het.
  • Tak- en gemeenskapslede het saam ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.
  • Taklede het in samewerking met AfriForum se Boksburg- en Benoni-tak, ER24, die SAPD en plaaslike rolspelers die gemeenskap van Brentwoodpark ondersteun nadat die ontploffing van brandstoftenkwaens tot ’n veldbrand gelei het.

Springs

MPUMALANGA

Bethal

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het meer as 100 kg spinasie geoes wat aan die Silwerjare-ouetehuis geskenk is.
  • Die tak het ’n grassnyprojek langs die N17-snelweg voltooi by die dorpsingang vanaf Trichardt langs die Bethal-winkelsentrum.
  • Taklede het slaggate in verskeie strate met doleriet opgevul.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Jansonstraat in Secunda van stapel gestuur.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het ondersteuning gebied tydens twee veediefstalsake deur te help om vee terug te vind en diewe in hegtenis te neem.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het gehelp om drie gesteelde voertuie – ’n Toyota Corolla, ’n Hyundai-bakkie en ’n Volvo-vragmotor – op te spoor.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het ondersteuning gebied tydens 14 mediese noodgevalle.
  • Taklede het deelgeneem aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit.

Piet Retief

  • Buurtwaglede het aan ’n massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Standerton

  • Buurtwaglede het die brandweer gehelp met voorbrande in verskeie dele van die dorp, waaronder by die vullisterrein.
  • Die buurtwag het gehelp om onwettige vullissorteerders by die Standerton-vullisterrein te verwyder, asook om onwettige strukture te verwyder.

Ermelo

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Die Chrissiesmeer-buurtwag het die historiese begraafplaas skoongemaak en opgeruim.

Witbank

  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Woltemadestraat van stapel gestuur.
  • Taklede het ligte by die SAVF Immergroen-tehuis se ingang laat installeer.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het tydens die Innibos Nasionale Kunstefees met sekuriteit in en om die feesterrein gehelp.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog deelgeneem.
  • Taklede het twee vullisdromme in Enterprise-park aangebring.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Taklede het 20 sonkragligte rondom die Innibos-feesterrein aangebring om boosdoeners die gebied te ontsê.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Witrivier

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog deelgeneem.
  • Buurtwaglede het vier sigbaarheidspatrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog deelgeneem.
  • Die tak het R12 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met die opvul van slaggate in Poenstraat. 
  • Die buurtwag het vlak 1-skietopleiding aan tien van sy lede gebied.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se #HerstelEnVersnel-veldtog deelgeneem. 
  • Buurtwaglede het twee kabeldiewe in hegtenis geneem.
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die dorp se brandweer gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Dullstroom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies saam met die GPF in Dullstroom gery om hul gemeenskap te beveilig.

LIMPOPO

Ellisras

  • Die tak is besig om sy radiotoring se staanplek voor te berei.
  • Taklede het ’n stalletjie by die B’s Fees op die dorp beman.
  • Taklede het trauma-opleiding ontvang.

Pietersburg

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het ’n trolliepatrollie gehou.

Tzaneen

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het trauma-opleiding ontvang.

Messina

  • Taklede het trauma-opleiding ontvang.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n fondsinsameling by die Kremetartfees op die dorp gehou.
  • Die tak het met sy projek van die afgelope ses maande voortgegaan.

Thabazimbi

  • Die tak het patrollies gery tydens onluste in die omgewing om die gemeenskap te beveilig.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n gereelde inbreker vas te trek.
  • Die tak het plaveiwerk by ’n verkeersirkel in Kgotsong gedoen; 17 800 bakstene is in ’n gebied van 371 m² gelê.  
  • Taklede het 110 slaggate in Bothastraat met 3,2 ton teer opgevul.

Heilbron

  • Taklede het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
  • Die tak het ’n petisie geloods én ’n veldtog van stapel gestuur oor die swak watervoorsiening op die dorp. Die uitslae van die petisie is na die Vrystaatse premier én die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta) gestuur.

Parys

  • Geen

Sasolburg

  • Die tak het 164 ha gras gesny.
  • Taklede het ’n gebied van 8,2 ha skoongemaak.
  • Die tak het ’n stalletjie beman by ’n nuwe mark wat by Die Veiling gehou word.
  • Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
  • Buurtwaglede het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het met ’n operasie begin om deelnemende lede se hekmotors en batterye met ’n unieke kode te merk.
  • Buurtwaglede het patrollie by die industriële gebied gery waar misdaad gereeld dreig om handuit te ruk; geen misdaad vind in daardie tyd plaas nie.

Viljoenskroon

  • Die tak het ’n leë erf in Engelbrechtstraat skoongemaak; 20 sakke en ses sleepwaens vullis is uiteindelik verwyder.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het ’n uiters suksesvolle nagskietopleidingsessie en taktiese opleidingsessie saam met lede van die SAPD gehou. Hulle het ook ’n suksesvolle operasie saam met die SAPD en die Departement van Binnelandse Sake se immigrasie-afdeling gehou waartydens 16 arrestasies uitgevoer is.
  • Die tak het daagliks in Panorama skoongemaak nadat dié buurt geïdentifiseer is as die eerste woonbuurt vir die tak se nuwe skoonmaakprojek; 120 sakke vullis is opgetel, terwyl 57 verstopte dreine ook oopgemaak is.
  • Taklede het verskeie slaggate in Cambridgestraat opgevul.
  • Die buurtwag het ’n bejaarde man met gevorderde dimensie en sy hondjie opgespoor nadat hulle deurnag vermis was.

Brandfort

  • Geen

Bultfontein

  • Buurtwaglede is aktief in hulle omgewing.

Frankfort

  • Die tak is besig met ’n proses om asblikke te laat bou wat hulle reg oor die dorp wil aanbring.

Harrismith

  • Geen

Kroonstad

  • Die tak se werkerswaentjie word tans toegerus om aan taklede se spesifieke behoeftes te voldoen. 

Reitz

  • Die tak gaan binnekort ’n skietdag reël om sodoende meer lede te werf.

Steynsrus

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het patrollies gery rondom die verskillende stemlokale tydens die nasionale verkiesing. 
  • Die tak het saam met gemeenskapslede protes aangeteken teen die munisipaliteit se swak dienslewering, terwyl hulle die gemeenskap ook ondersteun het met watervoorsiening en vullisverwydering.
  • Taklede het 21 sakke vullis by die dorp se poskantoor verwyder tydens ’n skoonmaakprojek wat deel gevorm het van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.
  • Die tak het sypaadjies en leë erwe skoon en netjies gemaak tydens ’n skoonmaakprojek wat deel gevorm het van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.

Welkom

  • Geen

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • Al AfriForum se Bloemfontein-buurtwagte was op die een of ander wyse betrokke by die nasionale verkiesing as deel van AfriForum se nasionale #HerstelEnVersnel-veldtog.

Pellissier

Wilgehof

  • Die buurtwag het 84 patrollies gery waartydens 1 445 km afgelê is.  
  • Die buurtwag spog tans met 59 aktiewe patrollielede.
  • Die tak het die volgende opleiding vir sy lede aangebied:  
  • Regsaspekte (14 lede)
  • Insameling van informasie (15 lede)
  • Teenkapingsmodule (11 lede)
  • Patrollies (10 lede)
  • Ysterpenlokvalle (12 lede)
  • Die tak het twee nuwe gedragskodes vir sy buurtwag ontvang. 
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied nadat ’n lid van die publiek met ’n mes gesteek is, waarna die SAPD en Priority-Care ontbied is.
  • Buurtwaglede het patrollie gery rondom die Lig-gemeente om kerkgangers en hul voertuie te beveilig.
  • Die buurtwag het verkeerbeheer in die buurt toegepas.
  • Buurtwaglede het ’n verdagte in D.F. Malherbelaan aangekeer, asook ’n brand help blus. 
  • Twee nuwe lede het by die tak aangesluit.

Uitsig

  • Die buurtwag se patrolliespan het blitsig gereageer ná gerugte van ’n huisbrand in Generaal De Wet; hulle het onder meer gehelp om die gebied vir die publiek af te baken sodat ’n veilige afstand gehandhaaf kan word. Sodoende word ’n veilige area vir die nooddienste geskep om te werk. Die nooddienste is ontbied nadat drie mense vir brandwonde behandel moes word.
  • Buurtwagpatrolleerders is ontbied ná ’n motorfietsongeluk in Vereenigingrylaan. Hulle het saam met die SAPD die toneel beveilig en afgebaken om die toneel te bewaar vir verdere ondersoek.
  • Die buurtwag het 306 km in 72 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het opleiding aan ses van sy lede gebied.
  • Twee nuwe lede het by die tak aangesluit.

Hospitaalpark

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig; geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord – landelik

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig; geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

Bloemfontein-Noord

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig; geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het gehelp met buurtvernuwingsprojekte in Doringkruin, asook om die park netjies te maak.
  • Die tak het werklose mense van kos by ’n sopkombuis voorsien indien hulle by skoonmaakprojekte betrokke was.
  • Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Saamtrek oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek in Buffelsdoornweg gehou waartydens randstene ook oorgeverf is.

Potchefstroom

  • Die buurtwag se 194 aktiewe lede het 121 patrollies aangepak waartydens 4 070 km in 342 manure afgelê is.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om verskeie verdagte voertuie wat by voertuigdiefstal betrokke was, op te spoor.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Mooirivier oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.
  • Taklede het indringerbome uit die Mooirivier naby KFC verwyder om die vloei van die rivier te verbeter en dit vir misdadige sluipslapers onmoontlik te maak om daar te bly.
  • Die tak het die plantegroei aan die dorp se kant van die rivier ook skoon gesny.
  • Die tak het Konsentrasiekampdag herdenk met ’n opvoering én kranslegging op die konsentrasiekampterrein.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

STELLALAND

Vryburg

  • Die tak het verskeie projekte aangepak om ’n skoner en veiliger omgewing vir inwoners te verseker. Die tak het meer as 14 leë erwe se lang gras gesny, bome op hierdie erwe gesnoei en rommel opgetel en verwyder. Die oop stuk veld langs die dorp se reservoirs is ook getem, wat beteken dat die tak altesaam 2,06 ha gras gesny het.

MARICO

 

Rustenburg

  • Die tak het voortgegaan om padmerke in die dorp te verf. 60 liter wit padverf en 40 liter geel padverf is gebruik om padtekens in Rustenburg ’n nuwe lagie verf te gee.

 

Zeerust

  • Taklede het voortgegaan met die volhoubare skoonmaakprojek van die Burgermonument. 1 600 m² gras is gesny, waarna talle streepsakke vol gras, blare en takke en ander tuinvullis weggery is. Onkruiddoder is ook op die trappe gespuit om die groei van onkruid te verhoed.

 

Lichtenburg

  • Die buurtwag het twee noemenswaardige suksesse behaal wat die veiligheid en samewerking in die gemeenskap beklemtoon. Die buurtwag het eers ’n verdagte met potensieel gevaarlike items vasgetrek, waarna hulle gehelp het om ’n brandende huis te blus.
  • Die tak het die vervalle paaie van Lichtenburg getakel en altesaam 186 slaggate opgevul. Dit het sowat 15 ton teer – wat deur plaaslike ondernemings en skole geskenk is – geverg om die paaie te herstel.

 

Brits

  • Die tak se jeugvleuel het die Brits Jeugfees aangebied wat heelwat opwinding aan feesgangers gebied het. Sowat 50 mense het aan die 4 km-pretloop deur die Bosveld deelgeneem, terwyl die plaaslike Voortrekkers boeresport aangebied het waaraan sowel jonk as oud kon deelneem. Dames én mans het ook die geleentheid gehad om aan ’n skoonheidskompetisie deel te neem en onderskeidelik as Meneer en Mevrou Bergrivier gekroon te word.

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur om Kamieskroon en omliggende dorpe 24 uur per dag, sewe dae ’n week van drinkwater te voorsien met behulp van drie boorgatpompe wat AfriForum in die omgewing geïnstalleer het.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die dorp se watergehalte voortdurend gemoniteer en voortgegaan om druk op die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit toe te pas om skoon drinkwater vir Kakamas se inwoners te verseker.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Kathu

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit en die SAPD deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het ’n nuwe televisiestel aan die brandweerdiens op Kathu geskenk.
  • Die tak het ’n noodwaterpunt by die Kathu-brandweerstasie opgerig wat deur die dorp se inwoners gebruik kan word tydens watertekorte.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Keimoes

Kuruman

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het drie kameras op Kuruman se hoofroetes geïnstalleer.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Springbok

Upington

  • Taklede het nagenoeg 270 paaltjies by Florapark naby die Kalahari-winkelsentrum in dié dorp, asook ’n waterpompstasie geel geverf en 12 beskadigde paaltjies weer geplant wat deur voertuie omgery is. Bome is ook gesnoei.
  • Die tak het in samewerking met Fritz Bekker van Gariep Watch watermonsters uit die Oranjerivier geneem om vas te stel of dit wel riool is wat in dié rivier vloei. Die watermonsters het positief getoets vir riool.
  • Die tak het die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit gekontak aangesien die plaaslike vullisterrein se lisensie al meer as twee jaar gelede verval het; die tak wil graag saam met die munisipaliteit werk aan ’n oplossing.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Griekwastad  

  • Die tak het gereeld munisipale probleme onder die munisipaliteit se aandag gebring. 

Bo-Karoo  

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.  

Delportshoop  

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Die buurtwag het deurlopend patrollie gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem. 

Douglas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem. 
  • Die tak het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in die hoofstraat van Douglas deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. 

Kimberley  

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.  
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem. 

Prieska  

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Taklede het met die plaaslike munisipaliteit vergader rakende belastingkwessies. 
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem. 

Vaalharts  

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.  
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Cradock

  • Die tak se twee noodwatertenks is deur gemeenskapslede benut tydens wateronderbrekings op die dorp.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Jeffreysbaai

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Oos-Londen

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het in samewerking met die Uitenhage-tak hulp verleen aan die slagoffers van die onlangse vloede in Uitenhage deur 155 matrasse te skenk.
  • Die tak het verversings aan reddingswerkers voorsien wat na slagoffers wat in die vloede meegesleur is, gesoek het.
  • Die tak het in samewerking met die Uitenhage-tak, die gemeenskap en ondernemings soos Sovereign Foods binne ’n kort tyd klere en kos ingesamel en versprei na diegene wat dit nodig gehad het na afloop van die Uitenhage-vloede.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het die konsentrasiekamp by Uitenhage skoongemaak.
  • Die tak het in samewerking met die Port Elizabeth-tak hulp verleen aan die slagoffers van die onlangse vloede in Uitenhage deur 155 matrasse te skenk.
  • Die tak het 1 500 mense gevoed en bestanddele vir 4 500 etes voorsien danksy voedselskenkings wat aan die tak gemaak is.
  • Die tak het in samewerking met die Port Elizabeth-tak, die gemeenskap en ondernemings soos Sovereign Foods binne ’n kort tyd klere en kos ingesamel en versprei na diegene wat dit nodig gehad het na afloop van die Uitenhage-vloede.

WES-KAAP

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het ekstra operasies saam met die SAPD aangepak in verskeie plekke van die buurt waar misdaadaktiwiteite meer gereeld plaasvind.
  • Buurtwaglede het in samewerking met ander instansies soos MES aan verskeie aksies en projekte deelgeneem. Hulle het byvoorbeeld 125 hawelose mense saam met die SAPD en maatskaplike werkers besoek en ondersteun, asook talle leeglêers van die strate en uit die buurt verwyder. 72 van hulle is reeds verplaas of met hulle families herenig.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beskerm, terwyl hulle ook talle suksesse behaal het.
  • Bellville-buurtwaglede is na ’n park ontbied ná ’n ontploffing ’n brand veroorsaak het. Hulle kon met hul toerusting die brand beheer en die verdere verspreiding van die brand inperk totdat die brandweer opgedaag het.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun. Hulle het ook padblokkades saam met die SAPD beman.
  • Die tak het gereeld parke in Bellville skoongemaak. Tydens skoonmaakprojekte is dwelmgebruikers se artikels soos spuitnaalde en verwante items ook verwyder. 
  • AfriForum se teenboeliespan het besoek by talle skole afgelê.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opknappingsprojek deelgeneem waar hulle parke skoonmaak deur die gras te sny en vullis op te tel. Dit sluit die nuwe parke langs die Van Riebeeck-hoofingang in.
  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag in Kraaifontein gestig wat reeds ’n massapatrollie saam met die SAPD gehou het.
  • AfriForum se teenboeliespan het die Laerskool Aristea besoek.
  • Die buurtwag se samewerkingsooreenkoms met Titanium Sekuriteit het ook al tot talle suksesse gelei, waaronder inhegtenisnames deur die SAPD. Die ooreenkoms behels onder meer die uitruil van kameras om inligting te bekom.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Rondeberg-buurtwaglede het ’n massapatrollie saam met die SAPD en ander wetstoepassingsowerhede gehou.
  • Die Rondeberg-buurtwag se nommerplaatherkenningskameras het daartoe bygedra dat inligting rakende misdaad vinnig aan die SAPD oorgedra kan word, veral wanneer voortvlugtende voertuie gesoek word.
  • Die Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Hulle het ook gereageer op noodroepe uit die gemeenskap.
  • Malmesbury-buurtwaglede het drie operasies saam met die SAPD, die verkeersdepartement en ander wetstoepassingsowerhede gehou waartydens hulle blouligpatrollies gehou en padblokkades opgerig het. Hulle het ook as die oë en ore van die SAPD opgetree tydens patrollies in landelike gebiede.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Al die plaas- en buurtwagte in die Matzikama-distrik het aan spesiale operasies saam met die SAPD en die verkeersdepartement op die N7-snelweg én in landelike gebiede deelgeneem. In een voorval is ’n gewapende man in ’n voertuig opgemerk, waarna daar vasgestel is dat die voertuig as gesteel aangemeld is.
  • Die Klawer-buurtwag het klagtes by die SAPD ingedien om ondersoek te word. Tydens gesprekke met die plaaslike GPF en ander belangegroepe is dit duidelik dat groot suksesse behaal is nadat genl. Dyantyi, die SAPD se streeksgeneraal, self aandag aan hierdie klagtes gegee het én met die onderskeie strukture ontmoet het.
  • Die tak het twee Welkom in AfriForum-wêreld-borde in Vredendal opgerig.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gery én observasieposte opgerig om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het met genl. Dyantyi, die SAPD se streeksgeneraal, onderhandel en gesprekke met hom gevoer om verhoudings aan beide kante te versterk.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak se jeugvleuel het ’n suksesvolle padeltoernooi gehou.
  • Die tak het sertifikate van waardering aan lede van die GPF en buurtwagte uitgedeel vir hulle bydraes tot gemeenskapsveiligheid.
  • Die Geelhoutboom-plaaswag het ’n voertuigbeheerpunt saam met die GPF, die SAPD en die verkeerspolisie beman.
  • Taklede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, het opleiding in regsaspekte vir sowel taklede as Kammanassie-plaaswaglede aangebied.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het persoonlike items (selfoon, kamera en beursie) wat in Desember 2023 op ’n ongelukstoneel opgetel is, aan die eienaar daarvan terugbesorg.
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het in samewerking met die SAPD en die verkeerspolisie ’n massapatrollie in Heidelberg gehou om bewusmaking te skep.
  • Albertinia-plaaswaglede het gehelp om twee bejaardes wat vermis was, op te spoor.

Kaap Agulhas

  • Die tak het ondersteuning aan die gemeenskap gebied tydens vloede in die omgewing.
  • Taklede het die SAPD gehelp tydens ’n soektog na ’n misdadiger.

Kannaland

  • Die plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak is tans onaktief en taklede is besig om ’n aksieplan te formuleer.

Knysna

  • Taklede het die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg aangepak, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
  • Die tak het ondersteuning gebied en inligting verskaf tydens ’n soektog na vier misdadigers.
  • Die tak het ’n ondersoek geloods na die Knysna-vullisterrein om moontlike oplossings te vind vir die probleme wat tans daar ondervind word.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak- en Midbrak-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Midbrak-buurtwaglede het hul hommeltuig ingespan om te help om ’n vermiste persoon op te spoor.
  • Die Midbrak-buurtwag is genomineer as beste gemeenskapsorganisasie in Mosselbaai.
  • Die tak het ’n AfriForum-buurtwag in Danabaai gestig.
  • Die tak het ’n ondersoek oor besoedeling na die oliepitte van die Transnet-depot in Bayview van stapel gestuur.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het gras gesny, bome natgelei en vullis opgetel in Luscombepark.
  • Die tak het ’n infrarooi nagsigkamera vir sy buurtwagte aangekoop sodat buurtwaglede ondersteuning aan die SAPD kan bied.

Langeberg (Robertson)

  • Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Ashton-buurtwaglede het twee onwettige jagters met ses windhonde vasgetrek.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het twee sonkragligte by die plaaslike polisiestasie aangebring.

Soortgelyke plasings