AfriForum-traumaeenheid

Tuis

Die AfriForum-traumaeenheid is in 2015 gestig.

Die Trauma-eenheid het sy ontstaan te danke aan die behoefte om slagoffers van plaasaanvalle en plaasmoorde te ondersteun.

Met die tyd saam het die afdeling begin uitbrei en is ook ondersteuning aan slagoffers tydens die polisie se regsprosesse en hofsitting verleen. Dit alles het vanuit die trauma-eenheid in Pretoria geskied.

Die behoefte aan bystand het ontstaan by slagoffers wat geweld ervaar het na die traumatiese gebeure wat hulle beleef het tydens ‘n plaasaanval en ander geweldsmisdade.

Die Traumaeenheid verrig die volgende dienste vir plaasmoord/plaasaanval en geweldsmisdaad slagoffers:

  1. Berading:  Opgeleide traumaberaders van die eenheid maak gebruik van beradingstegnieke om persone te help om die emosionele en psigiese wond wat die traumatiese insident veroorsaak, te genees en hulle weer normaal kan funksioneer.
  2. Ontlonting: Ontlonting is ‘ngestruktureerde proses wat met ‘n individu of groep gevolg word. Die doel van ontlonting is om normaliteit by die groep of individu te bring deur aandag aan die vrees, angs, onsekerheid en emosies wat die traumatiese insident by die individu of groep meegebring het, te gee. Om verskeie redes vind ontlonting nie voor 72 uur na die insident en gebeure, plaas nie.
  3. Emosioneel ondersteuning:  Emosionele ondersteuning het te doen met omgee, versorging, bemoediging, herbevestiging, aktiewe luister, empatie bystaan en ondersteuning van die persoon/slagofffer wat deur hierdie traumatiese insident en die nagevolge daarvan gaan.  Dit geskied deur kontakbesoeke en waar dit nie kan plaasvind (bv. as gevolg van Covid-19 beperkinge) geskied dit telefonies of ander digitale media soos Zoom en Teams.
    Die emosionele ondersteuning deur die Trauma-eenheid behels die volgende:
    • Op die toneel: Opgeleide traumavrywilligers (90) bied op die toneel van die insident / misdaad aan die slagoffer en sy familie ondersteuning. Die vrywilligers word deur die buurtwagte geaktiveer en werk baie nou met hulle saam.
    • Staan die slagoffers emosioneel by tydens polisie en wetlike prosesse, bv. aanmelding van saak, seksuele molestering, verkragting en gesinsgeweld.
    • Emosionele bystand in die hof – woon die hofverrigtinge saam die slagoffer by.
    • Ondersteun slagoffer tydens hospitalisasie.
    • Ondersteun slagoffers telefonies indien hulle nie kontakbesoeke versoek nie.
    • Ondersteun slagoffers via teams / zoom.
  4. Bemagtiging: Bemagtiging behels die voorsiening van inligting, kennis en vaardighede aan die slagoffer om binne die omstandighede korrek en toepaslik te kan optree en die nodige wetlike prosesse te volg.
    Dit sluit kennis, inligting en vaardighede rondom die volgende sake in:
    • Aflê van ‘n verklaring (beraders skryf nie verklarings namens slagoffers nie).
    • Ondersoekprosesse.
    • Hofprosesse.
    • Wetlike voorskrifte en prosesse t.o.v. kindermolestering, verkragting, gesinsgeweld.
    • Hofvoorbereiding
    • Verwysing na gespesialiseerde dienste  en organisasies (indien nodig). Byvoorbeeld: sielkundiges, psigiaters, maatskaplike werkers.
  5. Materiele: AfriForum Trauma-eenheid het ‘n slagofferondersteuningsfonds wat deur hulp van donasies in stand gehou word.  Die slagofferfonds stel ons in staat om ons slagoffers finansieel te kan bystaan waar hulle nie dit kan bekostig nie, of waar ons weet dit vir hulle verdere trauma kan inhou.  Die slagofferfonds ondersteun slagoffers deur:
    • Skoonmaak van die toneel
    • Aankoop van nuwe beddegoed
    • Aankoop van kruideniersware
    • Help met die opskerp van sekuriteit deur alarmstelsels te installeer
    • Help met die betaal van operasies, medikasie of hospitaal onkostes waar slagoffers nie kan by uit kom nie.

Die AfriForum-traumaeenheid het ook ‘n slagofferondersteuningsfonds.

Hierdie fonds word aangewend om slagoffers van dié gruwelmisdaad te ondersteun met onder andere die skoonmaak van plaasaanvaltonele, materiële ondersteuning, bystand met mediese onkoste, traumaberading aan slagoffers sowel as hulle geliefdes asook advies deur kundiges rakende ondersoek- en hofprosedures.

Indien jy ’n donasie aan AfriForum se slagofferfonds wil maak, gebruik asb. die onderstaande bankbesonderhede met verwysing “Slagofferfonds”.

Begunstigde: AfriForum NPC
Bank: FNB
Rekeningnommer: 623 498 983 98
Tak: Centurion
Takkode: 261-550
Verwysing: Slagofferfonds

Die span

Dié eenheid het tans vier personeellede wat slagoffers bystaan:

Johan Kloppers

Traumaberaders

Hennie Human

Traumaberaders

Magda Coetzee

Traumaberaders

Izel Kruger

Traumaberaders

DEURSIGTIGHEIDSPLATFORM

SLAGOFFERONDERSTEUNINGSFONDS

Die AfriForum-traumaeenheid het ook ‘n slagofferondersteuningsfonds.

Hierdie fonds word aangewend om slagoffers van dié gruwelmisdaad te ondersteun met onder andere die skoonmaak van plaasaanvaltonele, materiële ondersteuning, bystand met mediese onkoste, traumaberading aan slagoffers sowel as hulle geliefdes asook advies deur kundiges rakende ondersoek- en hofprosedures.

Indien jy ’n donasie aan AfriForum se slagofferfonds wil maak, gebruik asb. die onderstaande bankbesonderhede met verwysing “Slagofferfonds”.

Begunstigde: AfriForum NPC
Bank: FNB
Rekeningnommer: 623 498 983 98
Tak: Centurion
Takkode: 261-550
Verwysing: Slagofferfonds

Bystand na plaasaanvalle en-moorde

VERSOEK BERADING

Aktivering van ’n AfriForum-traumavrywilliger

  • Insident word aan AfriForum se buurtwag gerapporteer.
  • AfriForum se takvoorsitter/AfriForum se buurtwagleier stel traumavrywilliger in kennis.
  • Traumavrywilliger evalueer situasie en gee ondersteuning.
  • Traumavrywilliger onttrek en stel AfriForum se veiligheidspesialis/buurtwagleier/takvoorsitter in kennis indien daar ’n behoefte aan traumaberading is.
  • Die veiligheidspesialis/buurtwagleier/takvoorsitter stel die traumaeenheid in kennis van behoefte aan traumaberading.

Versoek berading:

Indien jy berading benodig, vul die onderstaande vorm in en stuur dit in.

** Hierdie aanlyn beradingsdiens is slegs beskikbaar Maandae tot Vrydae van 08:00-16:00.

Kontak ons

AfriForum-hoofkantoor:
Unionlaan 58
Kloofsig
0140

AfriForum-traumaeenheid se kontaknommer:      012 880 1954

Trauma se noodnommer:                                            064 870 8312

Laat ‘n boodskap

Naam en van(Required)

MEDIAVERKLARINGS