|

Tzaneen-tak plant bome by Wolkberg Akademie

Die AfriForum-tak in Tzaneen het 10 verskillende sitrusbome aan die Wolkberg Akademie vir CVO geskenk wat op 26 Oktober saam met die leerlinge op die skoolgronde geplant is.

Nou is dit die skool se verantwoordelikheid om vir hierdie jong bome te sorg en sodoende ’n tasbare verskil in die Tzaneen-omgewing te bring. Nie net leer die kinders van die natuur nie, maar ook om vir die toekoms te beplan.

Die doel van hierdie projek is om vrugte volhoubaar aan die gemeenskap te verskaf. Die vrugte wat die bome lewer, word geoes en aan die plaaslike gemeenskap se voedingskema geskenk sodat alle mense toegang het tot gesonde kos.

“Die kinders het dit vreeslik geniet. Dit is ’n ongelooflike ervaring om deel te wees van iets wat soveel hoop en positiwiteit bring,” sê Cee-J van der Walt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Soutpansberg.

Soortgelyke plasings