|

Sukses: Hof beslis matriekuitslae mag gepubliseer word

AfriForum verwelkom die hofuitspraak deur Regter Millar vandag in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria wat die organisasie se bevel onveranderd verleen het. Die organisasie is vol vertroue dat die matriekuitslae Donderdag 20 Januarie gepubliseer kan word en dat oud-matrikulante hul uitslae in die koerante en op media platforms sal kan kry.

“Dit is in publieke belang dat hierdie inligting op openbare platforms gedeel word en dit is een van die redes waarom ons hierdie aansoek gebring het. Ons is verheug dat die hof ons gelyk gegee het in hierdie argument,” sê Natasha Venter, bestuurder van onderwysregte by AfriForum.

Soortgelyke plasings