|

Veertig kareebome se wortels nou hiér geanker

Die AfriForum-tak in Upington het in samewerking met Gemsbok, ’n gemeenskapskoerant in die Noord-Kaap, en die departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing 40 kareebome aan verskeie informele behuisingsgebiede se gemeenskapstuine geskenk.

Die gemeenskapstuine is sowat drie jaar gelede deur gemeenskapslede en AfriForum begin. Die gemeenskapstuine is geleë waar daar eens hope rommel aan die rand van die plakkerskampe langs die spoorlyn op Upington was. Sedertdien is hierdie tuine ’n trots en ’n baken van hoop vir die gemeenskappe wat van dié tuine gebruikmaak.

“In die gees van boomplant- en nasionale erfenismaand in September, het ons besluit om 40 kareebome in die gemeenskappe te versprei. Die kareeboom is een van die drie bome van die jaar en groei baie goed in die Noord-Kaapse klimaat,” sê Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Soortgelyke plasings