AfriForum verwelkom polisie se leefstyloudits


AfriForum verwelkom lt.genl. Khehla Sitole, die nuwe nasionale polisiekommissaris, se aankondiging in die parlement om leefstyloudits binne die SAPD te laat doen.

“Dit is ’n stap in die regte rigting om die SAPD se naam tot ere te herstel,” sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.
“Dié oudits sal voorts ook help om korrupsie – wat soos ’n donderwolk oor verskeie polisielede en -kommissarisse hang – in die SAPD hok te slaan. Met besluite soos dié kan Sitole moontlik ’n einde aan baie foute binne die polisie bring.”

Soortgelyke plasings