AfriForum in Kamiesberg doen navraag oor munisipale aanstelling

 

AfriForum se Kamiesberg-tak het ’n aansoek in terme van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wet no. 2 van 2000) (PAIA) gebring om vas te stel of die aanstelling van die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se nuwe tegniese bestuurder reg hanteer is.

Dit volg ná talle klagtes uit die gemeenskap dat die aanstelling nie volgens die korrekte prosedure gedoen is nie en die nuwe bestuurder nie oor die nodige kwalifikasies beskik om die pos te beklee nie. “Ons moet seker maak dat ons die gemeenskap se belange op die hart dra en daarom doen ons hierdie PAIA-aansoek,” sê Gideon van Lill, AfriForum se Kamiesberg-takvoorsitter.

Gee AfriForum se Kamiesberg-tak die mandaat om die munisipaliteit verantwoordbaar te hou: SMS “Kamiesberg” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings