AfriForum en Kambule Boerevereniging herstel naambord


AfriForum se Vryheid-tak en lede van die Kambule Boerevereniging het ’n naambord by die Utrecht-kruising op die roete tussen Vryheid en Paulpietersburg herstel nadat dié naambord al etlike maande gelede omgeval het. Dit vorm deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog, wat daarop gemik is dat gemeenskappe self probleme in hul omgewings aanpak.

“Die departement van vervoer kom nie sy verantwoordelikhede teenoor die belastingbetaler en padgebruiker na nie en die plaaslike munisipale bestuurder ag padveiligheid geensins as prioriteit nie. Daarom het die Vryheid-tak onlangs klagtes teen hom by die openbare beskermer gaan lê,” sê André van der Walt, voorsitter van AfriForum se Vryheid-tak.

AfriForum bedank TWK, wat die teerpale geskenk het om die herstelwerk moontlik te maak. AfriForum nooi ondernemings uit om by hul gemeenskappe betrokke te raak – diesulkes kan ook vir ’n Artikel 18A-belastingsertifikaat aansoek doen.
Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
Ondersteun AfriForum om jou gemeenskap te help: SMS “Vryheid” na 45267(R1).

Soortgelyke plasings