|

AfriForum se Amanzimtoti-tak dien GOP-voorstelle in

Die AfriForum-tak in Amanzimtoti het op 11 Februarie 2022 voorstelle vir die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) by die eThekweni-metro ingedien. Die tak het voorgestel dat twee verkeersligte by ’n uiters besige kruising op die Kingsway-pad aangebring moet word.

“Tydens spitsverkeer is hierdie kruising ’n reuse-uitdaging en ons is van mening dat verkeersligte ’n oplossing sal bied. ’n Voetganger is ook onlangs in daardie omgewing raakgery,” sê Jannie van Staden, voorsitter van AfriForum se Amanzimtoti-tak.

“Dit is belangrik dat takke aan die GOP-proses deelneem om hierdie tipiese voorstelle in te dien. Dit sal tot ontwikkeling in ons gemeenskappe bydra. Ons het al voorheen suksesvolle voorstelle ingedien wat in die GOP opgeneem en later uitgevoer is,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se distrikskoördineerder vir KwaZulu-Natal.  

Die Amanzimtoti-tak nooi die gemeenskap uit om by hul Facebook-blad aan te sluit en aan ander projekte in Amanzimtoti deel te neem.

Raak vandag nog by dié AfriForum-tak betrokke om ’n daadwerklike verskil te maak: SMS “Amanzimtoti” na 45344 (R1).

Soortgelyke plasings