|

#VuldieGat: Rustenburg-tak vul slaggate en verf padmerke

Die AfriForum-tak in Rustenburg het tydens Julie daarop gefokus om paaie veiliger te maak vir padgebruikers. Dié tak het slaggate gevul en ook 70 liter verf gebruik om padmerke oor te verf.

As deel van die organisasie se #VuldieGat-projek het AfriForum-takke landwyd tydens Julie slaggate gevul en herstel in hul onderskeie dorpe. Die Rustenburg-tak het saam met die Geelhout-buurtwag ook hulle deel gedoen en ’n slaggat van 5m2 met ’n sementmengsel gevul en padmerke geverf.

Voorts het die tak padmerke by Moepel-, Kiepersol-, en Soetdoringstraat geverf sowel as in die Waterval-Oos-area.

“Dit is van uiterste belang dat ons die padtekens herstel om ongelukke te verminder en ’n veiliger reis te verseker vir die inwoners en besoekers van Rustenburg. Deur ons paaie en padtekens in stand te hou, dra ons nie net by tot veiligheid nie, maar ook tot die algemene netheid en skoonheid van ons dorp,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

“Ons gemeenskap het die krag om ’n beduidende verskil te maak. Deur saam te werk en betrokke te raak, kan ons ’n veiliger en mooier omgewing skep vir ons almal. Elke klein bydrae help om ’n groot impak te maak,” sê Jan van Zyl, projekleier by AfriForum se Rustenburg-tak.

Vir meer inligting en om betrokke te raak by toekomstige projekte en aktiwiteite, word belangstellendes aangemoedig om by AfriForum se Rustenburg-tak aan te sluit. Kontak Dawie Conradie by 082 930 9905 vir verdere besonderhede of besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings