|

Brits-tak plant bome by Laerskool De Kroon

Die AfriForum-tak in Brits het op 27 September saam met die leerders van Laerskool De Kroon twee witstinkhoutbome (Celtis africana) ter ondersteuning van boomplantmaand geplant. Die tak bedank al die onderwysers en leerders wat geesdriftig geluister, geleer en deelgeneem het.

“Dié inisiatief is deel van AfriForum se ideaal om ’n volhoubare toekoms vir ons nageslag te verseker. Bome is deel van die ekosisteem en ’n natuurlike hulpbron waarsonder niks of niemand in staat sou wees om te oorleef nie. Bome verskaf immers suurstof, skaduwee en voedsel aan mens en dier. Die witstinkhoutboom is ’n geharde, inheemse boom wat vinnig groei en teen droogte bestand is. Ons bedank graag Countryside Nursery vir die skenking van die bome,” sê Rudi Bosch, omgewingsakebeampte van die Brits-tak.

“Boomplantmaand bied die perfekte geleentheid om ’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak. Bome het egter deurlopende sorg nodig om tot voordeel van almal te floreer. Daarom onderneem AfriForum se Bits-tak om hierdie sorg te verskaf. Dít is simbolies daarvan dat ons hier is om te bly en hoop vir die toekoms het,” sê Armand Viljoen, distrikskoördineerder van Marico.

Word vandag nog deel van die oplossing en sluit by AfriForum se Brits-tak aan: SMS “Brits” na 45344 (R1), of skakel vir Werner Claasen by 078 800 5148.

Soortgelyke plasings