|

Krugersdorp-tak skenk 120 bale voer aan boer ná brand weiding vernietig

AfriForum se Krugersdorp-tak het op 8 September 120 bale voer geskenk aan ’n boer in die omgewing wat groot skade gely het ná ’n verwoestende brand deur sy plaas beweeg het. Die boer het dringend voer vir sy vee benodig nadat die brand ’n week tevore groot gedeeltes van die weiding op sy plaas asook landbou-implemente vernietig het.

“In ’n tyd van groot onsekerheid het die Krugersdorp-tak se skenking vir die boer hoop gebring. Met dié hulp kon die boer nie net sy beeste van kos voorsien nie, maar hy kon ook die eerste stap neem om sy plaas weer op te bou. Hierdie skenking is ’n herinnering aan die krag van gemeenskapsondersteuning en hoe vinnige optrede lewens kan red,” sê Stephanus Blignault, AfriForum se distrikskoördineerder aan die Wes-Rand.

AfriForum se Krugersdorp-tak moedig die gemeenskap aan om by hul plaaslike AfriForum-tak betrokke te raak om ’n daadwerklike verskil te maak: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings