|

AfriForum se Kathu-tak skenk sonkragligte aan brandweer

Die AfriForum-tak in Kathu het twee 90 watt-ligte wat met sonkrag werk aan die plaaslike brandweer geskenk. Die brandweer se perseel is saans stikdonker tydens kragonderbrekings of beurtkrag, wat dit vir hulle moeilik maak om hul pligte uit te voer.

Die Kathu-brandweer is een van die entiteite in die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit wat nog goed geolie is en sy pligte uitvoer. Dié brandweer is ’n ware staatmaker op die dorp wat nie net brande bestry nie, maar ook op ongelukstonele help.

Maak vandag nog ’n verskil in jou gemeenskap en raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings