|

AfriForum-tak in Worcester maak ’n verskil in Junie 

AfriForum se Worcester-tak het in Junie verskeie aksies aangepak om ’n verskil in hul gemeenskap te maak. 

Die Worcester-tak het op 21 Junie droë sopbestanddele aan Worcester United Kerk geskenk. Hierdie kerk berei op ’n gereelde basis sop en bredies vir haweloses voor. Hierdie skenking het gevolg ná ’n versoek op ’n Facebook-groep waarop dié tak blitsvinnig reageer het. 

Die tak het ook op 16 Junie water geskenk vir rugbyspelers wat op hierdie vakansiedag ’n wedstryd gespeel het. 

“AfriForum se Worcester-tak is aktief besig om ’n groot verskil te maak in hul gemeenskap en sien uit daarna om verder ’n positiewe impak te hê,” sê Jacques Benade, distrikskoördineerder vir die Boland.

“Ek wil graag vir Jacoba Bradbury, Bianca Venter, Marco Venter, Morné le Roux en Louis Conradie dankie sê vir die moeite wat hulle met hierdie twee aksies gedoen het. Ons waardeer julle,” sluit Benade af.Lede van die gemeenskap word aangemoedig om by AfriForum se Worcester-tak betrokke te raak by www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings