Aandag alle kleuterskole in Kimberley

AfriForum se Kimberley-tak het ’n groot behoefte aan watertenks vir kleuterskole in ons dorp geïdentifiseer. Met die huidige waterprobleme in Kimberley, is dit van kardinale gesondheidsbelang dat kleuterskole so gou as moontlik watertenks kry. 

Hiermee wil ons graag ons hulp aanbied in samewerking met die skool. Ons wil julle uitnooi om ’n insamelingsprojek (enige een van julle keuse, hetsy ’n gholfdag, konsert, lootjievorms of watter manier ook al vir julle werk), vir die tenks aan te bied. AfriForum sal dan help met die organisering en bemarking. AfriForum sal ook R1.50 bydra vir elke R1 geskenk deur ’n AfriForum-lid of R1 vir elke R1 deur ’n nie-AfriForum-lid. Die bydrae sal egter beperk word tot die maksimum bedrag benodig vir installasie van opset, soos bepaal in die behoeftebepaling wat vooraf gedoen sal word.

Ons wil graag ook die gemeenskap betrokke kry, so indien die skool weet van enige plaaslike verskaffers wat sal wil betrokke raak of goedgesind teenoor die skool kan wees met die aankope en installasie van so ’n opset, dan is hulle welkom om met ons kontak te maak.

Die skole moet aansoek doen vir die projek, en sal teen 15 Desember 2023 in kennis gestel word, indien hulle aansoek suksesvol was. Ons wil hierdie ’n jaarlikse instelling maak, so indien jou skool nie die jaar gekeur word nie, moenie bekommer wees nie, ons sal jou aansoek net so laat oorstaan na volgende jaar.

Hiermee dan die inligting wat voltooi moet word vir die aansoek:

Sluitingsdatum vir aansoeke is 1 Desmeber.

Soortgelyke plasings