Takke

Gemeenskapsake fokus op kwessies wat ’n direkte impak op die gemeenskap se veiligheid en gesondheid mag hê, insluitend kwessies op munisipale vlak. Dit word vermag deur ’n netwerk van AfriForum-takke dwarsoor Suid-Afrika – deur die mense, vir die mense.

AFRIFORUM-TAKKE

AfriForum-takke stel jou in staat om by die organisasie betrokke te raak en ’n verskil in jou gemeenskap te maak.

Die hoofdoelstelling van ’n AfriForum-tak is om gemeenskappe te organiseer, asook om projekte en aksies in die volgende fokusareas uit te voer:

  • Gemeenskapsprojekte
  • Gemeenskapsveiligheid
  • Plaaslikeregeringsake
  • Omgewingsake
  • Jeug
  • Gesondheid
  • Kultuur en toerisme

AfriForum-takbesture bestaan uit takbeamptes wat die doelwitte van elke fokusarea bevorder.

AfriForum-takke word deur AfriForum-lede gefinansier deur spesifiek skenkings aan hul plaaslike tak te maak. Sakeondernemings is ook welkom om ons takprojekte deur maandelikse skenkings te finansier om ’n beter en gesonder sakeomgewing in die betrokke dorp te verseker. Artikel 18A-sertifikate is op aanvraag beskikbaar.

Die kernfilosofie van AfriForum se strukture behels dat daar nie op die staat gewag word om gemeenskappe se probleme op te los nie, maar dat daar eerder ’n daadwerklike verskil deur selfdoenprojekte vermag word. Deur die krag van gemeenskappe saam te snoer, kan ons saam ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms skep.

Selfdoen is beter as niksdoen: Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke!

SPOOR JOU NAASTE TAK OP

Spoor jou naaste tak op deur eerstens jou provinsie hieronder te kies.

KONTAK JOU NAASTE TAK

  • Waaroor handel jou navraag?
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

TAKSUKSESSE

TAKSUKSESSE: NOVEMBER 2023

SUIDSTREEK NOORD-KAAP Kamiesberg Kakamas Kathu Keimoes Kuruman Springbok Upington Williston Kimberley Delportshoop Bo-Karoo Douglas OOS-KAAP Elliot Cradock Gamtoosvallei Jeffreysbaai Oos-Londen…

TAKSUKSESSE: OKTOBER 2023

NOORDSTREEK MPUMALANGA Bethal Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda) Delmas Piet Retief Standerton Middelburg Witbank Ermelo Nelspruit Witrivier Lydenburg Belfast…