Taksuksesse: Desember 2023 en Januarie 2024

GAUTENG

GROTER PRETORIA

Noord van die berg

  • Die tak se tuinspan het 1 603 swartsakke tuinrommel opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 42 vragte tuinrommel weggery.
  • Die tak se tuinspan het altesaam 8 ha gras gesny.
  • Die tak se tuinspan het 530 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak het 30 slaggate opgevul.
  • Die tak se tuinspan het elke Maandag 13 parke skoongemaak.
  • Taklede help elke Vrydag om die Heldeakker skoon te maak.
  • Die tak se tuinspan het paaie skoongevee (in totaal sowat 10 km).
  • Die tak se tuinspan het 130 openbare asblikke leeggemaak.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op die R25 ná ’n transitorooftog.
  • Taklede het ’n Kersparade gehou en lekkers uitgedeel tydens die Kerstydperk.
  • Die buurtwag het inligting ontvang wat hulle in staat gestel het om ’n gesteelde voertuig terug te vind.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het ’n totaal van 482 manure met bossiekappers in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het altesaam 157 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het 7,83 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het nóg ’n kamera opgerig as deel van die tak se kameraprojek.
  • Die tak se buurtspan het die brandweer gehelp om ’n boom uit die pad te verwyder.
  • Die tak se buurtspan het altesaam agt bome opgesny wat omgeval het.

Centurion

  • Die buurtwag het gehelp om deelnemers aan die Laerskool Swartkop se Elfie-pretloop te beveilig.
  • Die tak se buurtspan het die roete van ’n 5 km-parkwedloop in Valhalla skoongemaak.
  • Die tak se buurtspan het slaggate in Kloofsig met 800 kg teer opgevul.
  • Taklede het Furman-park skoon en netjies gemaak as deel van ’n neem-’n-area-aan-ooreenkoms met die Tshwane-metro.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek saam met Kloofsig-gemeenskapslede gehou.
  • Die tak se buurtspan het asblikke in Pierre van Ryneveld leeggemaak nadat dit met vullis oorgeloop het.
  • Die tak se buurtspan het ’n skoonmaakprojek in Rooihuiskraal gehou op die hoek van Panorama- en Ou Johannesburgweg.
  • Die tak se buurtspan het verskeie materiale herwin tydens skoonmaakprojekte.

Rayton/Cullinan

  • Die tak het saam met gemeenskapslede en ander rolspelers ’n skoonmaakprojek langs die R515 gehou.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Die buurtwag het saam met verskeie veiligheidsrolspelers aan ’n Arrive Alive Visibility Standoff deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied met sowel verkeerbeheer as skarebeheer by PVA.
  • Die buurtwag het lede van die publiek gehelp om hulle gebreekte voertuig uit die pad te verwyder en seker te maak dat hulle veilig is.
  • Buurtwaglede het met verskeie rolspelers in Krugersdorp-Noord vergader om mense bewus te maak van hoe belangrik dit is om lid van AfriForum te wees.
  • Die buurtwag het ondersteuning verleen met die bestryding van brande in die Krugersdorp-wildtuin.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n veldbrand naby die Krugersdorp-begraafplaas en omliggende areas te blus.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ongelukstonele nadat olie op die pad gemors is.
  • Buurtwaglede het patrollies gehou rondom Burger Box-padkafee sodat onwettige straatwedrenne nie kon plaasvind nie.
  • Die buurtwag het aan ’n operasie saam met die SAPD deelgeneem en talle inhegtenisnames gemaak, hoofsaaklik vir dronkbestuur.

Midvaal

  • Buurtwaglede het ondersteuning op ongelukstonele gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en die verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het ’n gesteelde voertuig teruggevind.
  • Taklede het 33 vrugtebome aan die gemeenskap geskenk om te plant.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Westonaria

  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel om te help met die verbinding van ’n 60 m-waterpyp na die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit. Dit was egter onsuksesvol en gemeenskapslede is tydens die feestyd sonder water gelaat.

Roodepoort

  • Die buurtwag het kabeldiewe met behulp van hul hommeltuig vasgetrek. Tydens hierdie aksie het hulle ook persone opgespoor wat onwettige vuurwapens in hul besit gehad het.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied waarin ’n vragmotor en ’n insleepvoertuig betrokke was. Buurtwaglede het die toneel beveilig, nooddienste ontbied en verkeerbeheer toegepas.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun op ’n toneel waar ’n poging tot moord plaasgevind het.
  • Taklede het saam met plaaslike organisasies en gemeenskapslede aan ’n skoonmaakprojek by Mayberry-park deelgeneem.
  • Die buurtwag is ontbied na ’n toneel waar ’n sekuriteitswag ’n verdagte aangekeer het wat vermoedelik kabels in Mayberry-park gesteel het. Buurtwaglede het daarna die SAPD gekontak om die toneel verder te hanteer.
  • Die buurtwag het ondersteuning op ’n ongelukstoneel in Mayberry-park gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die tak het gereageer op ’n voorval waartydens ’n persoon kabels probeer steel het en geskok is. Die verdagte is deur nooddienste na ’n hospitaal vervoer.

Brakpan

  • Die tak het as gasheer opgetree vir ’n baie suksesvolle vergadering waartydens verskeie rolspelers in die gemeenskap – insluitend die SAPD, die Ekurhuleni-metropolisie, korrektiewe dienste, die munisipaliteit en nooddienste – bymekaargekom het om uitdagings binne die gemeenskap te bespreek.

Benoni

  • Die buurtwag het 492 manure spandeer om 3 790 km te patrolleer ten einde die gebied rondom Benoni te beveilig.
  • Taklede het in samewerking met plaaslike rolspelers skryfbehoeftes aan behoeftige kinders uitgedeel.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike rolspelers ’n skoonmaakprojek by die ou stadsaal gehou.
  • Buurtwaglede is ontbied ná ’n huisbraak in Pretoriaweg.

Boksburg

  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodroep dat twee mans mekaar by ’n Total-vulstasie in Anderbolt aangerand het. Die een man is deur nooddienste na ’n hospitaal vervoer, terwyl die ander man aan die SAPD oorhandig is.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Paul Krugerstraat in Boksburg-Noord deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag is ontbied na ’n toneel waar ’n persoon 90% brandwonde opgedoen het. Die nooddienste is ontbied, waarna die persoon na ’n hospitaal geneem is.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Greenstraat, Witfield. Die toneel is beveilig, nooddienste is ontbied en verkeer is gereguleer.

Edenvale

  • Buurtwaglede het 316 km in 70 manure gepatrolleer om die Edenvale-gebied te beveilig.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n vermiste persoon in Lombardy-Oos op te spoor.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n gekaapte voertuig in Lombardy-Oos terug te vind.
  • Die buurtwag is ontbied na ’n toneel waar ’n voertuig in Riverside gekaap is.
  • Buurtwaglede het die gemeenskap ondersteun nadat ’n persoon in Linbropark ontvoer is. Die slagoffer is uiteindelik vrygelaat.

Kempton Park

  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye ’n gesteelde voertuig in Birch Acres teruggevind.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD, die Ekurhuleni-metropolisie en plaaslike sekuriteitsmaatskappye ’n onverskillige vragmotorbestuurder op André Greyvensteynlaan afgetrek, waarna die SAPD die bestuurder in hegtenis geneem het.

Springs

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle skoonmaakprojek in Petersfield gehou.
  • Buurtwaglede het opgetree as puntsmanne by die jaarlikse Springs Striders-padwedloop.

MPUMALANGA

Bethal

  • Taklede het in samewerking met AfriForum se Middelburg-tak ’n tweede noodwaterpunt gevestig tydens die onlangse waterkrisis.
  • Die tak se noodwaterpunt by die A.C. Kerk, asook die nuwe noodwaterpunt by die Gereformeerde Kerk is deur gemeenskapslede aangewend tydens die onlangse waterkrisis.
  • Taklede het in samewerking met die boere van Bethal binne drie dae meer as 300 000 liter water aan die gemeenskap voorsien. Die tak het verder ook met boere en die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit gekoördineer om tenkwaens vol te maak wat aan die munisipaliteit behoort.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het talle grassnyprojekte rondom die N17-snelweg voltooi.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het inwoners ondersteun tydens die onlangse waterkrisis.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het 15 verdagtes in hegtenis geneem, waaronder vir diefstal en inbraak by huise en voertuie, gekaapte vragmotors en voertuie wat teruggevind is, koperdiefstal, asook diefstal van bankkaarte.

Piet Retief

  • Die buurtwag het ’n suksesvolle OPS-patrollie gehou. Hierdie OPS-patrollies vind een keer per maand plaas en is daarop gemik om sigbaarheid in die gemeenskap te verhoog.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die Piet Retief GOS (gesamentlike operasionele sentrum) en die Pieties-buurtwag ondersteuning gebied in die dorp tydens ’n belangrike hofsaak waar moontlike ontwrigtende optrede deur betogers verwag is. AfriForum het ook hommeltuigondersteuning verskaf.

Standerton

  • Die tak het meer as 70 sakke teer gebruik om slaggate rondom skole in Standerton op te vul.
  • Buurtwaglede het gereeld patrollies tydens beurtkrag gehou om te verhoed dat kriminele kabels steel en substasies teiken.

Ermelo

  • Die Ermelo- en Chrissiesmeer-buurtwag het gereeld patrollies tydens beurtkrag gehou om te verhoed dat kriminele kabels steel en substasies teiken.
  • Die Chrissiesmeer-buurtwag het verskeie strate in Chrissiesmeer skoon gesny sodat die dorp netjieser vertoon.
  • Die Ermelo-tak het drinkwater aan die Laerskool Marietjie van Niekerk in Bethal voorsien tydens die onlangse waterkrisis.

Middelburg

  • Die tak het vyf watertenks aan AfriForum se Bethal-tak voorsien tydens die onlangse waterkrisis. Hierdie tenks het ’n nuwe noodwaterpunt in Bethal moontlik gemaak.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op verskeie ongelukstonele deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer
  • Taklede het voortgegaan met hulle volhoubare projek om die Steiltes-natuurreservaat skoon te sny.

Witrivier

  • Die buurtwag het tydens patrollies ondersteuning op verskeie ongelukstonele gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Lydenburg

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het R3 200 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met skoonmaakprojekte in die dorp. 
  • Taklede het hofverrigtinge bygewoon ter ondersteuning van die saak teen Megan Griesel se moordenaars.

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte is deur inwoners gebruik tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.

Machadodorp

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Dullstroom

  • Die tak het 20 sonkragligte ter waarde van R28 000 aangekoop om op verskeie plekke in die dorp te installeer.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Die tak het verkeerstekens in die dorp vervang en padstrepe oorgeverf.
  • Buurtwaglede het ’n sigbaarheidspatrollie gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n boom by die mediese sentrum op die dorp verwyder, asook gehelp om rondom die mediese sentrum skoon te maak.
  • Taklede het gehelp om ’n monument in die dorp te herstel.
  • Die tak het ’n strafregtelike klagte teen die munisipale bestuurder aanhangig gemaak weens rioolstorting in Roedtan.
  • Die buurtwag het in samewerking met AfriForum se Potgietersrus-buurtwag ’n motorbandesindikaat vasgetrek.
  • Buurtwaglede het veediewe in hegtenis geneem.
  • Taklede het die dorp se hoofstraat skoongemaak.
  • Die tak het rondom die Helpende Hand-nasorgsentrum skoongemaak.

Marble Hall

  • Die tak het gehelp om die Geloftefeesterrein op te knap as deel van AfriForum se #OnsDorp-projek.

Warmbad

  • Taklede het Apiesdoring-park skoongemaak.
  • Die tak het die ingang na die dorp opgeknap.
  • Taklede het ’n ongelukkige huiseienaar gehelp om waterlekkasies te herstel.

Nylstroom   

  • Die buurtwag het patrollies tydens die feesseisoen gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Phalaborwa

  • Die tak het gemeenskapslede ondersteun ná ’n onlangse watertekort in die dorp.
  • Taklede het saam met die gemeenskap ’n skoonmaakprojek by die dorpsingang aangepak.
  • Die tak het gehelp om ’n boom in Tulbachstraat te verwyder.
  • Taklede het ’n skoonmaakprojek in Grosvenorstraat gehou.
  • Die tak het geskenke aan gemeenskapslede uitgedeel.
  • Taklede het noodwaterpunte in die dorp aangebring.
  • Die tak het ’n klagte teen Nersa aanhangig gemaak.
  • Taklede het kos aan ’n ouetehuis geskenk.

Potgietersrus  

  • Taklede het sop by ’n ouetehuis uitgedeel.
  • Die buurtwag het gewapende rowers wat by 22 verskillende rooftogte betrokke was, help vastrek.
  • Die buurtwag het opleiding vir sy lede aangebied,
  • Taklede het ’n stuk grond wat ontbos is met gif behandel.
  • Buurtwaglede het ’n sigarettesindikaat help vastrek.
  • Die buurtwag het die Hoërskool Piet Potgieter beveilig tydens EFF-betogings.
  • Die buurtwag het gehelp om gesteelde beeste op ’n hoewe buite die dorp terug te kry.

Groblersdal

  • Die tak het gehelp om ’n vreedsame protesaksie buite die Groblersdal Landdroshof te reël.
  • Taklede het ’n memorandum aan die Minister van Justisie oorhandig.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Potchefstroom

  • 197 aktiewe buurtwaglede het tydens 255 patrollies 8 550 km in 861 manure afgelê.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ongelukstonele deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het inwoners tydens oorstromings ondersteun.
  • Die buurtwag het gehelp om verdagte persone op te spoor, asook gekaapte voertuie terug te vind.
  • Buurtwaglede het ’n boom afgesper wat in ’n straat omgeval het.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun tydens die arrestasie van diewe en inbrekers.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het daagliks patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

STELLALAND

Vryburg

  • Taklede het die konsentrasiekampbegraafplaas se gras gesny en meer as 18 leë erwe skoongemaak. Die skoonmaak van leë erwe is veral belangrik omdat misdadigers gereeld daar wegkruip.

MARICO

Rustenburg

  • Die tak het voortgegaan met die sny van gras op verskeie plekke in die dorp. Daar is veral gefokus op die hoek van Kerk- en Krugerstraat, op die hoek van Kruger- en Bultstraat, op die hoek van Helen Josephrylaan en Bovenstraat, in Cycadlaan en by die Platinum-renbaan. Taklede het ’n trekker en snyer, asook bossiekappers gebruik om meer as 4,13 ha gras te sny.

Lichtenburg

  • Die tak het tussen 27 November en 22 Desember vyf slaggatherstelprojekte afgehandel waartydens 39 ton teer gebruik is.
  • Taklede het tussen 27 November en 9 Desember 10 ton teer gebruik om 47 slaggate op die hoek van Daniël- en Scholtzstraat op te vul, nóg 10 ton teer om 73 slaggate in Le Rouxweg op te vul en ’n verdere 10 ton teer om 194 m2 se slaggate in Bantjesstraat op te vul.
  • Die tak het tussen 11 en 15 Desember 150 sakke teer gebruik om 64 slaggate in Buchananstraat op te vul, terwyl ’n aantal dromme ss60 bitumen ook gebruik is om die slaggate te seël.
  • Taklede het tussen 18 en 22 Desember 200 sakke teer gebruik om 52 slaggate in Nelson Mandelarylaan op te vul.
  • Die tak het reeds in Oktober 61 ton teer gebruik om 1 464 m² se slaggate in die dorp op te vul. Vyf dromme ss60 bitumen is ook gebruik om die slaggate te seël.
  • Taklede het vanjaar al 12 ton teer gebruik om slaggate in Bantjesstraat op te vul. Die oorblywende teer is gebruik om ’n sloot in Dr. Beyers Naudérylaan op te vul.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Parys

  • Die tak het voortdurend druk op die munisipaliteit geplaas om oplossings te vind vir die voortslepende water- en kragkrisis in die dorp.

Sasolburg

  • Die tak het talle hektaar gras gesny.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun met die arrestasie van dwelmhandelaars.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om wet en orde te handhaaf nadat die EFF gedreig het met protesoptredes by ’n ouetehuis nadat werkers by die tehuis aan dissiplinêre verhore onderwerp is.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery naby groenstroke en substasies.
  • Buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens Operasie Shanela deur te help met die uitvoer van arrestasies.
  • Die buurtwag het die SAPD gehelp om ’n padblokkade te beman.
  • Buurtwaglede het op ’n liggaam in ’n groenstrook afgekom en dit aan die SAPD uitgewys.
  • Die buurtwag het die SAPD gehelp nadat ’n inbraak op kamera vasgevang is. ’n Verdagte is uiteindelik in hegtenis geneem.

ROSESTAD

Algemeen

  • Volhoubare skoonmaakprojekte is weekliks by die volgende plekke gehou:
  • Nelson Mandelaweg
  • Curielaan
  • Du Plessisstraat (asook die park)
  • Gardeniapark (park)
  • Rayton-Heuwelsig (parke)
  • Hillsboro (park)
  • Brits-monument
  • Ou Presidensie se tuin
  • Pres. Brand-begraafplaas
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het gesamentlik ’n veldtog van stapel gestuur wat behels dat AfriForum-lede ’n aansoek aan die Mangaung-metro kan rig om te kwalifiseer vir korting op munisipale vullisverwyderingsdienste.
  • AfriForum se Bloemfontein-takke het ’n memorandum aan die munisipaliteit oorhandig as deel van dié takke se aktivistiese aksie om inwoners se aansoeke vir die kwytskelding van munisipale vullisverwyderingsdienste te oorweeg.
  • AfriForum Jeug was deel van die stad se jaarlikse Kerskousprojek waartydens geskenke en verversings aan kinderhuise oorhandig is.
  • AfriForum-patrolleerders en -buurtwaglede het in samewerking met Transnet se veiligheidseenheid, VR Sekuriteit en die SAPD vlugtig gereageer om ses verdagtes wat vir kabeldiefstal in Kimberley gesoek is, te help vastrek.

Pellissier

  • Die buurtwag het in samewerking met ITR Sekuriteit drie verdagtes aangekeer nadat hulle vreemd opgetree het. Verskeie dwelms en naalde is in hulle besit gevind, terwyl daar ook beslag gelê is op ’n replikavuurwapen wat moontlik tydens rooftogte gebruik is. Hulle is gevolglik aan die SAPD oorhandig vir nadere ondersoek.

Wilgehof

  • Die buurtwag het in samewerking met verskeie rolspelers – waaronder die Parkweg-SAPD, ander AfriForum-buurtwagte, ITR Sekuriteit, Bloemsec Sekuriteit, Fidelity ADT, FWA en NCA – ’n verdagte wat by ’n huis in Universitasrif wou inbreek, vasgetrek. Die verskillende beheerkamers het ook goed saamgewerk om die hele proses te koördineer.
  • Buurtwaglede het ’n persoon opgemerk wie se optrede verdag voorgekom het. Reaksiespanne, waaronder VR Sekuriteit en die SAPD se blitspatrollie, is geaktiveer en met nadere ondersoek is gevind dat die verdagte in besit van vermoedelik gesteelde Centlec-kabels en -infrastruktuur is. Die verdagte is gevolglik in hegtenis geneem.
  • Die buurtwag het ’n verdagte in Parkwes opgemerk en met nadere ondersoek vasgestel dat die persoon besig was om Telkom-infrastruktuur te steel. Buurtwaglede het saam met ITR Sekuriteit gewerk om die verdagte aan te keer, waarna hy aan die Parkweg-SAPD oorhandig is.

Uitsig

  • Die buurtwag se protospan het in samewerking met ITR Sekuriteit en VR Sekuriteit twee verdagtes agternagesit wat by ’n meenthuiskompleks probeer inbreek het. Een verdagte het ongelukkig daarin geslaag om te vlug, terwyl die ander verdagte vasgetrek en aan die Parkweg-SAPD oorhandig is vir nadere ondersoek.
  • Buurtwaglede en ITR Sekuriteit het ’n verdagte persoon agtervolg en gevind dat hy  verskeie messe, breekyster en ’n graaf op ’n spesifieke plek versteek het. Die SAPD is gekontak om nadere ondersoek in te stel.

Hospitaalpark

  • F.C. Schlebusch, AfriForum-lid en eienaar van Nexus General DIY Pty Ltd, het saam met sy span die kruising by Fleming- en Rontgenstraat in Hospitaalpark oorgeverf.

Bloemfontein-Noord

  • Die buurtwag het in samewerking met Bloemsec Rapid Response en die SAPD drie fietse ter waarde van R50 000 wat uit ’n erf in Bayswater gesteel is, help opspoor en die verdagtes aangekeer.
  • Buurtwaglede en Pro-Force Sekuriteit het saamgespan om ’n verdagte vas te trek wat met ’n 2 000 W-sonkragomskakelaar en ’n groot mes in sy besit gevind is. Die verdagte is in hegtenis geneem vir die besit van ’n gevaarlike wapen en gesteelde goedere.
  • Buurtwagpatrolleerders het ’n verdagte betrap terwyl hy in Hilton ’n motorvoertuig se battery gesteel het. Pro-Force Sekuriteit en Bloemsec Rapid Response het ondersteuning aan die buurtwag gebied. Met die SAPD se aankoms op die toneel is ’n Mandrax-pypie en Mandrax ook aan die verdagte gevind. Die man is uiteindelik in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van dwelms, asook diefstal.  

Langenhovenpark

  • Die buurtwag het blitsig gereageer om ondersteuning te bied nadat ’n vrou se handsak by ’n winkelsentrum in Langenhovenpark deur grypdiewe gesteel is. Danksy goeie samewerking met die SAPD is die verdagtes aangekeer en in hegtenis geneem.

Fichardtpark

  • Die buurtwag se patrolliespan het in samewerking met talle rolspelers, waaronder FWA, VR Sekuriteit, Senforce Sekuriteit, VR Sekuriteit en Fidelity ADT, ’n motorbestuurder agternagesit nadat hy deur ’n muur gejaag het.

Zastron

  • Die tak het in samewerking met die Groen Skerpioene twee strafregtelike klagtes by die Zastron-polisiestasie teen die munisipale bestuurder van die Mohokare Plaaslike Munisipaliteit aanhangig gemaak weens vullis- en rioolbesoedeling wat sowel ’n omgewings- as gesondheidsrisiko vir inwoners inhou. Die Groen Skerpioene het daarna ook ’n afdwingingskennisgewing aan die munisipaliteit gestuur omdat die munisipaliteit nie enige aksie geneem het om oplossings vir bogenoemde probleme te vind nie.

KWAZULU-NATAL

Durban-Wes

  • Taklede het ’n 1 km lange strook sypaadjie op Mainweg in Malvern, Queensburgh wat met rommel, onkruid en oorgroeide gras bedek was en die omgewing ontsier het, skoongemaak en opgeknap. Dié projek is in samewerking met gemeenskapslede van Queensburgh Tidy Towns aangepak.

Pongola

  • Terwyl munisipaliteite se dienslewering in byna elke uithoek van die land agteruitgaan, spring meer en meer gemeenskappe self in om die toenemende verval en agteruitgang te keer. In KwaZulu-Natal het AfriForum-lede van die dorp Pongola nou ook genoeg gehad van dié plaaslike munisipaliteit se swak dienslewering en besluit om dié oneffektiwiteit hier op ’n praktiese wyse te takel. Daarom is daar onlangs ’n skoonmaakprojek by die plaaslike begraafplaas aangepak.

Laer Suidkus

  • Kennis is mag en kennis van korrekte vuurwapenhantering kan in ’n noodsituasie die verskil tussen lewe en dood beteken. Juis daarom het AfriForum se buurtwagte aan die Laer Suidkus verlede week noodsaaklike praktiese opleiding in vuurwapenhantering aan gemeenskapslede hier aangebied. Dié opleiding vorm deel van AfriForum-buurtwagte se opleidingsprogram wat ten doel het om gemeenskapslede te bemagtig en hul bevoegdheid ten opsigte van optrede tydens ’n misdaadsituasie deurgaans te verbeter.

Vryheid

  • Die tak het Nersa gevra om die AbaQulusi Plaaslike Munisipaliteit se elektriese verspreidingslisensie finaal terug te trek. Dít volg nadat Nersa die munisipaliteit in Oktober 2023 geoudit het op ’n vorige versoek van AfriForum. Tydens Nersa se besoek het munisipale amptenare Nersa versoek om nie die verspreidingslisensie terug te trek nie en verskeie beloftes is weer gemaak. Soortgelyke beloftes is ook in 2019 deur die munisipaliteit aan Nersa gemaak. 

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n 3 kW-waterpomp en motor verskaf én geïnstalleer in ’n 300 voet diep boorgat, waarna die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit die elektriese koppeling daarvan behartig het. Dit is die derde boorgatwaterpomp wat AfriForum in Kamieskroon geïnstalleer het.
  • Taklede het gehelp om twee brande te bestry, terwyl hulle ook kos, drinkgoed en brandstof aan die ander brandbestryders voorsien het.

Kakamas

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp met die herstel en opgradering (verf, teer en arbeid) van die pad en toetsstasie wat vir die uitreik van voertuiglisensies in Kakamas gebruik word.
  • Die tak het monsters van kraanwater op drie verskillende plekke geneem om te toets of dit vir menslike gebruik geskik is. Die toetsuitslae het bevestig dat die water nie vir menslike gebruik geskik is nie. Die tak het hierdie uitslae van PathCare saam met skrywes aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit gestuur om munisipale amptenare te waarsku dat riool in die dorp se drinkwater voorkom.  
  • Taklede het die dorp se watergehalte gemonitor en voortgegaan om druk op die munisipaliteit toe te pas om skoon drinkwater vir Kakamas se inwoners te verseker.

Kathu

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het gehelp om brande te bestry, terwyl hulle ook kos en water aan die ander brandbestryders voorsien het.
  • Die tak het skryfbehoeftes aan Henriëtte du Plessis, ’n plaaslike raadslid, geskenk, wat dit weer op haar beurt aan hulpbehoewende leerders oorhandig het.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel (wat tot ’n nasionale monument verklaar is) skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Taklede het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoongehou.
  • Die tak het monsters van drinkwater in drie verskillende woonbuurte van die dorp geneem om te toets of dit vir menslike gebruik geskik is. Die toetsuitslae het bevestig dat die water nie vir menslike gebruik geskik is nie. Die tak het hierdie uitslae van PathCare in Upington saam met skrywes aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit gestuur om munisipale amptenare te waarsku dat riool in die dorp se drinkwater voorkom, terwyl ’n skrywe ook per hand in Kenhardt oorhandig is tydens ’n gemeenskapsoptog. (Kakamas, Keimoes en Kenhardt is almal deel van die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit.)

Kuruman

  • Die Kuruman- en Bankhara-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Ga-Segonyana Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die beheerkamer se kameras herstel om te help met veiligheid in die dorp.

Springbok

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het saam met die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit gewerk om die plaaslike vullisterrein weer op standaard te bring.
  • Die tak het danksy volgehoue druk ’n kardinale rol gespeel in die skuldigbevinding en vonnisoplegging van Aubrey Baartman, ’n voormalige munisipale bestuurder van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit.

Upington

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het druk op die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die rioolkwessie by die Kalahari-winkelsentrum.
  • Die tak het ’n skrywe aan E. Ntoba, munisipale bestuurder van die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit, gestuur oor die watertekort in Kalksloot, Leseding en Klippunt.

Williston

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Karoo Hoogland Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

De Aar, Hanover en Britstown

  • Hoewel daar nie ’n AfriForum-tak in een van hierdie dorpe is nie, het AfriForum steeds ’n skrywe aan die Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit gestuur rakende die ernstige waterprobleme wat in hierdie drie dorpe ondervind word.

Griekwastad

  • AfriForumhet deurlopend elektrisiteitsprobleme aan Eskom se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk in en rondom Griekwastad kan plaasvind. 

Bo-Karoo 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 

Delportshoop 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Die tak het vullis verwyder in dele van die dorp as deel van die tak se volhoubare skoonmaakprojek. 
  • Die tak het watertoetse by ’n geakkrediteerde laboratorium laat doen om die gehalte van die dorp se drinkwater te bepaal. 

Kimberley 

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Sol Plaatje Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Die tak het watertoetse by ’n geakkrediteerde laboratorium laat doen om die gehalte van die stad se drinkwater te bepaal. 

Prieska 

  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind. 
  • Die tak het ’n Geloftefees aangebied om Geloftedag te vier. 

Vaalharts 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het deurlopend water-, krag- en rioolprobleme aan die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.

OOS-KAAP 

Elliot 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 

Cradock 

  • Die tak se noodwatertenks is deur gemeenskapslede benut tydens wateronderbrekings op die dorp. 

Gamtoosvallei 

  • Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 

Jeffreysbaai 

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 
  • Die tak het ’n tweede radionetwerk in Thornhill opgerig om dié landelike gebied te bedien. 

Oos-Londen 

  • Taklede het personeel en leerders van die Laerskool Grens gehelp om gras by die skool te plant.

Port Elizabeth 

  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n nuwe bestuur verkies.
  • Die Walker Drive- en Broadwood-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.  
  • Walker Drive-buurtwaglede het ondersteuning gebied met die blus van ’n brand.
  • Walker Drive-buurtwaglede het klere, speelgoed en komberse ingesamel om vir minderbevoorregte persone te gee. 
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n magsvertoning gehou en lekkers uitgedeel aan kinders in die gemeenskap.  
  • Walker Drive-buurtwaglede het gesteelde goedere teruggevind met behulp van inligting wat ontvang is.  
  • Die Walker Drive-buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n skietvoorval by Buco in Walker Drive. 
  • Walker Drive-buurtwaglede het ingegryp nadat dit aan die lig gekom het dat ’n man sy diere mishandel en ander persone gedreig het.  
  • Die Walker Drive-buurtwag het blitsig gereageer nadat inligting ontvang is oor kabeldiewe wat besig was om ’n straatlig van sy koperkabels te stroop. 
  • Taklede het op ’n noodroep gereageer om ’n waterlekkasie te help herstel om sodoende watervermorsing te voorkom. 
  • Die tak het Kersgeskenke aan ’n kinderhuis oorhandig. 

 Uitenhage 

  • Die Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig. 

WES-KAAP

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het operasies saam met die SAPD, wetstoepassingsowerhede en ander rolspelers soos maatskaplike dienste uitgevoer. 

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig waartydens talle suksesse soos arrestasies ook behaal is.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook die SAPD ondersteun het tydens operasies.
  • Taklede het gereeld onderhoudswerk gedoen by die parke in Bellville en Oakdale.

Kraaifontein

  • Taklede het deelgeneem aan ’n projek waartydens parke skoongemaak is, gras by die parke gesny is en die parke skoon en netjies gehou is.
  • Die tak het ’n nuwe projek aangepak en voltooi wat behels het om twee ingange mooi te maak; taklede het met die hulp van tuindeskundiges die ingange netjies gemaak deur eerstens onkruid te verwyder en gras te sny, waarna bome en struike geplant is. 

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het bome geplant by skole in die area.
  • Die Vanrhynsdorp-plaaswag en -buurtwag het ondersteuning gebied tydens ’n plaasaanval in hulle area. Hulle het spoor gesny en die gebruik van hommeltuie ingespan om te help met die soektog na verdagtes.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook observasieposte in die omgewing opgerig het.

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD tydens ’n veiligheidsoperasie ondersteun deur hul hommeltuig in te span.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Overstrand

  • Die Alfa-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag se beskikbaarstelling van hul hommeltuig het die SAPD gehelp om ’n verdagte vas te trek by wie gesteelde items gevind is.
  • Buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens die arrestasie van twee verdagtes wat moontlik by diefstal en huisbraak betrokke was

Paarl

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning aan die SAPD gebied deur hul hommeltuig vir operasies beskikbaar te stel.
  • Die tak het terugvoer ontvang op hul PAIA-aansoek en het gevolglik ’n interne appèl ingedien.

Strand

  • Die Strand Patrol-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Strand Patrol-buurtwaglede het tydens die vakansietydperk strande en ander areas beveilig en was deurlopend sigbaar in die gemeenskap.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n helpende hand na behoeftige kinders uitgesteek deur voedselskenkings te maak en te help om dit uit te deel.

George

  • Die tak het die Kammanassie-plaaswag gestig.
  • Die Geelhoutboom-, Kammanassie- en Herold-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak se jeugvleuel het ’n sosiale aksie gehou.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Albertinia-plaaswaglede het basiese vuurwapenopleiding vir jong meisies aangebied.

Kannaland

  • Die tak het ’n beheerkamer as skenking ontvang en het ook begin om dit in te rig.
  • Taklede het ’n opleidingsentrum op die been gebring.

Knysna

  • Die tak het ’n projek saam met Revive Knysna van stapel gestuur wat behels om ’n heining langs die N2-snelweg te herstel.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana- en Groot Brak-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Oudtshoorn- en De Rust-buurtwaglede het aan ’n massapatrollie deelgeneem wat deur die SAPD en verskeie ander veiligheidsrolspelers gereël is.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het pamflette en tydskrifte uitgedeel tydens twee padblokkades wat hulle saam met Arrive Alive en die SAPD gehou het. Hulle het die SAPD ook tydens die padblokkades ondersteun met inhegtenisnames.   

Soortgelyke plasings