AfriForum dien formele klag by Gelykheidshof in oor onwettige rassediskriminasie teen TEARS Foundation

Die burgerregteorganisasie AfriForum het ’n formele klag van onregverdige rassediskriminasie teen die GBVF Response Fund1 en Tshikululu Social Investments weens hul diskriminerende befondsingskriteria  teen die TEARS Foundation . AfriForum tree op namens die TEARS Foundation, ’n niewinsgewende organisasie wat sedert 2012 aan die voorpunt van Suid-Afrika se reaksie op seksuele- en geslagsgebaseerde geweld staan.

In hul aansoekproses vir befondsing vanaf die bogenoemde organisasies is TEARS gevra om die bevolkingsgroep of rasse-identiteit van die direkteure te identifiseer en om ’n breëgebaseerde swartekonomiesebemagtiging-sertifikaat of affidavit in te dien. Die aansoekproses maak alleenlik voorsiening vir die volgende rassekategorieë: swart mense, bruin mense, buitelander en ander. Hierdie streng rassekategorieë dien as ’n duidelike struikelblok vir TEARS om aansoek te doen vir befondsing.

TEARS voer sterk aan dat die uitsluiting van sekere bevolkingsgroepe om aansoek te doen vir befondsing die grondwetlike beginsels van gelykheid en nierassigheid ernstig beledig. Daarbenewens versuim hierdie organisasies ook om kennis te neem van die feit dat die meerderheid van die hulp wat TEARS verskaf na die mees kwesbare Suid-Afrikaners gaan wat toevallig, in die oorgrote meerderheid van gevalle, swart is.

“Die omvang van rasbeheptheid in Suid-Afrika word duidelik uitgewys in hierdie geval waar ’n organisasie wat geslagsgebaseerde geweld beveg, verbied word om befondsing te ontvang omdat hulle nie aan SEB-vereistes voldoen nie. Dit dui op die rassediskriminerende omgewing wat die ANC deur sy rasse-agenda en -beleide verskoon, bevorder en aanmoedig. Dit is skandelik,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Soortgelyke plasings