|

AfriForum eis antwoorde by Rand Water

AfriForum het op Vrydag 7 Julie ’n brief aan Rand Water gestuur rakende die gebrek aan watervoorsiening aan dorpe in Mpumalanga.

Dit het onder AfriForum se aandag gekom dat daar moontlik probleme met die watervoorsiening is nadat inwoners van hoogliggende gebiede in die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit en in die Victor Khanye Plaaslike Munisipaliteit sonder water gelaat is.

AfriForum eis redes vir dié wateronderbrekings en wil ook vasstel of Rand Water die waterdruk verlaag het weens wanadministrasie van dié twee munisipaliteite.

AfriForum het alreeds in Mei ’n hofgeding teen Rand Water gewen. Die hof se uitspraak bepaal dat Rand Water nie die waterdruk weens wanbetaling mag verlaag nie.

Die munisipaliteite het nog nie terugvoer of redes vir die droë krane verskaf nie, maar het wel aangedui dat die entiteit wat verantwoordelik is om water aan die munisipaliteit te lewer met tye staak.

“Ons sal nie huiwer om dié saak verder te vat nie. Rand Water verkies eerder om te swyg as om met die waarheid uit te kom. Dít is uiters onregverdig dat onskuldige mense onder hul wanadministrasie ly,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Klik hier en sluit aan by AfriForum.

Soortgelyke plasings