|

Bethal-tak vul nóg slaggate op

AfriForum se Bethal-tak het op 6 Julie nóg ’n slaggatprojek voltooi. Gedurende dié projek, wat oor drie dae gestrek het, is daar gefokus op die area rondom Laerskool H.M. Swart. Daar is gewerk aan die hoek van Clerq- en Tsibitso Sibanyonistraat, die hoek van Clerq- en Kleijnhansstraat, en Kleijnhansstraat tussen Malherbe- en Tsibitso Sibanyonistraat. Dié besluit is geneem nadat die pad ’n veiligheidsrisiko vir die laerskoolleerders en motoriste geword het.

Tydens die projek is 250 sakke teer gebruik – geborg deur die Kukhona Group. Die teer en arbeid beloop in totaal R17 000 vir die projek.

Dié tak beplan om later vanjaar Kleijnhansstraat vanaf die N17 tot by Malherbestraat asook die gedeeltes rondom Malherbestraat by die Nestlé-brug se slaggate op te vul.

“Die verkeer rondom die laerskool is ’n groot probleem omdat die slaggate ’n gevaar inhou vir motoriste en leerders aangesien motorbestuurders noodgedwonge vir dié gate moet uitswaai. Gelukkig is die pad nou weer rybaar danksy vrywilligers en lede van die tak. Ons bedank ook die Kukhona Group vir hul borg – sonder julle was die projek nie moontlik nie,” sê Ingrid Human, voorsitter van die Bethal-tak.

Klik hier en sluit aan by die Bethal-tak.

Soortgelyke plasings