AfriForum en Wes-Kaapse provinsiale regering stel gesamentlike plan oor plaasbeveiliging bekend

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum en die Wes-Kaapse departement van gemeenskapsveiligheid het op 29 Oktober 2017 tydens ’n mediakonferensie in Kaapstad ’n gesamentlike plan vir die beveiliging van plase bekend gemaak.

Dít volg ná die onlangse bekendmaking van die 2016/2017-misdaadstatistiek deur Fikile Mbalula, minister van polisie, en die jongste statistiek deur AfriForum oor plaasaanvalle en -moorde wat die afgelope jaar gepleeg is.
Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, provinsiale minister van finansies, asook mnr. Dan Plato, provinsiale minister vir gemeenskapsveiligheid, het die konferensie bygewoon.

“Die doel van die tienpuntplan is om bewusmaking onder dielandelike gemeenskap te kweek en hulle te help om veiligheidstrukture in die gemeenskap te vestig,” sê Johandré van Zyl, AfriForum se streeksveiligheidskoördineerder vir die Wes-Kaap.
“Mense, waaronder boere, wat in landelike gebiede woon sal dringend hulle plase, huise en leefwyse ten opsigte van veiligheid moet aanpas. Hulle moet veiligheid begin uitleef,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se bestuurder van gemeenskapsveiligheid.

Soortgelyke plasings