AfriForum se Apiesrivier-buurtwagte hou massapatrollie


Die AfriForum-buurtwagte van Apiesrivier het die afgelope naweek aan ’n gemeenskaps­patrollie deelgeneem. Die patrollie is deur sowat 181 buurtwaglede, lede van die Tshwane Metropolisie en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) uitgevoer.

“Dit is vir my ’n riem onder die hart dat buurtwaglede en vrywilligers altyd bereid is om hierdie patrollies uit te voer. AfriForum is dankbaar vir elke persoon wat sy tyd opoffer om ’n verskil te maak,” sê Jaco Brits, veiligheidsvoorsitter van AfriForum se Apiesrivier-tak.
“Die patrolleerders het vanaf Vrydagaand 19:00 tot Saterdagoggend 2:00 die Apiesrivier-gebied in skofte gepatrolleer. Geen ernstige voorvalle van misdaad is aangemeld nie,” sê Lambert de Klerk, streekskoördineer vir AfriForum in Gauteng.

De Klerk voeg by dat die patrollie op misdaadvoorkoming en die sigbaarheid van veiligheidstrukture gemik was.

“Ons sal voortdurend nuwe projekte in samewerking met die polisie aanpak om misdaad in ons dorpe hok te slaan,” sluit De Klerk af.

AfriForum doen ’n beroep op die inwoners van die Tshwane Metro om by plaaslike takke betrokke te raak en deel te neem aan die aktiwiteite van die buurtwagte.

Soortgelyke plasings