AfriForum leierskapskamp

 

AfriForum bied vanjaar weereens ʼn leierskapsontwikkelingskamp aan vir leerders wat in 2017 Gr10, 11 of 12 voltooi het. Die inslag van die kamp is leierskap, kultuur, geloof en avontuur.

Die doel van diè kamp is om ons kinders op die lewe na skool voor te berei en hul vaardighede as toekomstige leiers te ontwikkel. Die kamp sal op ‘n Christelike grondslag plaasvind en daar sal in die besonder gefokus word om kampgangers se leierskapvaardighede te ontwikkel en ‘n groter waardering vir die Afrikanerkultuur en –geskiedenis onder jongmense te kweek.

Terriene waarop lewensvaardigehede gedurende die kamp ontwikkel sal word, sluit die volgende in:

  • Leierskapsontwikkeling
  • Afrikanergeskiedenis
  • Entrepreneurskap
  • Selfverdediging
  • Konflikhantering
  • Studentelewe
  • Perdry

Die kamp sal die volgende aktiwiteite en kursusse insluit:

Perdry, Noodhulp, Selfverdediging, Vlagroof in die bos, Teikenskiet, Leierskapsontwikkeling, Afrikaner-geskiedenis, Kommunikasie, Konflikhantering, Probleemoplossing, Entrepreneurskap, Studentelewe en Lewensvaardighede.

2017 Inskrywingsvorm en verdere inligting.

Soortgelyke plasings