AfriForum loods Rus in Vrede-veldtog in Vryburg

 

Die AfriForum-tak in Vryburg het op Saterdag, 9 September 2017 die Vryburg-begraafplaas skoongemaak as deel van die organisasie se Rus in Vrede-veldtog. Talle gemeenskapslede sowel as plaaslike maatskappye het aan dié aksie deelgeneem.
Dít volg nadat die begraafplaas al vir ’n geruime tyd in ’n haglike toestand is en onveilig is vir gemeenskapslede om hul geliefdes se grafte te besoek.
AfriForum het ’n versoekskrif oor die toestand van die begraafplaas aan die Naledi Plaaslike Munisipaliteit gestuur waarin die burgerregte-organisasie eis dat die terrein op ’n volhoubare wyse skoongemaak en onderhou word. Hoewel die munisipaliteit reeds met dié proses begin het, is die begraafplaas steeds in ’n slegte toestand.
Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland, sê dat selfdoeninisiatiewe en samewerking die wenresep vir vooruitgang is.
Die tak bedank elke lid van die gemeenskap vir hul betrokkenheid, sowel as die volgende instansies:

  • Oasis Water
  • Better Brokers
  • Inner Wheel-verversings
  • Realty
  • Era
  • Die Voortrekkers
  • Round Table
  • Bosch
  • Selwilco

“Inisiatiewe soos dié skep hoop binne ’n gemeenskap,” sê Pretorius.

 

Soortgelyke plasings