AfriForum mobiliseer gemeenskappe in KZN vir nasionale patrollie


Die burgerregte-organisasie AfriForum het die afgelope naweek 34 gemeenskappe in KwaZulu-Natal gemobiliseer om in samewerking met verskeie rolspelers aan die nasionale patrollie deel te neem. Dié rolspelers sluit die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW), gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en sekuriteitsmaatskappye in.

Die patrollies is in sowel landelike as residensiële gebiede uitgevoer ten einde die toenemende hoë misdaadsyfers te help afbring.

“Ons het puik ondersteuning van die SAPD gekry, vanaf provinsiale tot op stasievlak. Daar is reeds polisiestasies wat nog nie voorheen aan die patrollies deelgeneem het nie wat AfriForum gekontak het om uit te vind wie hulle kan kontak om in hul onderskeie gebiede deel te neem,” sê Eugene van Aswegen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir KwaZulu-Natal.

AfriForum wil elke lid bedank vir hul deelname aan die nasionale patrollie, asook die SAPD en elke privaat instansie wat deelgeneem het.
Skakel Eugene van Aswegen by 076 427 1757 indien jy ’n buurt- of plaaswag in jou dorp wil stig of by AfriForum se bestaande veiligheidstrukture betrokke wil raak. Alternatiewelik kan jy “Buurtwag” na 45267 SMS (R1).

Soortgelyke plasings