Kathu-buurtwag ondersteun SAPD


AfriForum se Kathu-buurtwag het in Oktober verskeie suksesse in samewerking met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gevier.

Op 13 Oktober 2018 het die buurtwag 12 ure aaneen sekuriteitsbystand tydens ’n musiekfees by die Sivos Opleidingsentrum verleen en geen voorvalle is aangemeld nie.
Die buurtwag het op 16 Oktober 2018 inligting ontvang van ’n skenkingsblikkie wat uit die Kathu Village winkelsentrum gesteel is. Dié inligting is dadelik met die SAPD gedeel en die verdagte is ná positiewe uitkenning in hegtenis geneem.
Op 21 Oktober 2018 het ’n buurtwaglid beeldmateriaal afgeneem van ’n verdagte wat sy erf betree en goedere gesteel het. Die SAPD is in kennis gestel en die verdagte is ná positiewe uitkenning in hegtenis geneem en die gesteelde items is terugbesorg.
Op 25 Oktober 2018 het die buurtwag ’n voertuig in Mapoteng opgespoor wat op 19 Oktober 2018 in Mafikeng gekaap is.

“Die Kathu-buurtwag se vinnige reaksie en verspreiding van inligting, asook samewerking met kernrolspelers soos die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye, is die rede vir ons sukses,” sê Johandré van Zyl, AfriForum Gemeenskapsveiligheid se streekshoof vir Wes-, Oos- en Noord-Kaap.

Raak vandag by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings