AfriForum in Mpumalanga-Oos ook deel van massa-aksie teen misdaad  


AfriForum se buurtwagte in Witrivier, Machadodorp, Barberton en Lydenburg, asook die Cairn Burnside-plaaswag buite Nelspruit het in samewerking met ander veiligheidsinstansies en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aan AfriForum se nasionale patrollie op 4 Augustus 2017 deelgeneem.
Die fokus was nie net op die bekamping van huisbrake nie, maar ook op dwelmhandel en -misbruik. Nagklubeienaars se lisensies is ook aangevra en is beboet as hulle die gestelde bepalings oortree het; herhaaloortreders se klubs word toegemaak. Drankmisbruik op straat is ook geteiken en oortreders vasgevat.
So ‘n patrollie dien ook as magsvertoon om aan misdadigers te toon dat die gemeenskap moeg is vir misdaad. Terselfdertyd bevorder dit verhoudinge tussen die verskillende veiligheidstrukture.

“Dit is verblydend om te sien dat gemeenskappe self na hul veiligheid begin omsien. Die SAPD het alle moontlike hulp nodig om die groeiende stryd teen misdaad suksesvol die hoof te bied,” sê Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mpumalanga-Oos.

Soortgelyke plasings