AfriForum nooi veiligheidsinstansies uit om saam te werk


AfriForum se Ellisras-buurtwag het Donderdag 19 Oktober 2017 ’n samewerkingsooreenkoms aan alle veiligheidsinstansies in die gebied gestuur om veiligheid in die gemeenskap te verbeter. Die ooreenkoms is aan die GPF (gemeenskappolisiëringsforum) en LGVF (landelike veiligheidsforum) in dié gebied gestuur.
Die ooreenkoms behels dat al die veiligheidsinstansies in die dorp saamwerk om misdaad te bekamp en geen afbrekende uitlatings teen mekaar sal maak of handelinge sal verrig wat die ander betrokke instansies skade sal berokken nie.
Volgens Aldo Venter, voorsitter van die Ellisras-tak, is dit belangrik vir die gemeenskap om saam te staan teen misdaad.

“Dit is in belang van die gemeenskap dat verskillende rolspelers saamwerk om misdaad te bekamp. Ons het baie wat ons vir mekaar kan bied en by mekaar kan leer.”

Soortgelyke plasings