AfriForum Nylstroom-tak help met dam en verseker só meer water


Die AfriForum-tak in Nylstroom het op 13 Januarie vir twee dae se addisionele werk betaal sodat Jaco Vosloo van M & T Grondverskuiwings die Donkerpoortdam – Nylstroom se hoofwaterbron – dieper kon maak ten einde meer water te kan opgaar.

“Die huidige droogte het ’n unieke geleentheid gebied om by die gemeenskapsinisiatief betrokke te raak om die dam dieper te maak, juis omdat dit tans feitlik leeg is. Hierdie bydrae van AfriForum vergroot die dam se kapasiteit met sowat een megaliter,” sê Tjaart du Plessis, voorsitter van AfriForum se Nylstroom-tak.

Chris Boshoff, AfriForum se streekskoördineerder vir Limpopo, sê dat AfriForum met die aangaan van hierdie onkoste verseker dat daar ongeveer een megaliter ekstra water per dag vir Nylstroom-inwoners beskikbaar sal wees. Dit is gelykstaande aan ’n honderd 10 000 liter-watertenks.
Volgens Du Plessis het ander belanghebbendes soos die Waterberg Sakekamer en grondeienaars langs die dam ook bydraes gelewer om die kapasiteit van die dam te vergroot.
Sluit aan by AfriForum deur die woord “Tak” na 45340 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings