AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte neem aan massapatrollie deel


AfriForum se buurtwagte in Alberton, Benoni, Brakpan, Edenvale, Germiston, Kempton Park en Springs het op 17 Mei 2019 in samewerking met verskeie sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies ’n massapatrollie in hul onderskeie gebiede geloods ten einde polisiëringsigbaarheid op te skerp. Dié aksie het omstreeks 18:00 begin en tot 06:00 die volgende dag voortgeduur.
Altesaam 274 patrolleerders het opgedaag om ’n verskil te maak en 6 941 km is afgelê. Dié buurtwagte het 19 voorvalle tydens die massapatrollie hanteer.
“Die Oos-Rand-buurtwagte sal voortdurend projekte aanpak en gereeld patrollies uitvoer om in samewerking met die polisie en ander veiligheidsinstansies te poog om misdaad hok te slaan en veiligheid te bevorder,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.
Jy kan help om jou omgewing te beveilig: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings