|

AfriForum-plaaswag bring lig vir Vredendal-SAPD met nuwe flitse

AfriForum se Matzikama-plaaswag het ’n aantal flitsligte ter waarde van R18 000 aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Vredendal geskenk om hul werk te vergemaklik.

Dit het aan die lig gekom dat die plaaslike SAPD ’n tekort aan voorraad en batterye vir die flitse het.

Pieter Venter van AfriForum se Matzikama-plaaswag het dit goedgedink om fondse in te samel om vir die SAPD flitse aan te koop. Genoeg fondse is uiteindelik ingesamel om Nextorch-flitse, wat volgens weermagspesifikasies vervaardig is, aan te koop. Alle Nextorch-flitse is water- en valbestand en kan ook maklik herlaai word via ’n selfoon of  in ’n voertuig.

Die flitse is aan kol. Zinovia Julies, stasiebevelvoerder van die Vredendal-polisiekantoor oorhandig. Eric van Zyl, voorsitter van AfriForum se Mazikama-tak, sê dit is vir hulle ’n groot voorreg om die flitse vir hul plaaslike SAPD te gee, omdat die plaaswag en die Vredendal-SAPD ’n goeie verstandhouding het.  “Ons vertrou hiermee dat die manne in uniform sommer beter toegerus is vir hul taak om die gemeenskap te beskerm. Die flitsligte maak dit ook vir hulle veiliger op hul pligte uit te voer in donker gebiede,” sê van Zyl.

Soortgelyke plasings