AfriForum rig skrywe aan Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit


Die burgerregte-organisasie AfriForum het op 17 Oktober 2018 ’n skrywe aan die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit gerig en ’n datum vir ’n opvolgvergadering met dié munisipaliteit geëis.

AfriForum se Aliwal-Noord-tak het al verskeie kere ’n vergadering met die munisipaliteitsbestuur versoek, maar tot dusver nog geen terugvoer ontvang nie. Die tak het op 22 Mei 2018 met die munisipaliteit ontmoet oor verskeie kwessies wat die gemeenskap kwel en wil graag opvolg oor die aksieplan om dié probleme reg te stel.

“Ons vertrou dat die Walter Sisulu Plaaslike Munisipaliteit erkenning sal gee aan AfriForum se pogings om die munisipaliteit by die situasie te betrek,” sê Lize-Mari Smit, distrikskoördineerder vir die Karoo.

AfriForum verwag ’n antwoord op hul skrywe teen 22 Oktober 2018.

Soortgelyke plasings