|

AfriForum se Wes-Moot-tak verwyder vullis

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 23 Julie 2020 Moot- en Hendrikstraat skoongemaak nadat vullis weens ’n munisipale staking in die middel van dié strate gestort is.

Die tak, gemeenskapslede en GearToria het self die vullis van die strate verwyder nadat stakende munisipale werkers vullis wat in die vullisverwyderingstrokke was, in die strate gestort het. Ongeveer 20 swart sakke vullis is opgetel en verwyder.

“Swak dienslewering en toenemende stakings is ’n realiteit en AfriForum sal ingryp wanneer munisipaliteite hulle pligte versuim,” sê Sampie Steinberg, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

“Hierdie is ’n goeie voorbeeld van wat gemeenskappe kan vermag as almal hande vat en ’n probleem saam aanpak. AfriForum sal aanhou om gemeenskappe by te staan en om saam aan oplossings te werk,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria.

AfriForum se Wes-Moot-tak nooi die gemeenskap uit om by die organisasie se toekomstige projekte en veldtogte betrokke te raak. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS jou naam na 45341 (R1).

Soortgelyke plasings